Brief: Wil tot mag, of wil tot selfmoord?

Pierre Fouché, skrywer van dié brief

Ons moet kies.

Ek vermoed sekere van ons mense sal die eerste deel van die titel lees en dadelik afgesit word. Dit is jammer. Ek het al gemerk dat wanneer ek voorstel dat die oplossing vir die probleem wat ons as Afrikaners in die gesig staar is om politikie mag terug te wen, mense negatief reageer.

Hoekom is ons só ‘n afkeer daaraan om te streef vir iets wat ons vir amper ‘n halwe eeu lank gehad het, en toe in 1992 prys gegee het? Iets waarvoor ons voorvaders bereid was om hulle lewens te gee in 1899, onder omstandighede wat seker meer ongunstig was as dié wat ons vandag beleef.

Wat het intussen gebeur?

Hoekom het die meerderheid van die burgers in die twee Boererepublieke in 1899 besluit om die krygsplig op te neem vir hulle politieke onafhanklikheid; maar een eeu later, het die meerderheid besluit om te stem vir selfmoord?

Dié van ons mense wie se breine al pap gebid is, sal waarskynlik sê dat dit is omdat ons afvallig geraak het van God. Miskien. Maar tog het ons in albei gevalle verloor. Ons het verloor toe ons vroom was én ons het verloor toe ons afvallig was. Sulke redenasies is vir my een dimensioneel en pateties, en staan oop vir allerlei teenstellings van ander volke in die laaste eeu alleen, om nie eens om te praat van die wyer geskiedenis nie.

Vox Day, skrywer van The Irrational Atheist, SJWs Always Lie, en Cuckservative: How “Conservatives” Betrayed America, het die saak onlangs in sy blog vir my op ‘n goeie manier gestel:

“Jesus saves souls. He doesn’t save nations. If men want to save their nations, or their civilization, I expect they’ll have to do it on their own.”

Leon Lemmer het al meer as ‘n paar keer geskryf oor die ondergang van die Afrikaners, daar is nie veel om daarby te voeg nie. Hoekom ons nog nie ‘n totale omwenteling hier gehad het nie, veral in die 90’s toe ons nog in ‘n relatiewe sterk posisie was om dit te doen, gaan my verstand te bowe. Dít van die volk waaroor ‘n Engelsman, Anthony Jacob in sy boek White Man, Think Again! geskryf het:

“Furthermore South African political leaders – who have always been Afrikaners – have to be on their toes all the time because, as the national history shows, the moment they show signs of faltering they are rejected by their people. As a Voortrekker woman expressed it over a hundred years ago, ‘If our leaders grow tired and tearful, the Nation will take over.’ ”

Wat het met ons gebeur? Waar het daardie gees en ywer wat altyd die Afrikaner gekenmerk het heengegaan? Iets wat die jonger geslagte slegs van kan lees. Hoekom is ons toekoms weggegee vir die erkenning en goedkeuring van die massas, en vir ‘n kans om teen bruin mense sport te speel; wat ons nou in elk geval ook besig is om te verloor!

Ons erfporsie – wat ‘n gemors.

Maar tog, ons generasie het nou die kans om ons te bewys. Dit lê nou voor ons voete. Die kans vir strewe en heldedom wat ek nie dink al ooit so groot was in ons ras se geskiedenis nie. Uit óns kan legendes gemaak word! As ons suksesvol is, sal dit soos ‘n weerligstraal deur die wêreld weergalm, van Suid-Afrika tot Swede, ons broers en susters in Europa sal moed kry wat ek nog nie dink hulle het nie.

Jeug van Suid-Afrika: die toekoms is Regs en Blank.

As jy enigsins belang stel in die toekoms, en jou volk se plek daar in, moet hierdie jou gedagtes elke dag in beslag neem soos ‘n virus. Jy moet aan niks anders kan dink nie, want niks anders is belangrik nie. Die samelewing waaraan jy gewoond is, of wat jy dink jy sal kan kry deur net ‘n paar emigrasiebriewe in te vul, is besig om dood te gaan. Miskien kom jy uit, na Australië of Nieu-Seeland, of Amerika of Kanada, maar jy sal nie hierdie stryd ontsnap nie. Dit is werklik internasionaal.

Die uur is baie laat en die nood is groot.

Ons moet kies:
Gee toe,
Veg,
of Vlug.

