Na Noordwes-premier se aanhitsing brand skare vier wit Coligny-huise af

Rietvlei se plaashuis in ligte laaie

Die swart aktiviste-organisasie Sanco het glo dokumente ingedien om te vra dat die besluit van die landdros van Coligny om borgtog aan Pieter Doorewaard en Philip Schutte toe te staan, in hersiening geneem word.

Geweld het opnuut in Coligny in Noordwes uitgebreek toe ‘n huis op die plaas Rietvlei aan die brand gesteek is. Die chaos het uitgebreek nadat borgtog aan die twee wit mans toegestaan is. Intussen is altesaam vier huise afgebrand.

Die hof se besluit om borgtog toe te staan, is gegrond op gesonde regsbeginsels, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes. Hy sê Premier Supra Mahumapelo moet ophou om verdere rassistiese opmerkings teen wittes te maak.

Volgens berigte in die media het Mahumapelo by die swart tiener se begrafnis gesê hy is gedood “deur die hande van wit mense”. Hy het ook gesê dat die mense “deur wie se hande” die seun gedood is, is “Afrikaners van Coligny”.

As Mahumapelo voortgaan met sulke stellings, kan dit die swart skares tot verdere geweld aanmoedig. Die Premier moet verantwoordelikheid neem as enige gewelddadige protes weer as gevolg van sy aanhitsings uitbreek, het Groenewald gesê.

“Wanneer wit mense deur swartmense vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie andersom is, noem die ANC dit rassisme. Dit is onaanvaarbaar.

“Mahumapelo is welkom om ons te vertel hoeveel begrafnisdienste van vermoorde wit boere in die provinsie hy al bygewoon het en wat hy daaroor gesê het.”

Volgens berigte behoort geen van die huise wat afgebrand is aan die twee beskuldigdes nie. Hulle is borgtog van vyfduisend rand elk toegestaan.

Die oproeriges het daarna die strate van die dorp ingevaar. Die EFF het Maandag op Twitter ondersteuners aangemoedig om wit boere te gaan aanval.

Joernaliste wat eiendom betree het sonder toestemming, is deur van die boere gewaarsku om die gebied te verlaat en nie foto’s te neem nie. Sanef het die wit boere veroordeel wat op hul privaatheid aangedring het, asof wit boere geen reg daarop het nie.

Landdros Makgaola Foso het vroeër in sy uitspraak gesê die borgtogaansoek was ‘n moeilike proses omdat verskeie belange opgeweeg moes word, soos geregtigheid, persoonlike vryheid, én die publieke belang.

Doorewaard en Schutte word van ‘n swart tiener se dood beskuldig omdat hulle hom glo van ‘n bakkie sou afgestoot het, terwyl die vermeende swart dief self van die bewegende voertuig afgespring het.

Die twee mans staan tereg op aanklagte van moord ná die dood van die 17-jarige Matlhomola Mosweu, maar ontken skuld.

Die sekretaris van Sanco in Noordwes, Packet Seaketso, sê die landddros was bevooroordeeld met sy borgtoguitspraak. Volgens Seaketso is die belange van die gemeenskap nie in aanmerking geneem nie.

Hy het ook die landdros daarvan beskuldig dat hy Vrydag die verdediging se regspan leiding gegee het oor wat hulle in die hof moet sê.

Die president van AgriSA, Johannes Möller, sê mense wat die reg in eie hande neem omdat hulle ontevrede is oor hofverrigtinge, moet aanspreeklik gehou word. Möller het die polisie gevra om beskerming aan die landbougemeenskap te verleen.

Hy sê dié tipe geweld kan geen probleme oplos nie en tot ‘n veiligheidskatastrofe lei indien die polisie en leiers in die gemeenskap nie optree nie.

Möller sê ook indien die twee verdagtes skuldig bevind word, moet hulle die gevolge van hulle dade dra.

Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, het die VF Plus die versekering gegee dat die polisie met versterkings sal ingryp om die plofbare situasie en hernieude geweld in Coligny te kalmeer, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. Maar ten spyte van die versekerings is eiendom vernietig en gisternag het groepe swartes van plaas na plaas beweeg om wit huise aan te val.

Op die Putfontein-pad is voertuie aangeval en aan die brand gesteek, volgens onbevestigde berigte.

Van die huise wat afgebrand is, behoort aan dr. Rabie Barnard, ‘n mediese dokter wat bekend is vir die onbaatsugtige werk wat hy onder al die gemeenskappe van die gebied doen, en die ander aan ‘n boer, mnr. Henk Keyser, wat op ‘n plaas naby die dorp woon.

Dr. Groenewald is glo in direkte kontak met Phahlane en die kommissaris het hom verseker dat versterkings en ‘n helikopter na die gebied ontplooi sal word.

“Ek is ook in direkte kontak met die polisie generaal in beheer van bedrywighede in die omgewing wat my op hoogte hou van die nuutste ontwikkelinge.

