Birmingham se gevaarlike uitvoerproduk: Jihad

Die stad Birmingham in die westelike Middeland van Engeland, is die tweede mees bevolkte stad in die Verenigde Koninkryk en die agtste grootste in Europa, maar huisves ook Brittanje se gevaarlikste uitvoerproduk.

Die voormalige sentrum van die Industriële Revolusie, spog met ‘n groot en groeiende Moslem-bevolking. Vyf van Birmingham se kiesafdelings het die hoogste vlakke van radikalisering en terrorisme in die land, en dit het ongelukkig ‘n uitvoerproduk geword.

Prominente militantes wat deur die stad se ondergrondse netwerke gekom het, sluit in Abdelhamid Abaaoud, organiseerder van die aanvalle van Parys in 2015, en Mohamed Abrini, ‘n Belgiese staatsburger wat gehelp het om die aanvalle in 2016 in Brussel van stapel te stuur.

David Videcette, ‘n voormalige senior teenterrorisme-amptenaar, het gesê Birmingham het selfs ‘n beter gevestigde ekstremistiese netwerk as Londen. “Dit is ‘n besigheid vir hulle,” het hy gesê. “As ons terrorisme sê, is mense geneig om te dink dit gaan oor godsdiens. Dit is nie so nie. Dit gaan altyd oor geld.”

Hierdie jaar, in Februarie, het die Franse joernalis Rachida Samouri die stad besoek en berig oor haar bevindings in die Franse dagblad Le Figaro.

In Birmingham à l’heure islamiste [Birmingham in die greep van die Islam] veroordeel Samouri die Islamitiese enklawe. “Birmingham is erger as Molenbeek,” het ‘n Franse kommentator opgemerk in antwoord op Samouri se verslag. Die Guardian het Molenbeek in België beskryf “as Europa se jihadi-sentrum”.

Moslemvroue in die Engelse stad wat met Samouri gepraat het, het Frankryk as ‘n “diktatorskap” op grond van godsdienstige vryheid veroordeel. Hulle het gesê hulle beskou godsdiensvryheid en die skeiding van kerk en staat as “‘n verskoning vir die aanval op Moslems”. Hulle het ook gesê dat die Verenigde Koninkryk hul voorkeurland is, omdat hulle toegelaat word daar om ‘n volle sluier te dra.

In ‘n verslag van 1000 bladsye “Islamitiese Terrorisme: Ontleding van Misdrywe en Aanvalle in die Verenigde Koninkryk (1998-2015),” geskryf deur die Hannah Stuart vir Brittanje se Henry Jackson Society, word Birmingham herhaaldelik aangewys as Brittanje se voorste bron van terrorisme en hierdie terroristeplaag word na die res van die vasteland uitgevoer, nie net die Verenigde Koninkryk nie.

In die Small Heath area, waar byna 95 persent van die bevolking Moslem is, is baardmanne en vroue wat volle Islamitiese kostuums dra, oorvloedig, markstalletjies sluit vir daaglikse gebed en die winkels vertoon slegs Islamitiese klere en godsdienstige boeke.

‘n Tiener van Franse herkoms verduidelik hoe sy pa Birmingham bó Frankryk verkies, want ‘n mens kan die sluier sonder enige probleem dra en ‘n mens kan skole vind waar seuns en meisies nie meng nie. Birmingham “is ‘n bietjie soos ‘n Moslemland. Ons is onder ons, ons meng nie”.

Die Birmingham Mail-koerant het selfs gekla dat die stad die onderskeid van “Terror Central” het. Nazir Afzal, die voormalige hoofaanklaer van Noordwes-Engeland, het aan die New York Times gesê: “Die ekstremistiese denkskole lyk meer ingebed in Birmingham as in ander dele van die land.”

Maar ten spyte van die Franse voorbeeld van meer integrasie in die sekulêre Franse samelewing, is jihadiese aanvalle in Frankryk onder die ergste in die geskiedenis. Daar word bereken dat die land sowat 751 spergebiede het, wat sogenaamde “zones urbaines sensibles” genoem word, plekke waar uiterste geweld plaasvind terwyl wetstoepassers, brandweermanne en ander openbare agente nie durf waag om in te gaan nie uit vrees vir meer geweld.