— Pierre Fouché, jeugleier, Nasionale Konserwatiewe Party

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • leonlemmer

    Die ja-stem in 1992 is nie heeltemal die blanke of Afrikanerkiesers se skuld nie. Die meerderheid het gestem vir magsdeling omdat die hoofstroom-inligtingsmedia ‘n propagandaveldtog ten gunste van ‘n ja-stem gevoer het. Daarna is die blankes uit hulle toekoms verneuk weens die algehele politieke magsoorgawe deur ‘n klein groepie Nasionale Party-politici. Die meeste Afrikaners is skynbaar steeds verslae oor wat gebeur het. Hulle het willoos geword, maar nie omdat hulle skaam oor apartheid is soos deesdae so graag voorgegee word nie. Hulle kan eenvoudig steeds nie glo dat hulle deur enkele Afrikaanssprekende blankes (wat hulle verkeerdelik gedink het hulle eie mense is) uit hulle toekoms verneuk is nie.

    ‘n Mens sien die geestesgesteldheid van baie Afrikaners in hulle taalgebruik. Hulle gebruik geradbraakte Afrikaans omdat hulle hulle selfrespek verloor het. Nie-Afrikaners mors met oorgawe met Afrikaans en by implikasie met Afrikaners deur ‘n mengsel van Afrikaans en Engels te praat en te skryf. Daardie mengsel word deur instansies soos die Afrikaanse Taalraad (ATR) en die Afrikaanse Taal- en Kultuurverenging (ATKV) goedgepraat as ‘n “varieteit” van Afrikaans, wat glo net so goed is en net so ‘n bestaansreg het soos Standaardafrikaans. Hulle vra hulleself nie af waarom almal probeer om Engels korrek te praat nie. Net Afrikaans word vir morsaksies uitgesonder. Niemand bepleit Engels-varieteite nie.

    Onderliggend het ons sedert veral 1994 met ‘n openlike verset teen Westerse beskawing te make. Skielik het die meeste blankes bv opgehou om ‘n das werk toe en sy formele geleenthede te dra, min wetende dat ‘n das deur nie-wittes as ‘n simbool van blankes en Westerse beskawing beskou word.

    Na die Anglo-Boere-oorlog was die Afrikaners ook verslae. Dit het drie dekades geduur voordat hulle tot verhaal gekom en daadwerklik hulle opmars terug na politieke selfbeskikking begin het. Laat ons hoop dat dit hierdie keer eerder voor as na 2024 begin.

    • sussie se vissie

      Die seël van verraad het gelê in die oortuigde manier wat FW ( na n baie verligte toespraak van Heunis ) die Afrikaner die versekering gegee het dat ‘een man een stem’ tot totale magsoorgawe sou lei.
      In sy kiesafdeling het hy manhaftig volstaan dat bg nie in sy leeftyd sou realiseer nie.
      3-jaar later het hy in sy misleiding gedy.
      Daar het u mnr Lemmer, dit reg.
      Nog nooit het n ‘Afrikaner’ so skroomloos vir n ander GELIEG nie.
      Die bomskok effek van hierde hand-om-keer uitspraak/optrede – inderdaad n grootse en verlammende effek op die volk tot gevolg gehad.

    • Ou Transvaal

      Ons moet ook nie vergeet van die bedrog met die referendum wat ‘n werklikheid was en sorgvuldig toegesmeer is deur die opiniswaaiers .

    • Suidpunt

      “Skielik het die meeste blankes bv opgehou om ‘n das werk toe en sy formele geleenthede te dra,”

      Mnr. Lemmer, ek wonder of die kortbroekdraery en baard nie juis ‘n onbewustelike teenkultuur is nie. Amper om te sê: die vere maak nie die voël nie. Ons is gewoond aan blink motors, paleise en materiële dinge, maar “ek hang nie my geld aan my gat op” nie (veral nie as jy dit môre onteien kan word nie). Amper soos die Hollandse Adel wat eers Frans begin praat het om hul van die plebs te onderskei, totdat die volk ook Frans begin praat het – toe moes hulle blitsig hul eie “taalnorm” verander. In die supermarkte by ons in die Wes-Kaap is dit hoofsaaklik blanke mans (ek ingesluit) wat kortbroeke en plakkies dra. Deesdae dink ek is die kompetisie onder die behoudende blankes veel groter om te kyk wie se boekerye die grootste is. Mevrou/Meneer die Direkteur mag miskien ‘n vername raamlose brilletjie dra by ‘n Versace-pakkie en die septer swaai, with softspoken English, dit beteken steeds nie die persoon is sy/haar amp waardig nie. Amper ‘n soort: “Jy mag mooi kleertjies dra, maar ek het steeds die verstand, wat jy nooit sal hê nie.”

