Coligny, Lichtenburg in konflikspergebied verander na gepeupel op wittes toesak

Deel op

Die gebied van Coligny in die Noordwes-provinsie is Dinsdag in ‘n konflikspersone verander te midde van gewelddadige oproer deur swart inwoners wat oorgespoel het in rassespanning in die gebied. Die lokasiebewoners protesteer oor ‘n gebrek aan dienslewering in die omgewing, maar het dit nou op die wit inwoners van die dorp uitgehaal.

Al die drankwinkels in die dorp insluitend die hotelkroeg is geplunder en twee wit woonhuise naby aan die lokasie is afgebrand.

Privaatsekuriteit is in albei dorpe wat sowat 20km van mekaar geleë is, ontplooi.

Wit huiseienaars het planne gemaak om hul eiendom te beskerm. Polisieversterkings is vanoggend vanaf Gauteng ingeroep. Die polisie gebruik rubberkoeëls om die betogers uit een te jaag, terwyl die betogers die polisiebeamptes met klippe bestook.

Daar is ‘n groot polisie teenwoordigheid in die omgewing. Teen Dinsdagmiddag was die hoofpad wat Coligny en Lichtenburg verbind, heeltemal afgesluit vir verkeer. Nelson Mandela-rylaan is ook met groot rotse en rommel versper, terwyl ‘n polisie-njala (gepantserde voertuig) aan die brand gesteek is, op dieselfde plek waar die brandstofvoorval gebeur het.

Elke vulstasie en die sakegebied word deur polisiebeamptes opgepas terwyl ‘n polisiehelikopter ook oor die gebied sirkel.

Onbevestigde berigte van botsings tussen betogers en die polisie by die nabygeleë Blydeville-omgewing is ontvang.

‘n Regeringstaakspan is intussen aangestel om die oorsaak van die onrus in die Coligny-omgewing in Noordwes te ondersoek.

Die munisipaliteit het die afgelope boekjaar gesukkel om sy werkers en diensverskaffers te betaal.

Die provinsiale en plaaslike regering het die geweld deur inwoners van Itsoseng en Blydeville by Lichtenburg en Coligny veroordeel, maar tydens die opstand was net ses polisielede ontplooi en een Njala beskikbaar.

Die polisie het Dinsdag met inwoners van die Tlhabologang lokasie slaags geraak. Swart skole is ook steeds gesluit. Die burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes, Daniel Buthelezi het aan ontevrede inwoners gesê hulle griewe oor dienslewering is nie ‘n verskoning vir die afgelope ruk se geweld nie.

Hy sê die protesoptrede is nou suiwer misdadigheid en word uitgebuit deur misdadigers vir hulle eie gewin. Buthelezi sê die betogings hou glad nie meer verband met dienslewering nie en is nou suiwer boewery. Hy sê die mense word uitgebuit en vir ander doelwitte gebruik.

Die oproer hou al die afgelope paar dae aan en was deurentyd geweldadig. Die polisie is te laat ingeroep om die wit inwoners se eiendom te beskerm, aangesien dit al lank reeds duidelik was dat die oproer en geweld ‘n verskoning vir misdaad is.

Groepe swart inwoners in Coligny het met mekaar slaags geraak. Berigte is ontvang dat skerppunt-ammunisie gebruik is om die oproerige brandstigters terug te dryf.

Die swartes het glo betoog omdat die polisie nog niemand in hegtenis geneem het in verband met die dood verlede week van ‘n ongeïdentifiseerde 12-jarige seun nie. Die oproeriges het aan EWN gesê die “wit boere” moet skuld erken voordat hulle gaan ophou geweld pleeg. “Dis baie maklik,” het een verklaar. Maar die omstandighede rondom die kind se dood is troebel.

Versinsels dat ‘n wit boer of boere vir die swart kind se dood verantwoordelik gehou word, blyk ‘n rookskerm te wees vir die misdadigheid en geweld. Ander oproeriges sê hulle pleeg geweld oor ‘n gebrek aan HOP-huise.

Die N14 tussen Ventersdorp en Lichtenburg is steeds gesluit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.