Swart gepeupel val trein aan in Oakland, VSA, maar media swyg

In die VSA het vyftig tot sestig jong swart mans en vroue ‘n BART-trein in Oakland, Kalifornië bestorm. Hulle het passasiers geslaan en beroof.

Die aanval het Saterdag omstreeks 21:30 plaasgevind. Dit het die Amerikaanse media ongeveer 36 uur geneem om te berig oor die aanval, maar die ras van die aanvallers is verbloem.

Swart tieners het oor die kaartjiehekke op die Coliseum Stasie-platform begin spring. Hulle het op ‘n trein afgestorm en op die passasiers toegesak. Ten minste sewe mense is beroof. Twee van die slagoffers het gesigs- of kopbeserings opgedoen.

‘n Woordvoerder vir BART sê dit is nie die eerste keer dat hulle so aangeval word nie. Die oortreders word beskerm omdat hulle glo “jonk” is.

Daar is toesigvideos van die aanval, maar dit word nie vrygestel nie. Die polisie in Oakland sê hulle kan nie die video deel nie omdat dit glo die oortreders onder die ouderdom van 18 sal uitbeeld, maar ooggetuies ontken dat die aanvallers swart kinders was.

Oakland polisie sê hulle sal die video aan administrateurs by Oakland se openbare skole en behuisingsprojekte wys.

Fruitvale-stasie, wat naby aan die Coliseum-stasie geleë is, was onlangs die onderwerp van ‘n fliek met dieselfde naam. Die fliek vertel die verhaal van hoe swartes gereeld aangeval word op die BART-trein deur “rassistiese wit polisiebeamptes” vir geen rede nie.

Die fliek is glo gemaak nadat die BART-treindiens ‘n toepassing vir slimfone uitgebring het twee jaar gelede om die groeiende misdaad op die treine te bekamp. Dit het toe duidelik geraak op die “BART Watch-app” dat swartes die misdaad pleeg en die vervoerowerhede moes haastig die toepassing sluit weens beskuldigings van “rassisme”.

Hollywood het daarna die fliek uitgebring oor “wit rassiste” om die swart midsdaad-kopseer op BART toe te smeer. Die swart misdadigers was ses keer oorverteenwoordig in die persentasie wat die vervoerstelsel gebruik.

Die Ella Baker Sentrum, ondersteun die swart misdadigers en word befonds deur die Amerikaanse Neocon-konstruksiereus Bechtel. Bechtel is die tweede grootste ontvanger van sogenaamde “heropbou-dollars” in Irak ná Halliburton.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • G

    En dit het hulle reggekry SONDER apartheid in die verlinkse nes van die rykste staat Kalifornië. Mooi man!

  • Ou Transvaal

    Laat ek raai ; treine in die VSA is vuurwapenvrye gebiede ???

  • Mattewis Kat

    Vanuit die leserskommentare oor die voorval op hulle nuus webtuistes, kan mens egter sien dat meeste blanke Amerikaners terdeë bewus is van wat daar aangaan. Hier is dit ook maar so, en natuurlik die rede dat Koos Bekker leserskommentare van sy sensasieblaaie verwyder het.

    • beeshaas

      Ja weet maar indien n koerant iets wil wegsteek sal kommentare altyd weggeneem word.