Drie swart verdagtes aangekeer na plaasmoord op Wepener

Deel op

Drie swartes verskyn na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof in verband met die moord op ‘n boer en sy huiswerker op ‘n plaas in die Wepener-distrik in die Vrystaat.

Twaalfuur net voor middagete Sondag het die polsie ‘n wenk ontvang van die plaasaanval.

Pieter Johannes Van Der Berg en Tsietso Matsabisa se lyke is deur ‘n buurman gevind, toe hy die plaas Pharoasfontein verlede Donderdag besoek het. Hulle is vermoedelik doodgeskiet.

Polisiewoordvoerder, Yanga Ngcukana, sê die verdagtes, wat tussen 18 en 22 jaar oud is, is by hul huise in hegtenis geneem nadat die polisie inligting opgevolg het.

Die polisiewoordvoerder het die ras van die verdagtes gegee toe hy hulle beskryf het as “African males”.

Die verdagtes is met vuurwapens, selfone, ‘n skootrekenar en klere gevlug.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.