Swart Islamitiese terroris vermoor drie in anti-wit skietery

‘n Swart Amerikaanse wou na die moord op ‘n veiligheidswag, soveel wit mense doodmaak as wat hy Dinsdag kon. Altesaam, het die gewapende man vier mense in die Fresno, Kalifornië geskiet.

Die swart verdagte het drie wit mans op die strate van die sentrum van Fresno, doodgeskiet voordat hy gevange geneem is. Een slagoffer is vermoor by die bushalte van ‘n Katolieke liefdadigheid.

Kori Ali Muhammad, 39, het ‘Allahu Akbar’ geskreeu – wat beteken dat “God is groot” in Arabies. Die polisie het hom ná die skietery op die grond platgetrek, volgens Jerry Dyer, polisiewoordvoerder van Fresno.

Hy was reeds gesoek vir die Donderdag-skietery van ‘n Motel 6 sekuriteitswag, ook in Fresno.

Al drie sy jongste slagoffers was wit mans, het die polisie bevestig. Hy het hulle volgens Dyer willekeurig gekies. Sy slagoffers was tussen die ouderdom van 34 en 58.

Een van die slagoffers soos Mark Gassett, ‘n 37-jarige pa, was “net buite die Katolieke liefdadigheid met ‘n kruideniersak sak vol kos toe hy geskiet is.” Die tweede liggaam was Zackary Randalls, ‘n getroude pa van twee.

Owerhede het gesê die verdagte het in een minuut 16 rondtes geskiet en sy rewolwer herlaai. Hy het op vier plekke in ‘n straatblok begin skiet.

‘n Facebook-boodskap deur die verdagte het gelees dat hy “wit duiwels” teiken en by verskeie geleenthede het hy statusopdaterings opgelaai wat die frase “Allahu Akbar” ingesluit het.

Dyer het aan CBS News gesê Muhammad het ‘n kriminele geskiedenis gehad en is voorheen gearresteer weens terroriste-dreigemente. Maar ondanks die bevestiging van Mohammed se terreurdreigemente, ontken Dyer dat die skietery verband hou met terrorisme en hy het bygevoeg “dit is uitsluitlik op ras gebaseer”.

Mohammed se prokureur het ‘n psigiatriese ondersoek vir sy kliënt aangevra en gesê hy het eksentrieke en bisarre oortuigings.

Muhammad, 39, het ook die frase “Allahu Akbar” op Twitter geplaas, en hom bedank vir die kataklismiese natuurrampe wat die VSA tref.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.