Zuma moet koes vir woedende skare in Limpopo

Deel op

President Zuma se verskyning by beplande saamtrek met inwoners van Vuwani in Limpopo, moes afgelas word, nadat die president besluit het om weg te bly van ‘n vyandige skare wat hom ingewag het.

Die Presidensie sê die teenkanting van die skare teen die president, was nie verteenwoordigend van die hele gemeenskap nie, want net ontevredenes oor die nuwe munisipale afbakening was by die byeenkoms.

Die Presidensie het ‘n verklaring uitgereik nadat Zuma daarteen besluit het om oproerige inwoners van Vuwani te gaan toespreek.

Hulle sê die saamtrek was nie verteenwoordigend van almal nie, omdat die bywoning meestal bestaan het uit diegene wat gekant is teen die nuwe munisipaliteit.

Vier mense is in hegtenis geneem toe gefrustreerde inwoners, wat lank op Zuma gewag het, motors met klippe bestook het en minstens twee voertuie van die SABC ook beskadig.

Zuma het wel vroeër die plaaslike brandweerstasie besoek om met lede van die Pro-Makhado-taakspan, kerk- en tradisionele leiers, asook sakelui en die jeug te vergader, waarna hy vertrek het.

Twee voertuie van die SABC se vensters is gebreek en Zuma wou dit nie naby by die Nandoni-sportterrein waag nie.

Inwoners het ure lank in ‘n volgepakte tent op hom gewag en het later oproerig begin raak.

Zuma sal glo teruggaan vir ‘n besoek aan Vuwani in Limpopo om met álle gemeenskapslede te vergader oor die krisis met munisipale afbakening. Die gebied word reeds maande lank deur etniese onrus geteister.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.