Brief: Drink die rooi pil

Neo kies die rooi pil in die fliek, 'The Matrix'

Neo, ‘n karakter in die rolprent The Matrix, word ‘n keuse gebied. Hy kan kies tussen ‘n blou of ‘n rooi pil. Drink hy die blou pil, kan hy voortgaan om in sy gerieflike bestaan voort te ploeter. Drink hy die rooi pil, sal die ongemaklike waarheid aan hom onthul word, naamlik dat hy slegs in ‘n rekenaarsimulasie bestaan, en nie werklik ‘n lewe daarbuite lei nie.

Daar is deesdae ‘n besonder interessante beweging, of selfs ‘n herlewing, onderweg onder mans in die VSA, en spesifiek blanke mans. Dit word die Red Pill-beweging genoem, nav die keuse wat die Neo-karakter hier bo gebied word. Hierdie Red Pill-mans beskou hulself as diegene wat die rooi pil gesluk het; wat die realiteit oor die feminisme, politieke korrektheid en verhoudings ingesien het. Myns insiens is dit eerder ‘n herontdekking van eeue oue gesonde verstand as ‘n nuwe insig, maar hoe dit ook al sy.

Die Red Pill-herlewing volg in reaksie op die jare lange geteiken van blanke mans deur die radikale feminisme en die politieke korrektheid wat deur haatblaaie soos Naspers se Women24 verkwansel word, maar ook deur die linkses, veral op kampusse in die VSA. Die feminisme is uiteraard een van die mees kwaadardige, haatdraende, aggressiewe fenomene wat die kulturele marxisme kenmerk. Volgens die feminisme verteenwoordig heteroseksuele mans alles wat verkeerd is met die moderne samelewing. Die geringste belangstelling wat ‘n man in ‘n vrou toon, word bv deur onvergenoegde, oorgewig draers van plat skoene aan die klok van teistering gehang, en seksuele omgang, al is dit met toestemming, kan maklik in ‘n klag van verkragting ontaard op ‘n Amerikaanse universiteitskampus, selfs al het die vrou die beweerde verkragter vir maande lank aktief gejag.

Hierdie tipe feminisme het helaas deel van die hoofstroom en openbare denke geword. Feminazi’s soos prof Amanda Gouws, skryf gevolglik talle skril rubrieke wat te velde trek teen die sogenaamde patriargie; rubrieke vol leuens en propaganda wat nietemin vir soetkoek opgevreet word deur die betamannetjies en verloorders wat as hoernaliste vir Naspers werk. So ook word die mees absurde geskree teen mans op Naspers se haatblaaie soos Women24 verdra, maar dit sou ondenkbaar wees dat Naspers ‘n soortegelyke, vrouehatende blad, sou verdra.

Só suksesvol is hierdie antiman-veldtog, dat ‘n opperste betamannetjie, die voormalige redakteur van Beeld, Pieter du Toit, selfs deelgeneem het aan die heksejag op Marius Roodt, die persoon wat die Huffington Post tot ‘n blote grap gereduseer het. Roodt se genadelose satire van feministiese propaganda was ‘n reuseverleentheid vir die Huffington Post en die res van die linkse Naspers-Lügenpresse. Ek kan maar net spekuleer oor presies wat skeefgeloop het in Du Toit se mislike, betekenislose lewetjie, en hoe volledig die feminisme hom gereduseer het tot ‘n weekdiertjie sonder ‘n penis, dat hy homself genoop gevoel het om homself te wend tot die klakkelose deelname aan die skandelike geteiken van Marius Roodt deur Verashni Pillay. Pillay se optrede en Du Toit se gekruip voor sy feministiese meesteresse was egter puur verniet; Pillay is steeds afgedank. Kennelik is betamannetjiestatus egter ‘n voorvereiste vir ‘n pos as ‘n Naspershoernalis.

