ANC wil verder olie op Coligny-vure werp

Die Noordwes se provinsiale regering en die ANC het sê dat hulle wil appelleer teen die besluit om borgtog toe te staan aan twee wit boere van Coligny wat reeds deur die media veroordeel is as moordenaars, sonder enige bewyse.

Eyewitness News en Radio 702 het sonder ophou ‘n haatveldtog teen die twee volgehou en die oproeriges oortuig dat hul optrede geregverdig is.

Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo het by die tiener se begrafnis “Afrikaners” van sy moord beskuldig en die gemeenskap sodoende doelbewus gaan opsweep.

Hoewel die twee plaaslike inwoners, wat teregstaan in die hof, ontken dat hulle Matlhomola Mosweu vermoor het, word hulle in die media as “moordenaars” beskryf.

Die regering wil dus verder olie op die vuur gooi van onluste en aanvalle teen wittes in die gebied opnuut aanmoedig deur na verwagting in die komende week ‘n aansoek by die Hooggeregshof in Mahikeng in te dien, voordat die twee mans weer op die 26 ste van aanstaande maand in die hof moet verskyn.

Skole op Coligny in Noordwes mag weer vandag heropen na twee weke se gewelddadige betogings en plundery na die dood van die swart tiener, maar dit is nie seker of dit wel gaan gebeur nie.

Lokasiebewoners het klasse ontwrig en leerlinge glo gedwing om die oproer te ondersteun nadat borgtog aan die twee wit beskuldigdes toegestaan is.

Volgens ‘n SABC-verslaggewer op die dorp is inwoners van Tlhabologang verdeeld oor of die kinders toegelaat behoort te word om terug te keer skool toe.

Ook in Noordwes ondersoek die polisie ‘n moord nadat die verbrande liggaam van ‘n 15-jarige swart meisie in die veld buite Jouberton in Klerksdorp gekry is.

Die oorledene is oor die naweek as vermis aangemeld nadat sy die vorige dag by haar huis weg is om by ‘n vriend te gaan kuier.

Dit volg na die moord op Karabo Makoena van Soweto wat ook aangerand is voordat sy onherkenbaar verbrand is.

Daar word geen onluste gepleeg deur die swart gemeenskap oor hierdie gruweldade nie, wat duidelik bewys hoe dat die oproer in Coligny deur rassehaat gedryf en aangemoedig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Suidpunt

    Ek wens Afriforum alle sterkte toe… met die grote teleurstelling wat op hulle wag. Want hoeveel briewe het dr. Dan Roodt nie in amptelike Frans aan die Verenigde Nasies gerig nie? Die internasionale liggaam wil duidelik nie hulle hande vuilmaak nie. Klaarblyklik weens globalistiese belange deur onstabiliteit te verhoog? In albei gevalle word die saak vriendelik na binnelandse sake terugverwys. Gelukkig sal dit eendag so in die geskiedenisboeke opgeteken word: UNESCO en die VN het niks beteken nie. Die resultate kan hier gelees word: http://praag.co.za/?p=37382& en http://praag.co.za/?p=31677&

    • mariuskoch

      “sal eendag in die geskiedenisboeke opgeteken word”. Ja sure. Die party wat wen vervaardig die geskiedenis en teken net sy weergawe daarin op…

      • Suidpunt

        Verdomp, ja. Touché – hier is ‘n puntjie. Maar gelukkig verander mense se sienings ook, gewoonlik waar die geld betrokke is – vra maar die proffies in Rusland wat van geharde kommuniste na geharde neoliberaliste by towerslag verander het om hul poste te behou. Hoeveel mense gaan werklik werke van Johan Schreyer lees (alles gratis by Google Books) uit 1658 wat die natuur van die strandloper in Suid-Afrika uitbeeld? Wie lees nog ‘n vrydenker soos Voltaire? Lees iemand nog Mein Kampf? Of Das Kapital? (Korreksie: Wie lees nog Duits?) Trouens, hoeveel mense lees enige werke van voor 1950? Oor 200 jaar – wie weet? Dalk is oom Adorno as kultuskoning ook al ou nuus.

  • Flip Kriel

    Net die Staat (maw die Vervolgingsgesag) kan appelleer. Die ANC en die Noordwes regering is nie ‘n party by die strafgeding nie en het dus nie locus standi nie. Die gespuis kan natuurlik politieke druk op die Vervolgingsgesag uitoefen maar ek kan nie sien hoe ‘n appel wat met politiek besmet is, kan slaag nie.

    • Johan

      Flip, die 15 dae vir die appèlaansoek verval Dinsdagmiddag 22/5/2017 dws as die vervolgingsgesag gaan appèlleer.
      Ek het verlede week twee interdikte en komende Donderdag weer 1 interdik. Kan net vir jou sê die bestrede rol is vol tot die 14de September.
      Daar is geen dringende basis vir die appèl nie. So kan mens maar die politiekery as fopnuus beskou.
      Die grootste bekommernis met die optrede van die premier en sy gespuis is dat die skietlustiges by die volgende aanhoor dalk net hulle sin kry. Die manne verantwoordelik vir veiligheid (blanke gemeenskapsorganisasies) se grootste vrees dat skietlustigers nie een skoot moet skiet nie. Dit gaan in die hande van Zuma speel en moontlik lei tot verklaring van noodtoestand. Dit gaan geen probleem vir hom wees om na ‘n maand die parlement te oortuig om dit weer te verleng nie. Dan is hy verby sy krisis in Julie. Daar sal dan uiteraard geen ANC-vergadering wees nie.
      Lesers hier besef nie hoe naby aan skiet was daar nie – Lichtenburg en Coligny.

