Pa se waarskuwingskote red jong meisie van swart aanvallers

Deel op

‘n Jong sekretaresse van Heilbron in die Vrystaat is dankbaar sy leef nadat gewapende swart aanvallers haar verlede Dinsdag oorrompel en beroof het.

Tammie Watson sê dit was ‘n nagmerrie-ervaring. Sy het omstreeks 19:15 by die huis aangekom. ‘n Gewapende swartman het op haar afgepeil nadat sy uit haar motor geklim het. Sy het geskreeu. Hy het ‘n vuurwapen teen haar gesig gedruk en haar mond toegedruk.

Hy wou weet hoeveel geld en hoeveel mense in die huis is. Hy en nog ‘n gewapende man wou Watson die huis in dwing. Sy sê ‘n derde swarte het by die hek gewag en nog ‘n swarte het in ‘n motor gesit.

Sy sê dit is dieselfde motor wat vroeër die middag voor haar gery het. Watson se pa het deur ‘n skuifdeur van die huis gesien wat gebeur. Sy het vir hom geskree om nie uit te kom nie. Hy het die skuifdeur vinnig gesluit, sy vuurwapen gaan haal en ‘n waarskuwingskoot vanuit sy slaapkamervenster afgevuur.

Al wat deur haar gedagtes gegaan het, is dat hulle haar gaan skiet. “Toe hulle my pa sien, het ek hulle gevra om nie my pa te skiet nie.”

Sy sê ná haar pa se eerste waarskuwingskoot het een van die gewapende mans se fokus verskuif na haar pa toe wat aan die anderkant van die skuifdeur in die huis was. Hy het na haar pa gemik. Sy sê die ander gewapende man het haar van agter om haar nek gegryp.

Sy het gedink die rowers het haar geskiet toe sy haar pa se waarskuwingskoot hoor, maar “toe kyk ek en sien ek staan nog”. Sy was lam van die skok. Watson sê haar kat was by haar voete terwyl die mans haar gedreig het en die huis wou in dwing. Hulle het haar kat geskop en wou ook hul honde skiet wat een van die aanvallers wou aanval.

Watson sê hulle het haar in hul motor probeer dwing waarna haar pa weer ‘n waarskuwingskoot afgevuur het. Hulle het geskrik, haar selfoon gegryp, haar op die sypaadjie neergegooi en weggejaag. Sy het die voorval by die polisie op Heilbron aangemeld.

Volgens Watson is dit slegs genade van Bo dat alles uitgewerk het en dat sy en haar geliefdes nie ernstig beseer of doodgemaak is nie. Sy is nog erg getraumatiseerd en sukkel steeds om snags te slaap. “Dit is vir my ‘n nagmerrie.”

Sy sê ‘n mens verwag nie dat aanvalle van dié aard op klein plattelandse dorpies gebeur nie en wil mense graag waarsku dat gewapende rooftogte by huise op kleiner dorpies in landelike gebiede ‘n werklikheid is.

Bron: OFM Nuus

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.