Die Noorse historikus en kenner op Moslem-enklave, Fjordman, verduidelik hoe die Britte die Moslem-gebiede ignoreer as ‘n gevaar van ander lande:

“As jy sê dat daar ‘n paar gebiede is waar selfs die polisie bang is om te gaan, waar die land se normale sekulêre wette skaars van toepassing is, is dit onbetwisbaar dat sulke gebiede nou in verskeie Wes-Europese lande bestaan. Frankryk is een van die moeilikste voorbeelde: Dit het ‘n groot bevolking van Arabiese en Afrika-immigrante, waaronder miljoene Moslems. Daar is nie sulke gebiede in die Verenigde Koninkryk nie, beslis nie op daardie vlak nie. Daar is Moslem-enklaves in verskeie stede waar ‘n nie-Moslem nie welkom mag wees nie; plekke wat soos Pakistan of Bangladesj en nie Engeland nie, lyk. Maar nie een van hierdie plekke is ‘n spergebied in die Franse, Duitse of Sweedse sin nie – plekke waar die polisie, ambulanse en brandweer aangeval word as hulle binnekom, en waar die enigste manier om (byvoorbeeld ‘n vuur te veg) is onder gewapende begeleiding.”

Omar Bakri Muhammed, wat mede-stigter van die Britse Islamitiese organisasie al-Muhajiroun is, het in ‘n televisie-onderhoud in 2013 erken dat hy en mede-stigter Anjem Choudary Westerse jihadiste gestuur het na verskeie ander lande.

Birmingham as ‘n geheel, met 234 000 Moslems, het 39 veroordeelde terroriste opgelewer. Die grootste enkele aantal veroordeelde terroriste, 117, kom egter van ‘n “geïntegreerde” Londen af.

Pakistanse en Bangladesjse immigrante en hul kinders is die meeste bestand teen integrasie binne die Britse samelewing. In sulke gemeenskappe praat baie van hulle vroue nie Engels nie en sê hulle verkies Islamitiese Sharia-wet bo Britse wette. In 2014 het Moslem-radikale saamgesweer om fundamentalistiese Salafi-leerstellings en -praktyke in ‘n verskeidenheid van Birmingham-skole in te voer.

Die voormalige Britse teenterrorismehoof, Peter Clarke, het in sy Julie 2014-verslag gesê: “Daar is gekoördineerde, doelbewuste en volgehoue ​​aksie, uitgevoer deur ‘n aantal geassosieerde individue, om ‘n onverdraagsame en aggressiewe Islamitiese etos in ‘n paar skole in Birmingham in te stel. Dit is behaal in ‘n aantal skole deur invloed oor die beheerliggame te verkry, simpatieke hoofonderwysers of senior personeellede aan te stel, soortgelyke persone in sleutelposisies aan te stel en om hoofonderwysers te verwyder.”

Sir Michael Wilshaw, die hoofinspekteur van haar Majesteit, het in ‘n brief aan die Staatssekretaris vir Onderwys, op 8 Julie 2016 verklaar dat die situasie “broos bly”.

Birmingham het die grootste aantal vroue wat nie in Engels praat nie, sowel as die grootste aantal moskees, 161 in die Verenigde Koninkryk. Meer as een opname het getoon dat die jonger geslagte Moslems selfs meer fundamentalisties is as hul ouers en grootouers, wat direk uit Moslemlande geëmigreer het.

Die jonger geslagte is in Brittanje gebore, maar fundamentalistiese predikers besoek die Britse Moslem-enklaves vrylik, gee lesing in moskees, Islamitiese sentrums en by jeugorganisasies.

Teen die begin van die eeu, in 2000, het die premier van Bangladesj, Sheikh Hasina, aan die Los Angeles Times vertel hoe die land hulle hordes mense gaan huisves, die verwagte verdubbeling van sy Moslem-bevolking teen 2050. Sy het geantwoord: “Ons sal hulle na Amerika stuur. Globalisering sal die probleem wegneem, aangesien jy alle produksiefaktore, ook arbeid, oopstel. Daar sal vrye verkeer wees, van land tot land. Globalisering in sy suiwerste vorm moet nie grense hê nie, so klein lande met groot bevolkings moet bevolking kan stuur na lande met groot grense en kleinbevolkings.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.