Coligny-twee hoor vandag oor borg

Uitspraak in die borgtogaansoek van die twee mans van Coligny in Noordwes sal na verwagting vandag gelewer word. Pieter Doorewaard en Phillip Schutte is aangekla na die dood van ‘n 17-jarige swart tiener.

Die twee sê die swart seun, wat agterop die bakkie was, het afgespring van die bewegende voertuig terwyl hulle met hom na die polisiestasie onderweg was en sy nek gebreek. Hy is betrap toe hy na bewering sonneblomme gesteel het.

Maar ‘n getuie beweer die twee het die swart tiener van die bakkie “gestamp”, ‘n hoogs ongeloofwaardige bewering aangesien die bakkie sou moes beweeg sonder ‘n bestuurder.

Woensdag het Jeremiah Modisane aan die hof gesê die tiener het van die gesig en ore gebloei, maar het nog geleef toe hy op die toneel aankom. Hy is glo in die hospitaal dood.

Intussen het Mosweu se pa, Sakkie Dinkgane, gesê sy seun se begrafnisdiens sal Sondag gehou word. “Hy het my vertel dat hy na die hoërskool ‘n verkeersbeampte wou word. Dit was die soort werk wat hy liefgehad het,” sê Dinkgane.

Die staat is gekant teen borgtog en sê indien die beskuldigdes vrygelaat word, sal dit weer tot onrus in die omgewing lei.

Owerhede in Johannesburg het motoriste intussen aangeraai om die Goue Hoofweg en die K43 in Lenasia Suid te vermy weens oproer in die gebied.

Dit is nog nie duidelik waaroor dié lokasie klipgooi nie. Geen berigte òf gerugte van wit Afrikanermans in die omtrek wat een of ander versinde misdryf begaan het, het nog opgeduik nie.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar sê die gebied is nie veilig vir enige motoriste nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.