Dokumente gelek wat wys Macron steek geld in buiteland weg

Deel op

Dokumente is Donderdag gelek wat onthul dat die Franse presidensiële kandidaat Emmanuel Macron moontlik geld in die buiteland wegsteek.

Macron het ‘n bedryfsooreenkoms aangegaan vir ‘n beperkte aanspreeklikheidsmaatskappy (LLC) in die Karibiese eiland Nevis en die maatskappy kon dalk ‘n sakeverhouding gehad het met ‘n bank wat vroeër betrokke was by belastingontduiking in die Kaaimanseilande, het Disobedient Media berig.

Inligting oor maatskappy-eienaars is nie algemeen beskikbaar nie, aangesien Nevis deur Bloomberg beskryf is as een van ‘n aantal gewilde belastingparadyse in die Karibiese Eilande.

Forbes het berig dat die betrokke bank as ‘n fasiliteerder van belastingontduiking in 2013 betrokke was. Dit is ook deur Reuters as ‘n speler in bedrog aangewys wat verband hou met die skandale van die Internasionale Sokkervereniging van 2015 (FIFA).

Macron het minder as ‘n maand gelede beweer dat hy nie bates wegsteek of geheime buitelandse rekeninge het nie.

Die eerste dokument is ‘n bedryfsooreenkoms opgestel op 4 Mei 2012 om “La Providence LLC” te vorm onder die 1995 Nevis Limited Liability Company Ordinance. Macron se naam en handtekening verskyn op die dokument.

La Providence is die naam van Macron se voormalige hoërskool in Amiens, waar hy sy heelwat ouer onderwyseres – nou sy vrou – romanties bevriend het op die tere ouderdom van 15, iets wat normaalweg tronkstraf vir haar sou beteken het.

Die besluit om ‘n maatskappy in Nevis te vorm, laat die vermoede ontstaan van belastingontduiking, aangesien die Nevis Confidential Relationship Act die bekendmaking van inligting verbied en die geheimhouding en privaatheid van buitelandse LLC’s in Nevis waarborg.

‘n Tweede dokument is ‘n brief gestuur aan La Providence Ltd van die First Caribbean International Bank, wat ‘n sakeverhouding met Macron se LLC aandui.

First Caribbean International Bank is daarvan beskuldig dat hulle belastingontduikers in 2013 gehelp het, en dit het geblyk dat ‘n verteenwoordiger vir First Caribbean persoonlik ‘n tjek van ‘n FIFA-beampte ontvang het en daarna teruggekeer het om dit in ‘n rekening in die Bahamas te deponeer, het Reuters berig.

In April het Macron ontken dat hy buitelandse rekeninge of geld van die Franse owerhede wegsteek. Francois Fillion was nie so gelukkig nie. Hy het na bewering sy bod vir die presidentskap verloor weens beweringe oor korrupsie.

As dit as outentieke dokumente bevestig word, sal Macron ‘n paar verduidelikings moet gee. Maar die hoofstroommedia staan bankvas agter hul kandidaat Macron en het ‘n striemende aanval teen die Front National geloods enkele dae voor die laaste stemmery.

Aanklaers in Parys het ‘n ondersoek teen Marine Le Pen geopen oor die “leuens” en “laster”, maar dit is nie duidelik waaroor hulle haar wil aankla nie. Sy het slegs tydens die laaste debat met haar teenstander opgemerk: “Dit sal jammer wees as ons ontdek dat jy ‘n geheime rekening in die Bahamas het.”

‘n Woordvoerder van die Macron-veldtog, het gesê hulle gaan almal aankla wat hierdie inligting versprei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.