Motors: Mengelmoeskardoes!

Die Opel Mokka-X, een van drie motors wat André Olivier vir PRAAG bestuur het.

Ons kon oor die afgelope paar weke verskillende motors onder hande neem. Die motors verteenwoordig ‘n breë spektrum van die plaaslike motormark, van die Mercedes-Benz GLC 250-koepee tot die Isuzu KB 300D-dubbelkajuitbakkie.

Mercedes Benz GLC 250-koepee

Mercedes GLC Koepee

Hier is ‘n snaakse segment wat nog nooit vir my sin gemaak het nie. ‘n Mens het te make met ‘n sportnutsvoertuig wat ‘n koepee genoem word maar wat oor vierwielaandrywing beskik en ‘n hoer stand op sy onderstel het as ‘n normale motor, maar tog te laag om dit enigsins van die teerpad af te waag. Iets wat uiters verwarrend is en glad nie sin maak nie.

Mercedes GLC Koepee van kant

Mercedes is ook nie die enigste vervaardiger wat hierdie uiters verwarrende segment beset nie. Die ander Duitse vervaardiger BMW beskik insgelyks oor ‘n model wat hier diens doen, die X4. Basies ‘n kleiner weergawe van die X6, maar veronderstel om die “koepee”-weergawe van die X3 te wees. Hoe dit ook al sy, dit is werklik verwarrend en na my mening glad nie nodig nie. Die GLC is ‘n C-segmentveldryer wat eintlik met ander motors soos die Audi Q5, BMW X3 en Jaguar F-Pace meeding vir hard verdiende kopersrande. Die GLC Coupe is kleiner en duurder en minder prakties bruikbaar as die gewone GLC. Wat ons werklik beïndruk het van die GLC Coupe, is die bougehalte en rygerief. Dit is ‘n tiepiese Mercedes met baie goeie afwerking en materiaal wat spreek van gehalte en luukse.

Die GLC 250 AMG-line wat ons bestuur het, lyk sportief met die AMG-stileringspakket asook die sportiewe wiele wat ‘n laer profiel as die standardkoepee se wiele het. Wat ruimte en pakplek aanbetref, is die koepee op dieselfde onderstel as die normale GLC gebou, dus is die asafstand presies dieselfde, maar die koepee se bakwerk is tog byna 8cm langer. Mens sal nou dink dat daar dan meer spasie sou wees in die koepee. Die geval is juis andersom: wat die begasieruim aanbetref, is daar 50 liter minder pakplek asook waar dit by kopruimte veral agterlangs kom. Die beenspasie vir die agterste passsiers is ook meer beperk as in die gewone GLC en is die koepeeweergawe eintlik slegs vir 4 insittendes bedoel as vir vyf soos in die gewone GLC.

Daar is ook nie ‘n noodwiel in die koepee nie,vandaar die paprywiele. Ons toetsmotor is in tipiese Mercedesstyl baie goed toegerus met leerbekleedstel en aluminiuminsetsels in die deure asook die instrumentepaneel. Al die kontroleknoppies voel na en vertoon gehalte. Die motor is vierwielaangedrewe en daar is ook elektronies verstelbare vering waar die motor hoër of laer gestel kan word.

Die ding is net dat uiters min eienaars van dié tipe voertuig ooit selfs op ‘n sypaadjie sal probeer klim met die motor, wat nog daarvan om heeltemal van die teerpad af te ry. Sportnutsvoertuie is die groot trekpleister deesdae en ons sou baie eerder die gewone GLC bo die GLC Koepee verkies.

Wat die enjin aanbetref, word die GLC 250 Coupe aangedryf deur ‘n 2-liter- 4-silinderenjin met ‘n turboaanjaer. Die enjin lewer 155KW en 350 NMse wringkrag. Voeg nou die vierwielaandrywing hierby en dit gee byna onverbeterlike padhouvermoë. Daar is slegs een groot struikelblok en dit is die pryskaartjie. Teen R834 000 sonder enige opsionele ekstra toerusting soos die elektroniese vering en rondomkamerastelsel of navigasie wat sekerlik nog R100 000 by die prys kan voeg, is dit werklik slegs vir ‘n paar parlementslede beskore.

