Israeliese president vaar uit teen Marine oor kollektiewe Franse skuld

Deel op

Die Israeliese president Reuven Rivlin het op Holocaust-herinneringsdag gesê dat die tendens in Europa om misdade teen Jode tydens die holocaust nie as hoogste prioriteit te beskou nie, gevaarlik is. Die Franse het ‘n kollektiewe en ewigdurende verantwoordelikheid teenoor Jode wat vir alle komende generasies moet geld, volgens hom.

Rivlin het uitgevaar by Marine Le Pen, die nasionalistiese Franse leier wat deurgedring het na die tweede ronde van die Franse presidensiële verkiesing. Reuvlin het Maandag ‘n “oorlog” gevra het teen ‘n nuwe soort “holocaust ontkenning” van Le Pen.

“As ‘n soewereine staat wat nasionale onafhanklikheid verkry het, het ons die plig om van ander nasies en state te eis dat ons nie verantwoordelikheid moet ontduik nie,” het Rivlin gesê. “Ons moet ‘n oorlog voer teen die huidige en gevaarlike golf van holocaustontkenning. Ons moet die afstanddoening van nasionale verantwoordelikheid in die naam van beweerde slagoffers beveg.”

“Dit is ‘n ontkenning wat daarop gemik is om die politieke en morele verantwoordelikheid wat die kern van die herinnering aan die holocaust in die komende generasies moet wees, te vernietig. Slagofferskap is die mees omvattende en effektiewe manier om verantwoordelikheid te ontduik,” het hy gesê.

As slagoffers sal Europeërs onwillig wees om verantwoordelikheid te aanvaar om hedendaagse anti-semitisme, vreemdelinghaat en om toenemende nasionalistiese geweld te bestry, het Rivlin gesê. “Dit is nie ‘n ontkenning van die bestaan ​​van die holocaust nie, maar ‘n ontkenning van die onderskeid tussen ‘n slagoffer en ‘n misdadiger.”

Rivlin het sonder om direk na Le Pen te verwys, te kere gegaan oor ‘n “Franse presidensiële kandidaat” wat “Frankryk se verantwoordelikheid vir die deportasie van Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog ontken het,” het Rivlin Maandag in sy toespraak by Kibbutz Lohamei HaGeta’ot in Galilea gesê.

Rivlin het verwys na ‘n onderhoud met Le Pen op RTL-radio vroeër hierdie maand toe sy gesê het dat Frankryk nie kollektiewe verantwoordelikheid kan dra vir die 13 000 Jode in 1942 by die Vel d’Hiv fietsrystadion byeengebring is voordat hulle na die Duitse konsentrasiekampe vervoer is nie.

Le Pen is deur ander presidensiële kandidate sowel as Israel se ministerie van buitelandse sake veroordeel toe sy vroeër hierdie maand voorgestel het dat die skuld slegs aan skuldige partye toegeskryf moet word en nie onoordeelkundig aan alle Franse nie.

Verantwoordelikheid, het sy gesê, lê by dié mense wat destyds die gruweldade gepleeg het, en nie by alle Franse nie. Baie Franse wat byvoorbeeld ná die oorlog gebore is, kan nie op hierdie wyse beoordeel word nie.

Le Pen het gesê dat “as daar mense verantwoordelik is vir die deportasie van Franse Jode, is dit diegene wat destyds aan bewind was. Dit is nie die hele Frankryk nie”.

Die ministerie van buitelandse sake in Israel het haar opmerkings “teenstrydig met historiese waarheid” genoem en gewaarsku dat geslagte van Franse verantwoordelik gehou moet word vir die misdade van die holocaust. “Die ontkenning van verantwoordelikheid van die misdade wat in die dae van die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is, is die ontkenning van ‘n nuwe, meer vernietigende en gevaarlike soort ontkenning,” het Rivlin gesê.

Die president van Israel het Le Pen se opmerkings as “uniek ontstellend” beskryf en het sy land aangemoedig om nie “onheilige alliansies” met opkomende nasionalistiese partye in Europa te maak nie.

Hy het Geert Wilders in Nederland ook uitgesonder as ongewens.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.