Swart sepie saai episode uit waarin 2 wittes swarte lewend begrawe

‘n Swart sepie op SABC3 het die afgelope week ‘n episode uitgesaai waarin twee wit mans, albei Afrikaners, ‘n swarte aanval en lewendig begrawe.

Thandi Smith, hoof van Media Monitoring Africa se mediabeleidprogramme het aan 702 gesê, dit is heeltemal gepas om dié geweld op TV uit te saai want dit is die begin van ‘n “gesprek oor rassisme”.

Die skrywer van die reeks beweer sy is baie gelukkig oor die reaksie van kykers ook omdat hulle “rassisme” behandel, maar sy is nie bewus van klagtes wat by die Uitsaaiklagtekommissie gelê is nie.

Peterson Mogola sê die storie is soortgelyk aan wat werklik in Suid-Afrika gebeur. “Dit is soortgelyk aan ‘n voorval wat al in Suid-Afrika gebeur het.”

Willem Oosthuizen en Theo Jackson word daarvan beskuldig dat hulle ‘n swarte in ‘n doodskis wou begrawe. Die twee is van ontvoering en aanranding aangekla en sal van 26 tot 29 Junie verhoor word.

In die sepie-episode wil die swarte sy vader se graf op ‘n plaas besoek, maar die eienaars, twee wit mans, koggel hom met bobbejaangeluide en daarna slaan hulle hom en poog om hom lewend te begrawe.

Die vervaardiger van die Isidingo-reeks is Endemol, wat blykbaar bekommerd is oor die dalende kykergetalle van die reeks.

Na wat verneem word het die SABC glo nie meer geld om die akteurs van die reeks te betaal nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Maus

    Party Afrikaanse akteurs is natuurlik ook so verlee oor ‘n joppie hul sal enigiets doen.

    • Johann Schutte

      Die meeste van hulle sal oor hul voete val om dit verniet doen. Die Afrikaner is met passie sy eie vyand, op elke moontlike vlak denkbaar. Bevordering van sy eie dood word paradoksaal sy hoofbestaansrede.

      Ek is uit SA weg om hoofsaaklik hierdie rede.

      • sussie se vissie

        Hoekom sou dit wees…hierdie drang tot selfvernietiging – meen jy?

        • Johann Schutte

          Perversie van swaar behaalde evolusionere voordeel. Een van die konstrukte in terme waarvan mense stratifiseer, is empatie/nurturance, d.w.s. die gerigtheid op die welsyn van jou nasate en naaste. Ek het `n sterk vermoede dat in menslike spesie-verband jy `n korrelasie sal kry tussen binneboudvelkleur (daar waar die son nie skyn nie) en empatiese gesindheid/gewete. Mense met hoë empatie is maklik tot ekstreme skuldgevoelens manipuleerbaar. ‘Immigrants welcome’ en Amy Biehl is delusionele vorme van hierdie verskynsel. Ek het elders ook iets daaroor geskryf.

          ‘Alle spesies (van virus tot mens, en jy ook!) het drie take/verantwoordelikhede:

          (a) Oorlewing, wat in die mees basiese vorm beteken om skadelike omgewings te vermy en lewens-ondersteunende omgewings uit te soek. In die mees primitiewe vorm kom dit daarop neer om naby kos en water te wees, en omgewings waar dit nie natuurlik voorkom nie, te vermy. Dit is die evolusionere basis vir die sogenaamde pyn/plesier beginsel, m.a.w. `n bipolariteit.

          (b) Voortplanting, want alle lewensvorme se bestaan is temporeel beperk. In die hoër lewensvorms ontstaan versorging van bestaande afhanklikes, naas eenvoudige en limietlose seksuele reproduksie as strategie. M.a.w. dis ook `n bipolariteit met bevrugting sonder berekening van versorgingsvereistes op die een punt van die kontinuum, en prioretisering van versorging (nurturance), op die ander.

          (c) Interaksie met die omgewing, oftewel adaptasie. Dit kan passief of aktief kan wees, m.a.w. weereens `n bipolere faktor.

          Die manier waarop hierdie drie bipolere elemente na vore kom en interakteer is die basis vir individuele persoonlikheid en patrone binne die gemeenskap.

          Bv., iemand met groter toleransie vir ongemak, verhoogde aktiewe adaptasie, en wat gerig is op versorging, sal meer waarskynlik suksesvol wees as `n pionier vanaf gemaklik na ongemaklike omgewings, soos ons voorvaders was. Daar is verdere implikasies – As basiese lewensmiddele verminder, verklein die teelfrekwensie binne die gemeenskap. As gevolg hiervan bestee moeders meer tyd in aktiewe versorging van hulle kinders, wat lei tot `n evolusionere verhoging in ontwikkelingstempo en intelligensie.