Opel Mokka X 1.4 Turbo Cosmo Outomaties

Opel Mokka X van agter

Skaal ‘n mens die hele konsep af vanaf die C-segment na die B-segment dan kom jy motors teë soos die Opel Mokka X. Dit is eintlik ‘n klein luikrugmotortjie met hoëhakskoene aan. Die Mokka X bou voort op die vernuwing van die hele Opelreeks. Die nuwegenerasie-Opels is soliede kwaliteitmotors wat modern voorkom en goed aanmekaar gesit is. Daarvan is die huidige Suid-Afrikaanse Moot van die Jaar, die Opel Astra ‘n bewys.

Opel Mokka X se laairuim

Die Mokka X is ‘n aks groter as ‘n Opel Corsa en ‘n aks kleiner as ‘n Opel Astra. ‘n Kompakte sportnutsvoertuig of anders gestel, ‘n stadsportnutsvoertuig. Teen net 4,2 meter is die Mokka X ‘n kort motorjie, die asafstand van 2,5m is dan ook baie na aan dieselfde as dié van die Corsa. Binnelangs vertoon die Mokka snaaks genoeg kleiner as die Corsa en veral die agterste beenspasie is maar redelik beperk.

Opel Mokka X-instrumentepaneel

Ons toetsmotor, die Cosmo-weergawe is die vlagskipmodel in die reeks en daar is hope standaardtoerusting wat jou sommer sal laat dink dat jy in ‘n veel groter motor ry as die Mokka X. Swart leerbekleedsel op die sitplekke, deure asook die instrumente panel beklemtoon die luukse styl en afronding waarme Opel sy koper na die Mokka X toe lok. Alles in die binneruim vertoon duursaam, baie anders as in Opels van so ‘n paar jaar gelede. Die lys van standaardtoerusting in die Cosmo-weergawe is byna so lank soos my arm met verhitte voorste sitplekke en stuurwiel tot navigasie en togbeheer. Satellietbeheer vir die togbeheer en telefoon en radio is op die leeroorgetrekte stuurwiel gemonteer. Al die instrumente is groot en duidelik gemerk en byderhand op die regte plek. Daar is netjiese bêreholtes oral deur die binneruim en alles waaraan jy kan dink wat ‘n gesin in ‘n motor sal kan gebruik, is standaard. Die probleem hier is net die ruimte! Jy sal ‘n jong gesin met klein kindertjies moet hê. Met ‘n bagasieruim van 356 liter met die agterste sitbank in plek of 785 liter met die bank plat gevou, is die Mokka X nou nie juis ruim nie. Dit is wel groter as die Corsa met die sitbank in plek maar byna 335 liter kleiner as die Corsa met die bank plat gevou.

Opel Mokka X-beenspasie

Dan moet ‘n mens in ag neem dat die Mokka X nog 18 mm breër as die Corsa is en 177mm hoër ook dan plaas dit eintlik die ruimteprobleem in die Mokka X in perspektief. So met watter ander motors ding die Mokka X mee? Wel die Mazda CX3 en Peugeot 2008 is beide direkte mededingers. Beide die motors het beter grondvryhoogte, meer ruimte en is goedkoper as die Mokka X. Ons toetsmotor is aangedryf deur Opel se 1,4-turboenjin met 103 Kw en 200Nm se wringkrag. Anders as wat die X in die naam sou wou voorstel, is die Mokka X slegs voorwielaangedrewe. Teen R368 000 is die Mokka byna R92 000 duurder as die Corsa 1,4 Turbo Sport wat basies dieselfde enjin in het en dan ook werklik meer ruimte bied.

