Anti-rassistiese Groene word Stockholm-terroris se vyfde slagoffer

Deel op

Die 66-jarige Sweedse onderwyseres van die omgewingsparty wat “Ons hou van verskille” op Facebook “gehou-van” het – ‘n slagspreuk wat deur multikulturele ondersteuners gebruik word – en ook ‘n foto opgelaai om diegene wat grensbeheer wil hê belaglik te maak net een dag voor die terreuraanval in Stockholm, het die terroriste se vyfde slagoffer geword.

Marie Kide (66) het die vyfde slagoffer van die terroriste van Stockholm geword, nadat sy aan haar beserings beswyk het terwyl sy nog in die hospitaal was. Kide was ‘n verkose politikus in die stadsraad van Trollhättan vir die Groen Party.

Die oop grense wat Swede se Groenparty-lede so graag wil sien, het haar haar lewe gekos. Kide was self ‘n voorstander van meer immigrasie na Swede en die transformasie van die land na ‘n multikulturele samelewing.

Haar laaste pos op Facebook was van die dag voor die terroriste-aanval in Sentraal-Stockholm op 7 April. Dit is ‘n satiriese tekening wat deur die kunstenaar Wisti gemaak is, waar hy mense uitbeeld wat strenger kontroles vir grense vra, belaglik maak omdat hulle gemotiveer word deur vrees dat hulle nie meer luukse kombuis toerusting sal kan bekostig nie.

Kide se laaste FB-pos lui: As ons ons grens nie nou sluit nie, kan ons eindig in ‘n situasie waar ons nie meer hierdie Per Moberg-snybord vir 400 euro kan bekostig nie.

Die terreuraanval in die winkelstraat Drottninggatan in Stockholm het vier mense ter plaatse vermoor en 15 ander beseer. Een van die slagoffers was ‘n elfjarige meisie wat op pad huis toe was van skool. Omdat sy gehoorgestremd was, het die kind nie vragmotor hoor aankom nie.

Kort ná die voorval het die polisie Rakhmat Akilov, 39, gearresteer, die bestuurder van die voertuig wat die voetgangers net soos in Nice, Frankryk, afgemaai het. Akilov kom uit Oesbekistan en was onwettig in Swede en was dus reeds deur die polisie gesoek. Die polisie het egter nie hulpbronne om die ongeveer 10 000 onwettige vreemdelinge van die land te soek nie.

Daar is ook ‘n gebrek aan politieke wil in Swede om die immigrasie-probleem die hoof te bied. Die Sweedse Groen Party se nalatenskap tot dusver was die bekendstelling van gratis gesondheidsorg en gratis skoolopleiding vir onwettige vreemdelinge wat in Swede wegkruip omdat hulle nie verblyfpermitte het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.