“Die VF Plus doen ‘n beroep op alle politici, en veral dié van die ANC, om hul volgelinge te vertel om die oppergesag van die reg te respekteer en nie rassistiese of populistiese stellings te maak soos die Noordwes se premier Supra Mahumapelo by die begrafnis van die seun gedoen het nie.

“Die situasie is uiters plofbaar, en die VF Plus wil weer daarop wys dat ‘n gemeenskap die reg het om hom te verdedig en sy eiendom te beskerm, en dit moet deur almal gerespekteer word,” sê dr. Groenewald.

Die polisie in Noordwes het inwoners van Coligny gewaarsku dat mense wat eiendom afbrand, vervolg sal word, maar ‘n polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabaone, sê egter niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Hy sê die polisie het hul hande vol om die groot groepe mense in bedwang te hou en sodra hulle die inwoners op een plek onder beheer het, breek geweld op ‘n ander plek uit. Mokgwabanone sê daar was geen berigte van enige beserings nie.

Intussen is die oorsaak van ‘n brand wat Maandag in ‘n oop stuk veld langs ‘n polisiekantoor in Jan Hofmeyrweg, Welkom uitgebreek het, steeds onbekend.

Francois Klaassen, van die Matjhabeng-munisipaliteit se brandweerdiens, sê hulle is omstreeks 14:00 ontbied. Hy sê met hul aankoms het die vlamme vinnig versprei na ‘n omheinde terrein van die polisie waar van hul voertuie en ander motors wat geskud is of in ongelukke betrokke was, gestaan het.

Vrystaat polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê van dié voertuie het aan die brand geslaan. Daar is motors wat ontplof het en selfs uitgebrand het. Makhele sê 37 voertuie van die polisie, wat nie meer in gebruik is nie of in ongelukke betrokke was, het vlam gevat.

Daar word nou gewag vir die polisie se forensiese ondersoek se uitslag. Makhele het verder gesê daar kan nie bespiegel word oor die oorsaak van die brand of die presiese omvang van die skade nie. Dit sal eers later bepaal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Word die belange van die groter Suid-Afrika en die biddende burgers in ag geneem? Wie staan tans “pa” vir wat en wie in die nuwer, Nuwe SA (beter-vir-almal-met-die-beste-grondwet-ooit)? Haat en geweld is skynbaar makliker as opgewasse regering op alle vlakke en terreine. Verantwoordelike burgerskap en goeie leierskap skyn ‘n mite te wees. Wat nou van die mediese dokter se skade, die ontwrigting en die voortspruitende ekonomiese verlies in verlore tyd, wantroue en verarmende omstandighede? Is die heidene in SA dan soveel meer as die Christene? Indien nie, waar is die goeie vrugte? Kom nou burgers van SA. Saampraat, saamstem en saamstaan!

    • Charles

      Die swartes is, met min uitsondering, almal heidene Johnnycongo. Dis waarom ons land lyk soos hy lyk.

      • sussie se vissie

        Charles,
        Jou tante is vanaand goed de muhr in.
        Manlief mis 14-voorlammers, want booi se kind gebruik nou kelpies om vee hoofpad-toe aan te keer.
        Jou ‘min uitsondering’ is wat hinder.
        Net da maak jy die hekke oop.
        Zille skrouw halleluja…en Anthony van An[g]us-koors dieselle.

        • Charles

          Jy’t seker ‘n punt daar beet sussie 😉

      • Charles, dis ‘n taai toffie! Modimo, die groot Voorvader gees … In die Kongo heet hy Nzambe. Daars ‘n stowwerige boek in Dominie se boekrak met die titel: “Die onvoltooide taak van die kerk in Afrika”. Wat my kwel is dat die evangelie skynbaar ook nie by die wittes (selfs die Saksers) volle inslag en vrug gevind het nie?

        • Charles

          Ek neem beslis ag van jou laaste sin Johnny, dis waar die probleem eintlik le. Dankie daarvoor.

  • Maus

    Van “‘n Maori of twee in ‘n rugbyspan” moet die toegeër boeties (VF+, ens) vir ons wys hoe hul die toutjies nog agteraf trek. Waar is al die slim prokureurtjies soos FW nou? .. met hul wonderlike grondwet soos Johnnycongo noem.