Isuzu KB 300D Teq Dubbelkajuit 4×4 outomaties

Isuzu KB van voor

Isuzu is seker al byna 50 jaar besig om bakkies in Suid-Afrika te verkoop. Naas Toyota is Isuzu bekend vir die taai werkesels wat al op menige plaas en myne diens gedoen het. Dit is die vyfdegenerasie-KB-bakkie wat plaaslik beskikbaar is. Alhoewel die naam oor die jare verander het, is die Isuzu KB nog steeds een van die taaiste bakkies op die pad. Met die koms van die dubbelkajuit en die leefstylmarksegment het die Isuzu KB ook aangepas en die nuutste KB kan maklik kers vashou by van die beste moderne dubbelkajuite op die pad vandag.

Isuzu KB van agter

Daar is baie klein veranderings aan die voorste ligte asook die wiele en sierrooster aangebring om die 2017 Isuzu KB aantreklik te hou en dan ook mededingend te hou teen nuwe aankomelinge soos die Nissan Navara, VW Amarok en Toyota Hilux om nie eers van die Ford Ranger te praat nie. In die uiters mededingende dubbelkajuitsegment is daar slegs twee hoofstroombakkies wat goedkoper as die Isuzu is en dit is die Fiat Fullback wat gebruik maak van vorigegenerasietegnologie en die nuwe Mitsubishi Triton wat ‘n heelwat kleiner kapasiteit enjin as die KB gebruik. Wat rygerief, spasie en laairuim betref, is die KB byna in elke geval die voorloper en selfs die Ford Ranger wat ver anderkant R600 000 kos, moet die knie buig voor die KB as dit by brandstofverbruik en binneruimte kom. Soos in al hierdie vlagskipdubbelkajuitbakkies is die KB ook met leer en elektries verstelbare sitplekke asook navigasie en bloutandradio toegerus.

Isuzu KB-instrumentepaneel

Die been- en kopruimte agter in die KB is werklik indrukwekkend en selfs ek metmy 6-voetpluslyf kan gemaklik agter inskuif met die bestuurdersitplek in my bestuursposisie. Die KB 300D Teq word aangedryf deur ‘n 3.0-liter- 4-silinderturbodieseleenheid wat 130KW en 380 Nm se wringkrag lewer. Al vier wiele word ingespan om die bakkie aan te dryf en ‘n 5-spoed- outomatiese ratkas sit die krag deur na die dryfaste toe. Teen R563 000 is die KB beslis nie goedkoop nie, maar as ‘n mens in ag neem dat dit R54 000 goedkoper as die Ranger is en R10 000 goedkoper as die Hilux en ‘n hele R82 000 goedkoper as die 2.0-weergawe van die Amarok dan verstaan ons nie werklik hoekom die KB nie meer verkoop as die drie bogenoemdes sáam nie!

Isuzu KB-binneruim

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    … beskik en ‘n hoër stand … in die berig skort die deelteken!

    • sussie se vissie

      Hoekom die dames van die nag hul stand in ons samelewing ontneem?

      • Rifrug

        Jy verstaan my beweegrede verkeerd. Ek wil beslis nie die dames van die nag van enige iets ontneem nie. Inteendeel, ek wens hulle al die gonorree, trigomoniase, chlalmydia, sifilis en genitale vratte toe wat hulle kan kry.

        Ek dink net nie mnr. André Olivier het hulle (die dames van die nag) in gedagte gehad in dié geval nie. Diakritiese tekens bly maar belangrik. Terloops, in die laaste sin van die berig is daar ook ‘n skryfteken fout.

        • sussie se vissie

          Skaats jou voertuie ( fotos ) ook pens en pootjies innie lug?
          Om anatomiese redes is dit moeilik vir n vrou om die wêreld onderstebo te betrag.

          • Rifrug

            In die Chrome ‘browser’ is die fotos onderstebo … maar in Firefox is hulle regop! Vreemde verskynsel …