          Die wat meer simpatiek/nurturing was het dan ook `n groter bydrae gelewer tot oorlewing van die spesie. Sodoende het die gemeenskap mettergaande tot algemene groter empatiese toesig oor homself geraak met reels/regulasies. Daar is bv. aanduidings dat die oermense wat honde kon makmaak (wat simpatie/intelligensie vereis) `n baie beter kans op oorlewing gehad het as die wat nie kon nie.

          Dink aan die trope versus Europa: gemak (warm, baie kos), vele kinders met min versorging, en passiewe adaptasie, teenoor ongemak (koue, minder papaja wat val en opgetel kan word), minder kinders (want daar is minder kos en meer beskutting is nodig), en aktiewe aanpassing (hout soek, vuur maak, beskuttings bou).

          Dis alles goed beskryf in die sielkunde, veral Millon se teorie.

          PS. Kan jy sien hoe hulle ons swaar behaalde evolusionere voorsprong kanselleer? Hedonisme, gemak, egosentrisme, passiwiteit is die wagwoord. Ons word algaande terug trope toe geherder.

          PS2. Hulle draai ook ons swaar behaalde evolusionere voorsprong teen ons. Skuldgevoelens en skaamte is perversies van simpatie en nurturance.’

          • besoeker

            Twak.

          • sussie se vissie

            Dki Johann,
            Verklaar dan net:-
            i – “As basiese lewensmiddele verminder….verklein teelfrekwensie…..etc etc.” ( Somalie en Ethiopie of basies enige flapkop-land in Afrika dan ??? )
            ii – Indien bg in ag geneem word, is al wat die vroulike aantelers doen om hul gebroedsel ‘aktief te versorg’ en te pamperlang. Waar mis ek die punt om te verneem dat hierdie ‘vertroeteling’ noodwendig lei tot n ‘verhoging in ontwikkelingstempo en intelligensie ( VAN ALLE DINGE !!? )
            iii – Of beteken dit in kort die letargiese houding vd Afrikaner tans – spruit uit n era/dekades van n ‘spoilt brat mindset’?
            Jammer. Volg nie lekker nie.

          • Johann Schutte

            Ek het gereageer, maar om een of ander rede moet dit nou eers deur die Webfuhrer goedgekeur word.

    • Antonie Geyser

      die een ‘boer’ was ‘kitte’ wat in n hospitaal sepie gepeel het, sy karakter is oor die kop geslaan

  • Vicky

    Jaaaa, Afrikaners het in die 90s te lekker films gekyk waar Duitsers so uitgebeeld word, kry vir julle.

    • Riaan Slabbert

      Eerste keer dat ek jou hoor stront praat. Eks teleurgesteld…

      • Edkrause

        Lyk my sy probeer iets waaroor sy eintlik sleg voel, te rasionaliseer. Iets soos verraad……

        • Vicky

          Enigstes wat verraad pleeg is die met platforms – soos Dan en Steve en destyds PW Botha – wat weier om die VOLLE waarheid te praat.

          • Edkrause

            Aha… nie jou sin gekry nie! Nou is sy bitter. Wou se iets het gebeur. Ai tog, al hierdie intriges! LOL!!

          • Vicky

            Ons ras kry nie sy sin nie.

          • sussie se vissie

            Kom dit by geslag….lyk dit n ent erger.
            PS.
            Waar’s Kevin?

          • Vicky

            Kevin? Jy bedoel seker Albert. Sussie, jy is nuut op praag. En jy is baie pikkerig teenoor mede trolle. Bang vir kompetisie?

          • sussie se vissie

            Duidelik nie lank genoeg om te weet ‘Albert’ IS eintlik Kevin nie.
            IT-wereld is klein…..poppie.
            PS.
            Jy al Siemens ( in jou soeke ) probeer ?

          • Vicky

            Is Albert se regte naam Kevin? Kevin wie?

          • sussie se vissie

            Hou tog op teem.
            Jy’s n ‘oud en gesoute’ Prager.
            ‘Go figure’.
            Begin vermoed jy’s n bakvissie met n ‘crush’.

          • Vicky

            Ek het eers in Oktober 2016 op praag begin kommentaar lewer jou oningeligte vrot vis.