  • sussie se vissie

    Lucky-Packet Seaketso maak waarskynlik staat op regsadvies komend van dieselfde groep pikkewyne in togas by wie die ANC so mildelik om hulp aanklop.
    Maw – hier kom n nogeense bloedneus.
    Die kriteria in n hoop op n suksesvolle borgaansoek, het ek reeds op n ander draad uitgestip.
    Aan al hierdie vereistes het die aangeklaagdes met lof geslaag.
    Met dit n gegewe, is die enigste verweer vir Seaketso & Kie om die voorsittendebeampte as n ‘rassis’ uit te kryt.
    In die opsig sal dit maar bars om n ander hof te oortuig hierdie swarter as steenkool landdros is n leliewit Afrikaner.
    Rassisme is immers lsg se uitsluitlike eiendomsbesit…dan nie !?
    Aan die blanke landdros wat 5-jaar se regstudies opgeoffer het aan die hand en vrees van rassisme-etikettering – JY HOORT NIE OP DIE BANK NIE.
    U sal onthou diegene op die bank SKEP nie REG nie – u pas dit bloot toe. Met 5 jaar se studies agter die blad was u ‘well equipped’ vir die taak…sou ek meen?
    Kies toe eerder die weg om die blanke aangeklaagdes voor die voete van n swart landdros te onderwerp – en toe wys die heer nogal boonop hoe dit gedoen moet word.
    Swak Piketberg.

    • Guest

      Sussie al was die man ook hoe “well equipped” vir die werk het hy, nes F.W de Klerk geen keuse gehad as om die aftog te blaas nie. Sy familie se lewens was op die spel en hulle sou sy huis afbrand. Sy 5 jaar studies kan nie sy mense se lewens verseker nie. Sou U nie ook maar dieselfde gedoen het vir jou gesin en familie nie? Ek vra maar net!

      • sussie se vissie

        Van wie praat jy?
        Die lapkop wat die reg REG toegepas het….of die Broederbond omie wat vanaand nie met sy vingers in die ‘till’ gevang word nie !?

        • Guest

          Does #black OR whites lives (in this case) really matter# ? Daar sit die 2 mans van die kis-geval steeds agter tralies. Wat het in hul geval reg of dalk verkeerd? geloop dat geen brande gestig is nie? Dwaal dalk nou bietjie af van die onderwerp af, maar kan jy my ‘n antwoord gee daarop?

          • sussie se vissie

            Simplisties:-
            Een enorme landdros van UWK….en n verdedegingspan van Venda.
            Beide geskool in BA-regte.
            Sonder Latyn.
            Ecce Romano!!!
            LLB – is Low Life Beginners.
            Go figure.

          • Guest

            Quia non tantum in hoc statu ad Latinam adiuvet

          • besoeker

            Feite feite! Nie soos jy op Amren geskryf het nie.

            Jackson and Oosthuizen were denied bail by Magistrate Jongilizwe Dumehleli in the Middelburg

            Jongilizwe Emmanuel Dumehleli | Facebook

            Nelson Mandela Metropolitan University Faculty of Law

            Class of 2005

  • Vicky

    Ek hoop daai Sionistiese Anthony-kloek wat my so verpes op praag het ons nou verlaat.

    • sussie se vissie

      Skeer jou okselhare.

  • Hans Onrust

    “Wanneer wit mense deur swartmense vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie andersom is, noem die ANC dit rassisme. Dit is onaanvaarbaar.”

    Gaat hier, in extreem nalatige volksvijandige moordende EUSSRepubliek Nederland net zo. Al 50 jaar.

    Vorige week werd de 16 jarige Nick Bood in Zaandam doodgestoken door een bende moslims.
    Hij ging uit (kuier) met zijn 18 jarige stiefbroer en zij werden door een groep achterlijke schizofrene bewapende moslims uit elkaar gejaagd en vervolgens werd Nick doodgestoken.
    Tot op hedengGeen woord door falende politie(k) en media de linkse asielmaffia over de de daders na de zoveel duizendste moord op Nederlanders door onverantwoord naar binnen gelogen totalitair verplichte ‘naasten’.
    Alle medeplichtige boosaardige energie gaat juist zitten in het weghouden van de verschrikkelijke feiten.

    Sinds de jaren ’60 worden eindeloze rijen slachtoffers en families in de kou gelaten of krijgen van de schijnheilige misdadige volksvijandige inhumane roverheid een systematische trap na.
    https://www.noordhollandsdagblad.nl/zaanstreek/honderden-lopen-mee-fakkeloptocht-voor-doodgestoken-nick-bood-video

    Overigens is discriminatie tegen blank bij de politie(k) de standaard wat zich weerspiegeld met smerige brutale termen als ‘positieve discriminatie’ ! Al lijkt er nu, met een beetje goede wil, voor het eerst sinds 50 jaar systematisch anti blank RACISME een greintje bezinning waar te nemen nadat weer een climax is bereikt bij personeelswerving.
    http://www.ad.nl/nieuws/politie-slaat-door-met-positieve-discriminatie~a0ef5edc/

  • Ou Transvaal

    Ons kan slegs bespiegel hoeveel Rassiste deur hierdie demokratiese uitdrukking van ingebore haat veroorsaak is , natuurlik met die veronderstelling dat mense wat nog nie nugter gedink het oor die NSA en toe deur hierdie voorvalle geraak is .
    Die TSWANA’S en SOTHO’S in die omgewing het ook duidelik hulle lojaliteite gewys as anti-wit , so kies almal ‘n span !

    • Guest

      Dit werk visa versa.