Kaapstad staar groot waterkrisis in die gesig

Deel op

Daar is nog net water vir 88 dae beskikbaar in Kaapstad.

Die stad het sy teiken vir daaglikse waterverbruik tot 600-miljoen liter verminder omdat die damvlakke in die Wes-Kaap steeds besig is om te daal.

Verlede week het Kaapstad sy teiken van 700-miljoen liter per dag bereik, maar die stad sê die daaglikse verbruik is nog te hoog. Damvlakke wat Kaapstad van water voorsien staan op 22 persent.

Die burgemeesterskomiteelid vir water en energie, Xanthea Limberg sê die klimaatstoestande is onvoorspelbaar en sommige verbruikers gebruik meer water wanneer dit warm is.

Volgens haar, is dit nie volhoubaar nie en moet waterverbruik konstant wees.

Die jongste verbruik weerspieël ‘n styging van 45 miljoen liter oor die teiken.

“Inwoners moet asseblief onmiddellik water vir persoonlike gebruik verminder, tot minder as 100 liter per persoon per dag, teen die huidige verbruik is nog net 88 dae beskikbaar.”

Die laaste 10 persent van die oorblywende damwater is meestal onbruikbaar, en daarom is damvlakke effektief op 12 persent, het die stad gesê.

Die stad het ook aangekondig dat burgemeester Patricia de Lille in Junie vanjaar ‘n “fees van idees” sal hou oor waterbesparing.

By die fees kan verskaffers van groot, nutskaalse watervoorsiening en waterbesparende toerusting hul produkte en aanbiedinge met stadsamptenare deel, het die stad gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.