Buitelanders in Coligny kom agter hulle is ook in die spervuur

Deel op

Die situasie in Coligny in Noordwes, wat geteister word deur gewelddadige betogings, bly op ‘n mespunt.

Die polisie is steeds in die gebied ontplooi, aangesien dit binne oomblikke kan verander. Dit is volgens polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, en volg nadat geweld Woensdag weer uitgebreek het ná afloop van ‘n besoek deur die Noordwes LUR vir Openbare Veiligheid, Mpho Motlhabane, en die Ditsobotla-munisipaliteit se burgemeester, Lesego Holele.

Hulle het ook met leiers van sowel die boere- as die plaaslike gemeenskap vergader oor die “rassisme” in die gebied. Rassegeweld het Maandag in die dorp opgevlam nadat Pieter Doorewaard en Philip Schutte, wat teregstaan op versinde aanklagte van moord op die sestienjarige Matlhomola Mosweu, borgtog van R5000 elk ontvang het. Hulle sal weer op 26 Mei in die hof verskyn.

Mokgwabone sê die N14 tussen Ventersdorp en Lichtenburg is tans oop vir verkeer, maar dat motoriste egter steeds waaksaam moet bly indien hulle deur die area ry.

Verskeie huise is al geplunder en voertuie, waaronder drie vragmotors, is aan die brand gesteek. Die oorsaak van Matlhomola Mosweu se dood is nie bekend nie, maar die hoofstroommedia berig dat die twee wit boere “moord” gepleeg het.

Mosweu is Sondag by die Scotland-lokasie in Coligny begrawe waar Noordwes se Premier, Supra Mahumapelo, sowel as ander afgevaardigdes, die begrafnisgangers teen Afrikaners opgesweep het.

Maar ten minste 30 winkels in besit van buitelanders is sedert die uitbreek van rassegeweld in Coligny geplunder, het ‘n plaaslike sakeman Woensdag gesê.

“Ek het niks oor nie, hulle het alles in my winkel gesteel, hulle het selfs die koppies wat ek gebruik het om water te drink,” het Mahammed Rubel gesê.

“Dit is hartverskeurend om te sien dat jou buurman jou winkel plunder. Hulle het alles gevat, insluitende my klere. Mense het nie genade nie, jy gee hulle krediet en help hulle, maar hulle plunder jou winkel. Mense wat jy ken … ”

Rubel is een van 30 Bangladesjse handelaars wat winkels in Tlhabologang besit. Hy het gesê dat Bangladesjse sake-eienaars voorraad verloor het wat meer as R700 000 werd was.

“Ons weet nie of ons van hierdie groot verlies kan herstel nie, ons het nie ‘n manier om weer te begin nie. Ons is afhanklik van donasies van kos tot klere. Ons het nêrens om te gaan nie. Ons bly nou by die moskee en hoop ons broers in Johannesburg sal ons help.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.