Du Toit het duidelik The Red Pill nodig, want The Red Pill bied ‘n verfrissende teenvoeter vir die feminisme, dmv ‘n nugtere, rasionele analise van die dryfvere agter die manlike en vroulike psiges waar dit by verhoudings kom. Ek nooi lesers uit om self te gaan oplees oor die onderwerp, maar een van die kernbegrippe agter The Red Pill is dat mans vir te lank gebreinspoel is om hul eie waarde te onderskat. Vrouens, daarenteen, word deur die feminisme en politieke korrektheid gebreinspoel om hul eie waarde, relatief tot mans in ‘n verhouding, heeltemal te oorskat. Mans wat volgens die Red Pill-teorie suksesvol gebreinspoel word om hierdie toedrag van sake bloot te aanvaar, word Blue Pill-mans of dan betamannetjies genoem.

Omdat mans se waarde in die samelewing hopeloos onderskat word, is die moderne, bevryde (“liberated”) man ‘n patetiese kreatuurtjie. Hy is ‘n Pieter du Toit, ‘n betamannetjie, ‘n hênsopper wat alle bevele sal gehoorsaam wat hy van iemand met ‘n vagina ontvang, bloot omdat die opdraggewer oor laasgenoemde orgaan beskik. Die kenmerk van ‘n ongetroude betamannetjie is byvoorbeeld dat hy om aantreklike vrouens “sirkel”. Ons almal ken hulle – mans wat hoop en bid dat, as hy guns op guns sou doen vir ‘n vrou waarop hy verlief is, hy haar belangstelling gaan aanwakker. Dit werk helaas nooit nie. Vrouens stel eenvoudig nie belang in mans wat hul op daardie wyse verneder nie, en sal eerder belangstel in alfamannetjies wat nie ‘n snars omgee nie en hulle aktief ignoreer. Getroude betamannetjies, daarenteen, moet toestemming vir alles, selfs die mees onbenullige goed, vra by hul vrouens. Betamannetjies kla dus dat vrouens hulle misbruik, maar dit is betamannetjies se eie skuld, omdat hulle nie mans genoeg is om vrouens te gee wat hulle werklik verlang nie, naamlik sterk, manlike leiding in hul verhoudings nie.

The Red Pill bied ‘n teenvoeter hiervoor. Dit wil mans leer om selfvertroue te ontwikkel, om die leiers te wees; om ‘n Jopie Fourie ipv ‘n Pieter du Toit te wees, om te vat wat jy wil hê, in plaas daarvan om op patetiese wyse te moet smeek daarvoor, en om jouself te moet verneder vir ‘n klein bietjie aandag.

Dit sou uiteraard maklik wees om die Red Pill-beweging af te maak as die blote hatery van die vroulike geslag of ‘n blote reaksie op die feminisme, en as ‘n vry-in-die-bondel-benadering, maar soos ek dit verstaan, is dit juis waaroor dit níé gaan nie. Die Red Pill-beweging gaan juis oor die herontwaking van mans as diegene met selfvertroue, wat ‘n steunpilaar bied aan vrouens wanneer vrouens emosionele storms beleef. Die beweging praat daarom van “frame”, ‘n begrip wat daarop neerkom dat die man die leier in die verhouding is, en die agenda binne ‘n verhouding moet bepaal. Die Red Pill beveel dan inderdaad ook aan dat mans hulself beide psigies en fisies — ook in die gimnasium, dmv fisiese oefening — sterk moet maak.

In hierdie opsig is daar duidelike raakvlakke tussen The Red Pill en die bybelse opdrag aan mans om die priesters in hul huise te wees. Ek is oortuig dat selfs die mees radikale feminis, mits sy hoegenaamd in mans belangstel, eintlik na ‘n alfamannetjie smag, ‘n man met selfvertroue, iemand wat op die psigiese en fisiese vlakke na homself omsien, en met genoegsame selfvertroue binne ‘n verhouding optree. Vrouens smag na Koos de la Rey, nie na Pieter du Toit nie.

Watter een gaan dit dus wees, meneer die Praagleser? Watter pil gaan jý drink?

— Jared van Niekerk, per e-pos

Stuur vir ons u mening na briewe[aapstert]praag.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.