Nog Eskom-kaderkaskenades

Die uitvoerende hoof van Eskom, Brian Molefe, se terugkeer na sy ou werk, het in die gewone mediasirkus ontaard wat graag berig oor kleptokratiese kaderkaskenades en wit soustreinryers se byna histeriese vermanings.

Dit wil voorkom asof die kaders nie graag wil gehoor gee aan hoe hul liberale meesters dink hul behoort op te tree nie en nou ‘n enorme verleentheid raak vir diegene wat ons hemel op aarde belowe het vir die toekoms van Suid-Afrika.

Dit laat die meeste mense wat gewaarsku het teen ‘n meerderheid swart regering natuurlik koud, maar die media hou aan om hul mislukkings aan algar op te dring.

Molefe sal na verwagting na sy vorige pos by die kragverskaffer terugkeer. Sy terugkeer het tot woede gelei, met sommige politieke partye wat dreig om die howe te nader om in te gryp.

Molefe het vir vier maande in die parlement gedien as LP nadat hy in November by Eskom bedank het.

Die regering kon nie die Molefekwessie beter hanteer het om weer die gewone verontwaardiging uit te lok nie.

Die politieke party COPE, het intussen Molefe gewaarsku dat hy nie sy pos as uitvoerende hoof van Eskom weer moet opneem nie, tensy hy “verneder” wil word.

Die party sê hy gaan voort met sy planne om alle ingange na Megawatt Park te versper om te verseker dat Molefe nie toegang tot die kragverskaffer se hoofkantoor kry nie.

Die Eskom-raad het Vrydag aangekondig dat Molefe na sy ou pos as uitvoerende hoof van Eskom sal terugkeer.

Hy het verlede jaar bedank nadat die Openbare Beskermer se verslag oor Staatskaping hom uitgewys het weens sy verbintenis met die omstrede Guptafamilie oor tenders.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    ” … kaderkaskenades …” – Lekker Afrikaans, dankie Praag!

    Ek het probeer om dié woord 3 keer vinnig na mekaar te sê … en het lekker vir myself gelag!