Borgaansoek-uitspraak van Coligny-boere vandag verwag

Deel op

Uitspraak word vandag verwag in die borgaansoek van twee wit boere wat van moord op ‘n tienerseun van Coligny in Noordwes aangekla word.

Die swart gemeenskap wat klaarblyklik nie tussen oorsaak en gevolg kan onderskei nie, het die hotel op die dorp afgebrand om druk op die owerhede te plaas om die twee wittes skuldig te bevind.

Pieter Doorewaard en Philip Schutte word beskuldig van die moord op die 17-jarige Matlhomola Mosweu, wat tot gewelddadige betogings en brandstigting in Coligny gely het.

Die twee sê hulle het Mosweu gevang nadat hulle hom en nog ’n seun in hul werkgewer se sonneblomland gesien het. Die ander swarte het glo weggehardloop.

Die twee sê die swart tiener het van hul bewegende bakkie afgespring. Die staat het met ‘n dranksugtige getuie vorendag gekom wat beweer die beskuldigdes het Mosweu “ontvoer, met ’n vuurwapen gedreig en van die bakkie afgegooi”.

Doorewaard en Schutte staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en regsverydeling.

Intussen het die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, en die LUR vir onderwys, Sello Lehari, Sondag Mosweu se begrafnisdiens saam met vriende, familie en hooggeplaastes bygewoon. In plaas daarvan om die gemeenskap te kalmeer, het hulle olie op die vuur gegooi.

Mahumapelo het gesê die hof moet kyk hoe Mosweu dood is. Hy het ook gewaarsku dat as “geregtigheid” nie geskied nie, sal die gemeenskap aanhou onluste pleeg.

Sy woordvoerder, Brian Setswambung, sê die premier vra die gemeenskap om te wag vir die hof se beluit of borg toegeken sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.