      Dit is nie te sê daar is nie ‘n mooi pakkie vir formele geleenthede êrens weggebêre nie. Dit wil sê: ons is gekant teen geldvermorsing. Ons is gekant teen verkwisting. Ons is gekant teen materialisme. Ons is gekant teen skuld. Ons is gekant teen die skyn.

      • Riaan Slabbert

        Suidpunt, ek hou a;tyd van jou sinvolle kommentaar 😉

  • Rifrug

    “Ek vermoed sekere van ons mense sal die eerste deel van die titel lees en dadelik afgesit word.”

    Nee wat, Pierre Fouché … ek is afgesit deur jou haarstyl!

    • sussie se vissie

      :-)…:-)
      Broers het altyd so gekla dat pa hul tog asb nie met n pee/pie-pot ‘cut’ moet laat nie.
      Deesdae lyk dit my is dit ‘fash/great’ !?
      Hoe meer belaglik….hoe meer ‘IN’.

    • Riaan Slabbert

      Whahahaha!!!!!!!!! Ai Riffels, Jys nou nie mees taktvolle ou op Praag nie

      • Rifrug

        Dankie, ek weet.

  • Ou Transvaal

    Na die Tweede Vryheids oorlog is die BOERE nooit weer toegelaat om werklik in politiek ‘n naam te maak nie , en asb dit was die BOERE OORLOG…. nie deur Afrikaners geveg nie maar deur BOERE !!
    Dit is dieselfde mense wat tot stilte bepreek ,verguis en gepolitiek is deur kansels en party politiek en wie nie meer bereid is om deur instellings gebruik te word om vreemde oogmerke te dryf nie.
    Hierdie Boervolk is ‘n krag wat onontgin sluimer en ons sal nie buite ons oortuiginge aan enige optrede deel neem nie , ons is opgebruik … maar ons tyd is voor die deur , gaan lees net Siener se gesigte , veral die wat dink hy was eksentriek .

    • sussie se vissie

      Oud Tvl,
      Ek het net n kleintjie dood aan die post de facto ding van Siener.
      Nêrens kon ek tot hede gewaar dat n dreigende gevaar van Siener afgeweer word, in antisipasie van sy kwansuise ‘voorsienigheid’ nie.
      Maw. Wil blyk n ding moet eers gebeur, alvorens die sienertjies-klub kom met hul –
      ‘Siener het gesê dat…’.
      ‘Siener het gesê dit….’
      ‘Siener het ge… ad nauseam….’

      • Ou Transvaal

        Sussie dit is meer binne die Volkskringe waar hierdie gesigte voortydig uitgelig word maar ons is geneig om dit vir onsself te hou omdat daar gereelde verdagmakery van liberale kant is , soos die brande wat landwyd uitbreek al baie lank bekend gemaak is ,soos die politieke uitverkopery ook was . Die sleutel is om nie die uitsprake te wil aanpas om ‘n spesifieke agenda te pas nie .
        Dit is ook meer duidelik om sy geskrifte in hollands te lees .
        Maar die deurslaggewende is die profesiee in Sef 3:10 en Jes 18 wat pertinent van SA getuig waar die oorblyfsel nooit vernietig word nie , siener het maar werklik net profesie op ‘n meer verstaanbare manier voorgestel .
        Dit bly egter ‘n feit dat hy slegs ‘n mens was ..

    • Kalium_Chloraat

      Dit sal weer erge terugslag vat vir ons Volk om op te tree. Die geskiedenis van die Weste wys dit. Ek dink dit het met die Genesis opdrag te doen. Ons is gemaak met ‘n empatie teenoor ander en met ‘n korrupte moraliteit is hierdie eienskap ook korrup. Baie meer druk sal nodig wees.

      • Ou Transvaal

        Toegegee , maar as ons eenmaal aan die gang is binne die Verbond is ons onkeerbaar , dan is empatie dood .

