Trump se dogter kry onwelkome ontvangs in Duitsland

Deel op

Ivanka Trump, dogter van die Amerikaanse president, is in Duitsland uitgejou toe sy probeer het om haar pa se verbintenis tot vrouekwessies te verdedig tydens ‘n vrouepaneelvergadering in Berlyn. En dit was tussen haar globalistiese geesgenote, kanselier Merkel en die gewese IMF-hoof Christine Lagarde.

Die geleentheid is geopen met die eerste dogter wat haar gebrek aan visie as adviseur in die Withuis ontbloot.

“Jy is eerste dogter – die Duitse gehoor is nie bekend daarmee nie – wat is jou rol – aan wie moet jy verantwoording doen? Jou pa, die Amerikaanse volk of jou sakebelange?” het Miriam Meckel, redakteur van die Duitse saketydskrif Wirtschaftswoche, gevra.

“Wel, beslis nie laasgenoemde nie, en ek is ook nogal onbekend met hierdie rol, omdat dit vir my baie nuut is,” het die dogter geantwoord. “Dit is nou ‘n bietjie minder as 100 dae, maar dit is net ‘n merkwaardige, ongelooflike reis.”

Maar Ivanka het nog steeds geen idee wat haar rol moet wees nie, selfs na ‘n honderd dae. “So dit is baie vroeg vir my. Ek luister, ek leer, ek definieer die maniere waarop ek dink ek sal ‘n impak hê,” het sy bygevoeg.

Die gehoor het tydens ‘n gesprek oor betaalde verlof begin sis en geboe toe sy haar vader as ‘n verdediger vir vroue begin beskryf het.

In ‘n onderhoud met Today, het die arme siel gesê Siriese vlugtelinge moet in die VSA toegelaat word, in totale teenstelling met haar pa se beleid dat hulle uit die land gehou moet word.

Die eerste dogter het ook Berlyn se Holocaust-gedenkteken besoek tydens haar eerste internasionale reis as ‘n amptelike adviseur vir haar pa, terwyl hy “Holocaust-ontkenners en antisemitisme” veroordeel het, met sy opmerking tydens die jaarlikse Herdenkingsgeleentheid in die VSA. Ivanka het haarself tot die Judaïsme bekeer voor haar 2009-huwelik met Jared Kushner. Haar man is ‘n senior adviseur van die president.

Die waarskuwingstekens dat Kushner die voorhoede van die neo-konserwatiewes was, was altyd teenwoordig. Sy media maatskappy, Observer Media, wat die weeklikse aanlyn New York Observer publiseer, het prominent verskeie neo-konserwatiewe skrywers ruimte gegee om hul onheilige menings te verkondig.

Neocon Paul Wolfowitz is nou terug in die openbare debat, aan die kant van president Trump. Die gruwel van ‘n Wolfowitz het aan die Wall Street Journal gesê Trump moet sy bombardement in Sirië met nog meer aggressie opvolg, en ruil tans privaat e-posse uit met Trump Verdedigingsekretaris Jim Mattis en nasionale veiligheidsadviseur HR McMaster, albei jarelange kontakte sedert Wolfowitz se Bush-dae.

In ‘n onderhoud met die Duitse nuusblad Der Spiegel in 2016, toe hy gevra is of Donald Trump ‘n veiligheidsrisiko is, het Wolfowitz gesê: “Ja hy is … Hy sê dat hy Poetin bewonder, dat Saddam Hussein terroriste vermoor het, dat die Chinese indrukwekkend was omdat hulle op Tienanmenplein opgetree het. Dit is redelik ontstellend.”

Wolfowitz sê hy is nou egter bly dat Trump ‘n Amerikaanse strategie van meer betrokkenheid in die Midde-Ooste sal volg. Die oorlogsargitek van die totale ellende wat Irak vandag is, het enkele weke gelede het nog steeds openlik Trump en sy familie as onbevoeg verklaar vir die presidensie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.