Marxiste se warm lug oor Marikana baar leë huise

Deel op

Voltooide HOP-huise in Marikana wat deel was van die Noordwes Departement van Plaaslike Regering en Menslike Nedersettings se vlagskip behuisingsprojekte staan nou al vir meer as ‘n jaar en stof vergader.

Die polisieslagting van mynstakers by Marikana is vir weke lank deur Marxiste vir propagandadoeleindes gemelk, maar kennelik het die myne genoeg vergoeding uitbetaal aan die slagoffers dat die HOP-huis-pasellas oorbodig was.

Die nasionale Departement van Menslike Nedersettings het in ‘n antwoord op ‘n vraag in parlement verlede maand gesê altesaam 252 huise wat die “behuisingsnood” in Marikana moes aanspreek, is gebou.

Dit blyk nou dat daar baie warm lug oor die sogenaamde nood was na die plek vir weke in die nuus was.

Die provinsiale departement het in ‘n media verklaring gesê twee behuisingprojekte – wat in Uitbreiding 2 in Marikana aangepak is, sou na verwagting reeds in December 2015 voltooi gewees het.

Die presiese getal huise wat nou leeg staan is deel van die Gemeenskapsbehuising-projek wat ontwikkel is op ‘n stuk grond van 50 hektaar wat deur Lonmin aan die gemeenskap geskenk is.

Sowat 860 gedienste erwe was reeds op die grond uitgelê. In Augustus 2015 het die die departement gesê al die basiese dienste vir die uitbreiding is toe al reeds aangelê. Redes vir die leë huise is nie verskaf nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.