  • Donnycero

    Tv, radio en media het die witmens al so gebreinspoel en afgekraak dat hy sy volkstrots verloor het.

    Die kerk het ook sy aandeel. Hy vertolk nie wat in die skrif staan nie maar hoereer agter politiekke redinasies aan. Aparthied was dit nog `n gruwel in die oe van God gewees vir `n man om saam met `n ander man te le, nou mag hy op die preek kansel staan.

    • Kalium_Chloraat

      Dis die dieners van die liberale afrikaner establisment wat so maak, verloopte afrikaanse kerke verstik in liberalisme en geld. Dis die kerke wat die vrugte van die vlees dra. Daar is ander kerke ook.

    • Rooikop

      Kerk (predikante wat nie hulle werk doen nie, en/of snert van die kansel af verkondig), skole (hulle het hel hard probeer met my), weermag (absolute gehoorsaamheid vereis – verder doen jy niks as jy nie gesê word nie), voortrekkertjies – so karring dit aan.

  • Thys Du Plessis

    Pierre Fouché, jeugleier, Nasionale Konserwatiewe Party, die Openbaaring boek praat van 3 bose geeste soos paddas wat die konings van die aarde versamel vir die oorlog, vir die strafgerig van die Almagtige. Jy praat die taal van een van daai geeste. Jeremia 17:5

    En hierdie gedeelte wat jy aangehaal het is dood eenvoudig lasterlik:
    “Jesus saves souls. He doesn’t save nations. If men want to save their nations, or their civilization, I expect they’ll have to do it on their own.”

    So terloops die woord jesus beteken slegs verlosser, so dalk is dit waar van jou verlosser, maar beslis nie van myne nie.

    Jy wat jou self n leier noem, ek sider vir jou part.

    • sussie se vissie

      Nee wat Thys,
      Handjies gevou sit en ‘ons wag op die kaptein’ speel, gaan ‘ons’ NIKS in die sak bring nie.
      Selfs die vasgekeerdes van Masada het dit daai tyd al geweet.

      • Thys Du Plessis

        Dit is ongelukkig ons volk se ondergang , omdat hulle nie werklik glo dat raar n God is nie dink hulle om Hom te soek is die selfde as niks doen. Het jy Jeremia 17:5 gelees of antwoord jy sommer maar net onverskillig.

        • Riaan Slabbert

          Ek weet nie wat staan in Jeremia nie. Ek weet ook nie wat staan in rooikappie nie. Dis irellevant. Wat ek wel weet, is dat geen geskrif of gebed van die donnerse rioolbabers ontslae gaan raak nie.

          • Thys Du Plessis

            In daai geval Riaan, het jy nie te veel om oor bekommerd te wees nie want die rooibabers gaan van jou ontslae raak voor jy teveel oor als hoef te dink, want as ek als reg opsom het God hulle aangestel om alles wat ons volk moes vernietig en nie het nie te vernietig en dit sluit lasteraars soos jy in.
            So as ek jy was bedink ek my eerder en gaan lees dan maar wat in die Bybel staan.

    • Riaan Slabbert

      Sidder en bibber voort. Dis mos maar wat jou tipe doen.

    • Jonas Van Die See

      Nee, jesus beteken Heil Zeus. Dis ‘n Griekse naam. Smaak my jy weet nie veel van die Hebreeuse Verlosser nie…

  • Oulike brief! Ons moet onderskei tussen die gesponsorde Super Afrikaner en die keuse om geweldige verantwoordelikheid self te aanvaar met ‘n brein wat effektief al sedert die Britse Konsentrasiekampe of sedert 1961 tot stilstand gebreinspoel is. Kon die blanke Boere Afrikaner al ooit werklik op Volksadminstratiewevlakke in volle rentmeesterskap vir ons self dink, – wat nog van volhoubaar presteer binne die huidige brutale dinamieka van die “Global Village”? Ons gaan hard moet bid vir Romeine 12:1-2 hernuwing van denke en die samehorige ruggraat wat daarmee moet saamgaan.

  • Johanw

    Goeie brief Pierre Fouche en ondervang die moderne Afrikaner mentaliteit van opgee en toegee. Oplossings is daar gewis binne die volkstaatgedagte. Ongelukkig bly dit by die meerderheid ‘n gedagte.

