Trump se skoonseun steek bande met Soros weg

Dit lyk asof die VSA deur 'n onverkose president gelei word ten behoewe van 'n ander land
Deel op

Jared Kushner, president Trump se skoonseun en senior adviseur, het die eienaarskap van ‘n eiendomsbelang wat verband hou met George Soros, volgens die Wall Street Journal nie bekend gemaak nie.

In sy openbaarmakingsvorm wat vroeër vanjaar geliasseer is, het Kushner Cadre nie as een van sy honderde bates geïdentifiseer nie. Die koerant het sy Cadre-belang geïdentifiseer deur middel van ‘n oorsig van sy bates, asook onderhoude met mense wat bekend was met die maatskappy en Kushner se finansies.

In hul oorsig van Kushner se bates het die WSJ opgemerk dat Kushner se Cadre-betrokkenheid “die senior Withuis-amptenaar tans ‘n sakevennoot van Goldman Sachs en miljardêrs, insluitende George Soros maak.

Kushner het ook nie ‘n aantal lenings bekendgemaak nie “ten bedrae van minstens $1 miljard, van meer as 20 leners,” ook uit die buiteland en Kushner “het ook persoonlike waarborge op meer as $300 miljoen van die skuld verskaf.”

Cadre het ‘n kredietlyn van $250 miljoen gekry van die familiekantoor van George Soros, ‘n top-demokratiese skenker. Soros se familiekantoor is ook ‘n belegger in Cadre. Kushner, wat met Trump se dogter, Ivanka, getroud is, was nie eerlik oor sy sake met Soros nie.

Kushner se prokureur het gesê sy kliënt is tans besig om sy openbaarmakings te hersien, in wat kennelik na ‘n poging lyk om die skelmstreke toe te smeer. Kushner het meer as 200 bates behou. Soos sy skoonpa, het hy geweier om hierdie bates in ‘n blinde trust te plaas, iets wat etiek deskundiges beskou as die beste manier om botsings van belange te vermy.

Christian Lammert, ‘n professor in die politieke wetenskap aan die Universiteit van Berlyn se John F. Kennedy-instituut, het gesê dat nepotisme ernstige politieke gevolge kan hê nadat die Duitse minister van buitelandse sake Sigmar Gabriel opgemerk het dat lede van die Trump-familie wat nog nooit verkies is nie, skielik verskyn “as amptelike staatsverteenwoordigers”.

Ivanka Trump, die Amerikaanse president se dogter het die Amerikaanse regering verteenwoordig tydens die Berlynse beraad “en dit is eintlik baie problematies,” het Lammert aan DW gesê.

Lammert het gesê Trump het sy Withuis met familielede gevul op ‘n manier wat tot korrupsie kan lei. “Familielede word in sleutelposisies sonder dat hulle verkies is, aangestel – posisies wat hulle toelaat om invloed te uit te oefen terwyl dit terselfdertyd implikasies het vir hul private besighede,” het Lammert gesê. Hy het byvoorbeeld daarop gewys dat pres. Trump se belastingplan vir hom en sy gesin ‘n groot voordeel sal wees en dat Ivanka en haar man, Jared Kushner, vergaderings met buitelandse politici hou in lande waar hulle ook sake doen.

Die Kushner-maatskappye het ook bevestig dat hulle ‘n “lang verhouding” gehad het met twee groot Israeliese banke, Bank Hapoalim en Bank Leumi.

Die Trump-administrasie het ‘n ondersoek na die VSA se departement van justisie geërf vir bewerings dat Bank Hapoalim Amerikaanse kliënte gehelp het om belasting te ontduik. Bank Leumi het na bewering gehelp om Amerikaanse belastingpligtige kliënte se geld vanaf 2002-2010 weg te steek en het in 2014 ‘n skikking met die departement van justisie bereik om $400 miljoen in boetes te betaal.

Terwyl Kushner se geskiktheid vir die rol in die Midde-Ooste se diplomasie vrae ontlok, het Trump aangehou om te beklemtoon dat sy skoonseun sal werk om ‘n vredesooreenkoms in die Midde-Ooste te bemiddel. Trump het van sy skoonseun waargeneem: “Ek bedoel, hy ken dit so goed. Hy ken die streek, ken die mense, ken die spelers.” Dit beteken waarskynlik eerder dat Trump minder as niks weet nie en dat hy daarom dink sy skoonseun is geskik.

Israeliese premier Benjamin Netanyahu is so ná aan die Kushners dat hy een keer in Kushner se kinderbedjie geslaap het, volgens ‘n New York Times-profiel van Kushner.

Na nagenoeg drie maande in die regering is die Trump-raadgewer Steve Bannon uitgeskop deur Kushner en het hy nou klaarblyklik ook van Sebastian Gorka in die Nasionale Veiligheidsraad ontslae geraak. Die teenterrorisme-raadgewer Gorka word verdink van sy beweerde bande met “anti-Semitiese groepe” in Hongarye.

Hierdie nuusberig is uniek in Afrikaans. Dit is nagevors vir ons webblad. U sal dit nie elders te lese kry nie. Steun ons asseblief om deurentyd sulke kwaliteitberigte te kan lewer!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.