Wêreldwye kuberaanval

Grafika: Daily Express

Naastenby 100 lande is geraak deur ‘n massiewe kuberaanval
(heel moontlik die grootste nóg). Dit is gedoen met behulp van
programmatuur genaamd “Eternal Blue” wat deur die Amerikaanse Nasionale Sekuriteitsagentskap (NSA) ontwikkel is, maar laas maand uitgelek is deur ‘n groep met die naam “Shadow Brokers”.

Die kuberkrakers het ‘n lospryswurm (ransomware worm) wat self
versprei op die internet losgelaat. Dit veroorsaak enkripsie van
slagoffers se data, en hulle moet dan ‘n losprys van soveel as R8000
betaal om weer toegang daartoe te verkry.

Vrydag is die internasionale verskepingsmaatskappy FedEx en die
Britse gesondheidsstelsel hierdeur ontwrig, in so ‘n mate dat Britse
hospitale en klinieke pasiënte moes wegwys. Antivirusprogrammatuurontwikkelaars het Vrydag berig oor tot 57 000 infeksies in 99 lande. Rusland, die Oekraïne en Taiwan was die topteikens.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.