  • Rooikop

    ” Vox Day, skrywer van The Irrational Atheist, SJWs Always Lie, en Cuckservative: How “Conservatives” Betrayed America, het die saak onlangs in sy blog vir my op ‘n goeie manier gestel:

    ‘Jesus saves souls. He doesn’t save nations. If men want to save their nations, or their civilization, I expect they’ll have to do it on their own.’ ”

    Juis hierin lê die probleem. Ons mense het hierdie op eie krag probeer doen met geheime organisasies – ‘n broederbont en alle soortgelyke organisasies. In hierdie organisasies word die organisasie voor jou volksgenote en taal gestel. Ons het agter al die sportgode, die goetersgode ens aangehardloop. As jy sien hoe daar neergesien is op mekaar (PTA oos vs PTA wes) dan is dit geen wonder dat ons samelewing in duie gestort het nie. Om hierdie self en/of hardhandig te keer is ‘n mors van tyd en asem.

  • Maus

    “Jesus saves souls. He doesn’t save nations. If men want to save their nations, or their civilization, I expect they’ll have to do it on their own.”

    Iemand praat so as hy nie die vaagse benul het waar beskawing van daan kom nie of plein weg oneerlik is. Dis opgesluit in selfverloning. Dis opgeluit in om die waarheid eerste te stel en te glo dat die waarheid saak maak. Dis opgesluit in om jou lewe vir jou mense te gee. Jesus bring daardie beskawing.

    Om net eendimensioneel te dink dat “blankes moet net saamstaan” of “mens moet jou ras bo alles stel” spreek van ondeurdagtheid of iets moedswillig. Is en was dit nie juis die meerderheid blankes in die wereld wat ons grootste probleem nou en in die geskiedenis verteenwoordig het nie? Dink aan die ABO, die Groot Trek, vervolging in Europa, WWI en WWII. Of wil jy probeer se dat die Boere en die Duitsers maar eerder moes ingeval het by die res van die wereld se gedienstigheid aan die Jood?

  • Hans Onrust

    eergisteren kwam in Duitsland de ‘Bild’ met een aparte uitgave over Martin Luther.
    U weet wel, de man die precies 500 jaar geleden Protestant werd.

    Lothar de Misere, de minister van Binnenlandse zaken van het Merkel regiem, gaf daarin aan dat Martin Luther heden ten dage strafbaar zou zijn.
    Nou dat begreep de meer intelligente waarnemer al.

    Maar is er in dit SA wel ‘vrijheid van religie’ voor Protestante Christenen ?
    Of kan alleen een gecastreerde Luther en Calvijn nog meedoen terwijl ruggenstekerij en naastenverwaarlozing de dagen vullen zoals in alle steeds slechter onvrijer en onveiliger EUSSRepublieken ?

  • Riaan Slabbert

    Goeie brief Pierre. Die moere wat nie met jou saamstem nie, is die klaar gevrektes wat maar elke dag die selle gebedjie opsê en more steeds geen antwoorde of oplossings het nie. Of Jesus siele spaar, weet ek nou nie. Eks geen sielekenner nie en het geen nadoodse ervaring nie, maar ek stem wragtig saam dat Hy nie nasies OF mense red nie.

  • G

    Natuurlik is die siel hier om sy meerderwaardige Christenskap onder almal se neuse te vryf want hoe moet die agente nou ook anders die Afrikaners probeer verdeel? Ignoreer hom. Hy het bo-natuurlike aandag nodig. Hy sê dan self so.

  • Thys Du Plessis

    Ek het nie bedoel om te veralgemeen nie ek se die wat dink dat om God te soek en om niks te doen die selfde is, glo nie werklik nie.

  • Thys Du Plessis

    Soos iemand hier op Praag gesê het God is nie n troeteldiertjie nie. As ons sy beskerming wil verwag moet ons Sy gebod hou. Mense hou maklik Bloedrivier voor as n kits resep, maar vergeet of weet selfs nie wat 16 Desember 1838 voorafgegaan het nie. Mense wil die wêreld liefhê en die bose ondersteun en wanneer die moeilikheid daar is dan moet God help, vergeet daarvan.

  • Thys Du Plessis

    Ciska
    Jy het die Wet in jou hart en jy verstaan dinge beter as ek, wat jammer is is dat jy die breedte van die gaping tussen jou en Pierre nie sien nie, maar dit is baie wyte as wat jy dink.