Italiaanse aanklaer sê smokkelaars en liefdadigheid het migrasie krisis geskep

Noordelike Liga betoog teen immigrasie in Milaan; Matteo Salvini

Volgens die vlugtelinge-agentskap van die Verenigde Nasies (UNHCR) het sowat 182 000 migrante in 2016, nog ‘n rekordjaar, Italië binnegedring omdat ‘n Italiaanse aanklaer sê mensehandelaars werk nóú saam met NRO’s om die krisis te skep.

Hierdie syfer sluit slegs diegene wat amptelik geregistreer is deur Italiaanse amptenare of NRO’s en nie die massiewe golf van immigrante wat onwettige toegang verkry het nie.

Die oorgrote meerderheid van buitelanders in die EU is onwettige, ongedokumenteerde immigrante, want in 2016 is slegs 2,65 persent van die immigrante in Italië asiel as vlugtelinge toegeken, oftewel 4 808 gevalle.

Die leier van die Noordelike Liga, ‘n nasionalistiese politieke party, Matteo Salvini, het aangekondig dat hy ‘n saak teen regeringsleiers sal bring vir die bevordering van onwettige immigrasie in die land.

“Dit is nou duidelik dat onwettige immigrasie georganiseer en gefinansier word. Daarom het ons besluit om ‘n saak teen die regering, die president van die Raad, die ministers en die bevelhebbers van die vloot en die kuswag aanhangig te maak,” het Salvini gesê.

‘n Beroemde Italiaanse aanklaer het die regering in die openbaar beskuldig dat hulle “mensehandelaars help” om die land se ekonomie te ondermyn. Carmelo Zuccaro, het aan Rai 3, ‘n staatsbeheerde TV-kanaal, gesê dat nie-regeringsorganisasies met hul soek-en-redding-sendings onwettige immigrasie uit Libië aanmoedig.

Zuccaro is ‘n swaargewig in Italië, wat georganiseerde misdaad daadwerklik bestry. Hy het van Italië se mees berugte Mafia-misdadigers lewenslank tronk toe gestuur, ‘n dapper daad te midde van doodsbedreigings, moorde op sy kollegas asook sy familie.

Zuccaro het in ‘n onderhoud met die koerant La Repubblica Vrydag gesê die bewerings het van geloofwaardige bronne gekom en het politici aangespoor om dadelik op te tree. Salvini het Zuccaro geprys en gesê dat NRO-werknemers wat betrokke is by die soek-en-reddingsdienste “gearresteer moet word” en hul skepe “gesink” moet word.

Verlede jaar het Salvini gekla dat die dele van Italië se mees bevolkte stad “nie Italië of Europa meer is nie” as gevolg van die “georganiseerde inval” in Milaan. “Ek het vanoggend in Milaan geloop, en sommige dele van die stad is nie Italië of Europa nie. Dit word heeltemal beheer deur immigrante.

“Die probleem is om ‘n georganiseerde inval wat die etniese suiwering van Italianers en Europeërs veroorsaak, te stuit. In ‘n jaar sal ons praat oor honderde duisende mense wat aankom.”

Die helfte van die immigrante wat in Italië aangekom het, sowat 90 000, het nooit om asiel gevra nie, en het as ongedokumenteerde immigrante verdwyn, wat in Italiaans as “clandestini” bekend staan.

Ten spyte van die feit dat die oorgrote meerderheid immigrante in Italië asiel geweier is, is minder as 5 000 in 2016 gedeporteer.

Die eerste kwartaal van 2017 het ‘n toename van 30 persent in instromers getoon vergeleke met dieselfde tydperk in 2016. Italië het in ‘n enkele naweek meer as 8 500 migrante oor Paasfees ontvang.

Meer as 140 000 immigrante is verlede jaar in Italiaanse skuilings gehuisves, ‘n sewevoudige toename van 2013, met die immigrantekrisis nou in sy derde jaar.

Intussen het ‘n ekonomieprofessor in Duitsland bevestig dat twee derdes van vlugtelinge wat in die EU aankom, ongeletterd is, sonder die vermoë om werk te vind en sodoende die land se ekonomie saboteer.

Ludger Woessmann, ‘n professor in ekonomie aan die Universiteit van München, het aan die Duitse tydskrif Zeit gesê 65 persent van Siriese vlugtelinge is ver onder internasionale standaarde wat basiese lees- en skryfvaardighede betref, en kan werkloosheidskoerse deur die dak dwing asook die vraag na maatskaplike welsynstoelaes.

“Met twee-derdes as funksioneel ongeletterd beskou in ooreenstemming met internasionale onderwysstandaarde, is dit die nodige opleiding om plaaslike besighede te bestuur wat meestal ontbreek,” sê Woessmann.

“Ons moet onsself voorberei dat die meerderheid jong vlugtelinge sal misluk in hul drie jaar opleidingskursusse wat ‘n hoë vlak van teorie bevat,” sê Woessmann. “Sewentig persent van die vlugtelinge uit Sirië, Afghanistan en Irak wat twee jaar gelede begin het, het reeds uitgeval.”

Die berig wat u hier gelees het is uniek in Afrikaans. Dit is spesiaal nagevors vir PRAAG wat die nasionalistiese tendense in Europa ten nouste volg. Help ons asseblief om dit vol te hou deur aan te sluit!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.