  • Intussen, met soveel haat, uitsprake en aangeblaasde rassisme teen blankes versuim die blanke Afrikaner steeds om met onteenseglike selfbestuur en selfbeskikkingadminstrasie en internasionale vennote ooreen te kom. Terwyl twee boere in die Coligny distrik heelwaarskynlik gerieflik polities-valslik van “moord” beskuldig word is afbrand van huise, besighede, beskadiging van (privaat en staats) voertuie en plundering van besittings asook die plaasaanvalle die afgelope maande gerieflik vergete. Ek probeer steeds vasstel wat is die sout, lig en suurdeeg rol van die Christen kerk in SA, – maar buite die mure van die kerk op alle terreine van ons Nuwe SA samelewing is almal skynbaar heidene en aan mekaar se kele?

    • expatNederland

      Afrikaners het geen sentrale leierskap, geen plan, geen visie, en klou calvinisties aan hoop op wonderwerke. Sonderplan is ons ana hul genade oorgelaat. Kyk na Coligny vir praktiese resultaat. In huil guns. DAAROM wen die EFF/ANC-terroriste.

      Afrikaners verwag Artikel 235 selfbeskkking somaar als blikseminslag. NEE!! Ons moet een plan he, en ‘n datum waarop ons Artikel 235 gaan verwesenlik.

      My voorstel tydsplan;
      2017 Anargie van ANC-regime kompenseer
      2018 Afrikaner skaduregering: Volksraad, stabiliseer “misdaad” & plaasmoorde
      2019 Afrikaner skaduw valuta geskik vir internasionale handel & wettig betaalmiddel
      2021 Ekonomise onafhanklikheid + werkgeleenthede
      2022 Samewerking met ander volke en tale in Suid-Afrika.
      2023 Selfbeskikking
      2030 Soewereine republiek.

      met boonstaande plan, as ek so voorbarig mag wees, het ons ‘n kans.

      • Dankie expatNederland. Ek dra dit so aan die ASK (Afrikanerstrategiekomitee) oor.

        • expatNederland

          ASK? Wie is dit.. hoe in kontak te kom?

          • expatNederland

            is dit wéér een splinterparty?
            Ons onderling verdeeldheid sit Grondwet Artikel 235 en Artikel-30 in die weg. Daarom sal EFF/ANC-baasskap onverpoosd doorgaan. Ons moet als de sodemieter ons onderlinge verksille erken, en een gesametlike daadkragtig visie opstel.

            Nodig alle Selfbeskking gesindes om aan te sluit op.. https://discord.gg/pWyAd2q
            Chat app wat in jouw browser werk.

          • Afrikaner Akkoord, Volkstaatraad. TAR, ASK (en NBR [Art 235]/ NBU asook VVK/Volksraad) is legitieme nie-partypolitieke prosesse (hoewel na persoonlike mening hopeloos onderdruk en onder benut).

          • expatNederland

            moedige poging. Die website is sinds sint-jitemus nie meer bygewerkt.
            Het is mijns inziens wéér een splinterbeweging. Die realiteiten sinds 1877 is totaal anders. Die anc-regime is baas. Die baas gaan nie onderhandel . Briewe naar die baas wordt als k@kpapier gebruik. Dink jullie nou echt die ANC gaan zomaar boedel oorgee??

            Verder is de supportersbasis veels te dun. Julle sluit veel mensen uit. Daar is ook geen enkel realistisch plan na zelfbeschikking. Hoe? Wanneer? Welke voorwaarden?
            Wie kwalificeer vir staatsburgerschap? Hoe gemaak met ANC-stemmers wat in die republiek woon.. deporteer?

            In jaar 2020 is 99% kans dat NUL vordering gemaak is. Zeker ook nog ‘n website van 1 of 2 fanatiekelingen. Meer is dit nie.

            Wees oortuigend. Kom met ‘n werkbare S.M.A.R.T. stappenplan.

  • Ou Transvaal

    Let op Supra se gebruik van die algemene naam van AFRIKANER en dat die teikennet nou baie wyer gespan is as waar daar vantevore meestal op Boere gesinspeel is ….die les daaruit is dat die wat Polities korrek hulle herkoms verraai het in elkgeval ook in die sop is ..lyk of saamstaan tyd hier is ???

    • Johan

      Ja’k, hier in Zeerust is daar ook moeilikheid. Een besigheid is glo al afgebrand (in die nywerheidsgebied) en Makro is glo ook leeg gesteel. Beide die twee is gerieflik na aan die lokasie.
      Die besighede veral in die hoofstraat en omgewing is alles toe. Daar is nou wel nie plunderaars in die dorp self nie.

  • Dirk Bosman

    Max du Preez het reeds die blankes van Colignie skuldig bevind.

  • Antonie Geyser

    shym, daar is n wit vrou wat vir anderskleurige matriek dogters rokke gemaak het en wat buite gesit het en na die vatters van tv stelle en benodighede gekyk het ,het gedink hulle sal niks aan haar doen nie, volgende dag toe hom hulle na haar huis toe en brand haar huis met die twee katte in af-‘own goal’