          • sussie se vissie

            Jou ‘eers’ verduidelik als.
            ‘Albert’ ( miskien selfs ek ? ) kom so effe langer.
            So.
            Wys my joue dan wys ek myne.

          • Vicky

            Jy is nie Albert nie, Albert se styl is baie anders.

          • sussie se vissie

            Sou hoop ek’s nie Kevin nie.
            Hy STAAN by n krip… en ek ( nes jy…hoop ek ) moet sit.
            Jy’s verveeld.
            Maak jou handig…die skottelgoed wag.

          • Maddox1

            Vicky as ek iets mag voorstel, as almal dan verraad pleeg volgens jou, hoekom begin jy nie jou eie platform , en dan kan jy mos al die waarheid praat waarvoor jou hart lus is of hoe?

          • Vicky

            Hierdie Edkrause vent het MY van verraad beskuldig. Ek is gemaklik hier op praag, my kommentare is gewoonlik die gewildste. Ek is te oud om my eie platforms te begin.

      • Vicky

        Dis waar… Baie Afrikaners wat ek geken het, het al daai Hollywood films verslind.

    • Maus

      Helaas was dit ook my ervaring. Meeste het dit maar vir soetkoek opgeeet. Gelukkig was dit darem nie al die Afrikaners nie. Min het gedink dat as Holywood en die media so oor ons kon lieg, hul dalk net so stront praat oor ander mede-muishond nasies van die (((globale elite))).

      • Vicky

        Die Boere was nooit vreeslik vatbaar vir Hollywood/drukmedia propaganda nie. Geldige punte Maus.

  • Rooikop

    So word die “meme” dat Afrikaners sleg is heeltyd deur die sabc (wat eintlik maar die anc se propaganda netwerk is) voortgesit. Die makers van hierdie storie behoort van haatspraak aangekla te word.

    • sussie se vissie

      Wel Rooies. Dan staan ek skuldig.
      Het nogal met belangstelling gekyk.. totdat ek met leedwese moes agterkom dis blote fiksie…..
      😉

      • Riaan Slabbert

        Whahahahah…. was self maar hartseer om dit uit te vind 😉

    • Rifrug

      “Die makers van hierdie storie behoort van haatspraak aangekla te word.”

      Stem saam. Maar raai wie is ‘Endemol South Africa’ se ‘Executive Chair’?

      Moeletsi Mbeki.

      http://whoswho.co.za/endemol-south-africa-8199

      • sussie se vissie

        Naam Herman Binge figureer ook sterk.
        As oud J v Riebeecker n meeloper van Derek Hanekom.

    • Maus

      Vir my is die SABC duidelik ‘n DA propaganda masjien. Daar is ‘n “deep state” vrymesselaar nes daar wat soos neute klou. Dis die ou Britse empaaier / National Scouts gespuis wat nog volstoom die oorlog verder voer teen die trekkers wat dit durf waag het om onder hul juk die binneland in weg te trek en nie berou wil toon nie.

  • Riaan

    Eerstens, Enige person wat nog SABC kyk behoort op die staduim te weet waarvoor hulle hulleself inlaat. Gaan tel gerus hoveel advertensies daar op ‘n aand uitgesaai word (DSTV inkluis) waar die “slim” swarte vir die “dom” witman moet reghelp.

    En Vicky – Ek moet saamstem met Riaan Slabbert se kommentaar

    • JDTAKL

      Die probleem is nie of jy SABC kyk nie, dit gaan oor die massas swartes wat hierdie haat-propaganda gevoer word.

  • Antonie Geyser

    ek het ongelukkig isidingo gekyk, maar daar was ander insidente soos toe n karakter op n ander keer almal wat wit is, die wit polisieman en ander wittes vrou en mans uitgeskree het dat hulle almal rassiste is, n ander keer het nina( n swart shebeen vrou) ‘maurice’ se karakter ‘white man’ genoem, maar hy is eintlik n bruinmens van onbekende etnisiteit.

  • Karel Combrinck

    Pas het regter Mabel Jansen uit haar pos bedank weens druk op haar nadat sy ‘n tyd gelede in ‘n onderhoud gesê het dat 99% van die sake wat sy verhoor te make het met kinders wat deur swart familielede verkrag word. In hierdie konteks het die Departement van Justisie ‘n verklaring uitgereik wat lui: “The escalating rate of racial incidents in the country has required government to take steps including the development of the Hate Crimes and Hate Speech Bill”. As hierdie sepie op die ANC se amptelike propagandadiens, die SABC, nie hate speech is nie, wat is dan?

  • Charl Coetzee

    Wie is die akteurs wat die rolle vertolk het?