Karel Schoeman (77) sterf, laat kriptiese selfmoordbrief na

Karel Schoeman

Die grootste lewende Afrikaanse romanskrywer, Karel Schoeman, is vandag in ‘n Bloemfonteinse hospitaal dood, vermoedelik nadat hy opgehou eet het in ‘n daad van selfgenadedood. In ‘n kriptiese brief (sien hier onder) wat bloot as ‘n “verklaring” getitel is, verwys Schoeman na ‘n poging om sy eie lewe te “beëindig” wat op die ouderdom van 75 “deur omstandighede gefnuik” is, maar dat hy nou “die saak doelgerig (wil) aanpak terwyl ek nog oor voldoende beweeglikheid, fisiese vryheid en geestelike helderheid beskik”.

Die brief, wat deur Schoeman op 27 April 2017 onderteken is, is aan PRAAG deur Schoeman se prokureur op Bloemfontein, mnr. Carl van Rensburg, beskikbaar gestel. Die datum (“Vryheidsdag”), asook die gebruik van die woord “selfbeskikking” om sy daad te beskryf, is swanger aan betekenis. As romanskrywer en letterkundige, sou Schoeman bewus daarvan wees dat sowel die datum as die gelade woord “selfbeskikking” geïnterpreteer sou word. In die laaste paragraaf skryf hy:

“Indien ek in my huidige poging slaag, is alle betrokkenes wat my betref volkome vry om met die buitewêreld daaroor te praat. Ek wil trouens hoop dat my dood daartoe sal bydra om sowel die wesenlike probleem van ouderdom as die algemene kwessie van selfbeskikking meer algemeen bespreekbaar te maak as wat op die oomblik die geval is, en bowenal dat dit sal kan help om ‘n wysiging in die huidige Suid-Afrikaanse wetgewing t.o.v. selfbeskikking teweeg te bring.”

Schoeman se testament sal vanoggend geopen word, maar die meeste van sy bates word blykbaar aan sy bediende wat hom jare lank versorg het, nagelaat. Daar sal ook geen seremonie van watter aard ook al wees nie. Sy oorskot sal veras word en die as “op ‘n onbekende plek uitgestrooi word”.

Karel Schoeman het ‘n twintigtal romans in Afrikaans geskryf, asook meer as dertig nie-fiksieboeke, hoofsaaklik van ‘n geskiedkundige of biografiese aard. Naas Langenhoven, C.M. van den Heever en enkele ander, was hy waarskynlik die mees prolifieke skrywer in Afrikaans in die meer onlangse tyd.

Hy het etlike toekennings, waaronder drie maal die Hertzogprys vir prosa, ontvang. In 2014 is hy deur die Sweedse dagblad, Svenska Dagbladet, genoem as een van die internasionale skrywers wat in daardie jaar ‘n gunsteling was om die Nobelprys vir letterkunde van die Sweedse Akademie te ontvang.

Karel Schoeman is op 26 Oktober 1939 in die dorpie Trompsburg in die Oranje Vrystaat gebore. Nadat hy by tye etlike jare in die buiteland deurgebring het, het hy hom weereens op Trompsburg gevestig, maar ook in Pretoria in ‘n ouetehuis gewoon. Tot voor sy dood was hy in Bloemfontein woonagtig, ‘n stad waaroor hy insgelyks etlike geskiedkundige werke gepubliseer het, waaronder Bloemfontein: die ontstaan van ‘n stad, 1846-1946.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Gunther Sachs joeg zich een kogel door het hoofd. Of hij ook daadwerkelijk aan Alzheimer leidde wordt betwijfeld in het volgende boek wat ik zelf heb kunnen lezen….. https://uploads.disquscdn.com/images/1ef53a628e905406f6da16f9a003505c3c9c5d909c8e3ce35d95f89449b5b6d2.jpg

    Uitdrogen(dehidrasie) is helaas maar al te vaak juist deel van medische verzorging en geeft ‘Alzheimer’ verschijnselen.
    Evenals de medicijn coctails die bij bestrijding van Alzheimer worden gebruikt.
    Uit nader onderzoek op 3000 Duitse ‘Alzheimer patiënten’ bleek 1 op 3 helemaal niet te leiden aan ‘Alzheimer’.
    De heersende drang om (oude) Duitsers en Nederlanders en Afrikaners ?!? te vervangen, is in deze tijden immens hoog.

    Te vaak is in zo’n doorsnee vijandig klimaat, zelfmoord geen zuivere ZELFmoord.

    http://www.stern.de/lifestyle/leute/-ausweglose-krankheit–gunter-sachs-begeht-selbstmord-3582100.html

    p.s. een kind kan in het leven ook als ‘last’ worden beschouwd en da’s toch een van de redenen dat we in tijden leven van industriële abortus.

  • Skisofreen

    Om met waardigheid oud te word en heen te gaan is my doelwit. As die tyd kom gaan ek valskermspring oor diep waters met haaie – minus die valskerm.