Amerikaanse linkses is ‘onvoorspelbaar en op soek na identiteit’

Militêre historikus Victor Davis Hanson het aan die Daily Caller gesê dat daar ‘n “groot leuen” rondom “Russiese samespanning” is wat deur Demokrate en die media bevorder word.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met die Daily Caller News Foundation, het hy voorgestel dat president Barack Obama gekonfronteer is met identiteitspolitiek en “die blou muur van die Demokrate het verkrummel,” en werkende mense teen die party gedraai. “Russiese bemoeiing” is toe gebruik om hul verkiesingsverlies te verduidelik.

Hy het Demokratiese leiers “afgeleef” genoem en jonger Demokratiese ondersteuners “onvoorspelbaar en op soek na ‘n identiteit”. Voormalige president Bill Clinton en Hillary Clinton was meer in die Russiese politiek betrokke as die meeste Republikeine, het Hanson gesê.

Toe die “groot leuen” van Russiese samespanning in die afgelope Amerikaanse presidentsverkiesing deur invloedryke Demokrate herhaal is, is twyfel gesaai en gerugte sonder bewyse versprei, maar nuwe verrassende bewyse van Obama se misdadige optrede teen Trump-ondersteuners sal oor die volgende ses maande rugbaar raak, het Hanson voorspel.

Eerder as om oplossings te vind om die kiesers van die werkersklas na die Demokratiese Party te lok, voorspel Hanson dat hulle ras, klas en geslag sal moet gebruik, asook klimaatsverandering en ander foefies wat deur Hollywood en die radikale elite uitgedink word.

Hanson het ook die opspraakwekkende en groeiende onverdraagsaamheid en kinderagtigheid op Amerikaanse kampusse bespreek, waar sprekers met verskillende sienings deurlopend verban en stilgemaak word deur linkses.

Oor aangeleenthede van identiteitspolitiek het Republikeine dikwels probeer om links te probeer lyk, en nie aktief teen rasse-, etniese en geslagsdrukgroepe opgetree nie. Die strategie was om minderhede nie teen te gaan nie in die hoop om ‘n groter deel van hul stemme te trek.

Daarom beweer Hanson dat die instelling van die Republikeinse Party in ‘n eksistensiële paradoks vasgevang bly, want sonder Donald Trump se pro-wit en nasionalistiese 2016-veldtog sou die GOP waarskynlik nie die verkiesing gewen het nie.

Trump glo dat 3 persent BBP-groei in die VSA en geen groot oorlog in die buiteland nie, ‘n ekonomiese nasionalisme kan bevorder om die hoofstroom “vryemark” -republikanisme te vervang.

Maar as die ekonomie traag bly of ‘n konflik ontwikkel in die buiteland, sal Trump sukkel om sy momentum te behou.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.