Volksmoord: LP verloor immuniteit

Deel op

Rwanda se parlement het Woensdag gestem om ‘n voormalige LP te stroop van haar immuniteit sodat sy lewenslank tronk toe gestuur kan word vir die misdaad van volksmoord, wat gespruit het uit dié land se 1994-volkslagting.

Neatrice Nirere, van president Paul Kagame se regerende Rwandan Patriotic Front is verlede naweek die vonnis opgelê deur ‘n tradisionele hof, bekend as Gacaca omdat sy die volksmoord aangehelp het.

Sy was daarvan beskuldig dat sy wapens aan jeugdiges verskaf het wat die moorde gepleeg het, en omdat sy aanvalle deur ekstremistiese Hoetoes gerig het op minderheid Toetsies en gematigde Hoetoes gedurende die slagting waarin sowat 800 000 mense vermoor is.

Die LP, ‘n voormalige streeksadjunkhoof gedurende die volksmoord, is verlede jaar tot die parlement verkies.

Rwanda se Gacaca-howe is by magte om aan die wat die volksmoord gepleeg het vonnisse te gee wat strek van gemeenskapsdiens tot lewenslank agter tralies.

кабина хамам для домаФильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.