Rachel Dolezal skop die linkse raskonstruk aan flarde

Rachel Dolezal het haarself laat swart maak

Die Amerikaanse skrywer en voormalige hoof van die NAACP in Spokane, Washington, Rachel Dolezal, hou vol dat sy “swart” is, maar Bantoes koop dit nie. Sy probeer nou nuwe name vir haar afwyking vind.

In Suid-Afrika het die swartes haar met ongeloof begroet en niks van haar twak gerook dat ras ‘n sosiale konstruk is nie. Heel nugter het die meeste swartes haar aangeraai om haar kulturele Marxisme op te pak en terug te gaan na die VSA om dit daar te smous.

Maar Dolezal sê sy identifiseer steeds as swart, ten spyte van die terugslag wat sy van die publiek ontvang het.

“Ek identifiseer nog steeds as swart. Miskien is trans-swart ‘n goeie kompromie, want dit identifiseer dat ek van wit ouers gebore is, maar het ‘n egte swart identiteit.”

Dolezal, het dié week op die ontbytprogram van 702 met Stephen Grootes – waarskynlik die domste linkse in Suid-Afrika – gesels en sy het hom met sy eie ideologiese teenstrydighede verwurg.

Die 39-jarige Amerikaner is in die land om te praat by die Quest for Non Racial South African Society Dialogue (QfNRSASD), maar dit is onduidelik of die geleentheid sal voortgaan.

“Histories is daar meer van die getalle wat die kleurlyn in die teenoorgestelde rigting oorsteek. Mense gebore en gekategoriseer as swart in die Verenigde State, het ‘n wit lewe geleef en daardie sin van rasse-vloeibaarheid het ‘n bietjie van ‘n spektrum gehad, en tog het selfs mense soos Michael Jackson en ander hul pigmentasie of hul velkleur omgekeer,” het sy gesê. Grootes was verward oor dié opmerkings wat hy helaas nie kon weerspreek nie.

“Daar is ‘n moontlikheid vir vloeibaarheid in baie verskillende rigtings, maar dit is nie noodwendig ‘n hoofstroom-tendens of -proses wat mense ondergaan nie, so ek dink tot ‘n mate, daar was ‘n mate van skok en gevoel van ‘wat doen ons’ met iemand wat nog altyd met Swartheid vir hul hele lewe verbind was en tog gebore is en gekategoriseer is as wit.”

Dolezal, wat haar naam verander het aan Nkechi Amare Diallo, is gekritiseer en gekonfronteer as ‘n rasfop. Dolezal sê egter dat ras nie ‘n biologiese konsep is nie, net soos al die kulturele Marxiste beweer.

Heel vreemd is egter dat die wittes wat haar konsep aanhang vir swartes om wit te kan wees – soos Grootes graag uitbassuin – nie gretig is om self swart te word nie.

“Dit bring regtig na vore dat ras ‘n sosiale konstruk is. President Barack Obama het selfs gesê dat ras meer sosiaal is as wat dit biologies is en as jy as ‘n Afro-Amerikaner beskou word, is jy ‘n Afro-Amerikaner,” het sy gesê.

Grootes het haar gevra oor die voorreg wat sy haarself gegee het deur die besluit om swart te wees, terwyl die Afro-Amerikaners histories nie dieselfde kan doen nie – hulle was net so. Hy het natuurlik vergeet dat met regstellende aksie is dit ‘n voordeel om vandag swart te wees, dus moes hy desnoods na die verlede teruggryp.

Grootes was duidelik nie voorbereid daarop dat Dolezal swartheid vandag as ‘n voorreg beskryf nie. Sy hele “kollektiewe witskuld” paradigma hang daarvan af dat swartes as slagoffers voorgehou moet word. Sy het sy illusies met dié antwoord vernietig:

“Die spektrum wat ek net genoem het, is ‘n voorregspektrum, of dit iemand is wat lig is en as swart geklassifiseer is by geboorte of iemand wat wit gebore is en sekere eienskappe het wat swart as swart sou word. Ek dink dat daar ‘n etnies onbepaalde soort sone is wat vir seker ‘n voorreg het, want dan het jy die persoonlike agentskap om sonder sekere operasies te besluit – rassistiese rekonstruksie operasies waar mense kan gaan na uiterste maatreëls om ‘n voorkoms te verander na een ras of die ander – en dis nie net swart en wit nie.

“In my geval was daar ‘n kruising van die kleurlyn, maar dit is nog nie so buitengewoon nie, dit is nie ‘n keuse op ‘n manier wat mense dink dit is nie. So het ek nog altyd gevoel … as ek egte identiteit sê, is dit omdat dit is wat ek nog altyd was.”

Dolezal het ook aan Grootes gesê dat wanneer sy as wit geïdentifiseer word, sy dikwels bevraagteken word. “Mense het met my geargumenteer en gesê ek is meer swart as wit en nou vertel mense my dat ek meer wit as swart is.”

Dolezal se ware wit identiteit is in 2016 onthul en sy het vir ‘n paar jaar ‘n aansienlike terugslag beleef nadat sy nie meer kon voorgee dat sy swart is nie. Gelukkig kon die linkse idee van ‘n “sosiale raskonstruk” vir haar ‘n logiese uitkoms bied, maar kennelik het linkse wittes nooit gedink hul plan kan na ander kant teen hulle werk nie.

“Die meerderheid van Afro-Amerikaners in die Verenigde State het hul rug op jou gedraai, hulle is woedend en hulle voel dat jy van hulle gesteel het. As jy so eg is, hoekom voel so baie mense so?” het Grootes met groot ingehoue woede gevra.

Die antwoord is natuurlik dat rasverskille eg is, maar Grootes wou dit nie waag om sy eie vraag beantwoord nie. Die linkses moet bly voorgee dat swartes ook wit kan wees vir hul projek om wit lande te vernietig. Andersom werk die plan nie meer nie, want dan sal hulle moet toegee dat swartheid ‘n voordeel is en nie slagofferskap nie.

Die linkses kerm nou oor “rasse-integriteit” en egte rasstatus, net soos swart suprematiste en Verwoerdiaanse suiwerras-aanhangers, sonder ironie.

Lily Workneh, Amerikaanse uitvoerende redakteur van US Black Voices, het gevra dat mense ophou om aan haar ‘n platform te gee.

Die Huffington Post in Suid-Afrika het Dolezal gewaarsku dat sy “gevaarlike konsepte” van ras versprei. Swart persoonlikheid Gugulethu Mhlungu het op Twitter gesê dat Rachel Dolezal as ‘n ongewensde persoon deur Binnelandse Sake moet verklaar word sodat sy die land verbied word.

Ander swartes, soos S’mamkele Mandewo, het op Twitter gesê “nie-rassig” beteken slegs swart, net soos PRAAG nog deurgaans beweer.

Rachel Dolezal is obsessed with faking blackness but is coming to SA to speak about non-racialism. If you’re non-racial why you faking black

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    Onthou, ander rase het nie wetenskaplike vooruitgang gemaak nie, dus kom dit as geen verassing dat hulle biologiese realiteite verwerp nie.

    • sussie se vissie

      Voorwaar n rase[rige] besigheid….oor niks.
      ‘K dink sy moet kompromitteer. Biologies gesproke sal niemand n wenkbrou lig as sy haar as ‘Rachel’ vannie Mitchell’s Plain voorhou nie.
      Is jammer haar haardos verdoesel haar oortjies, anders sou n klein chirurgiese prosedure maklik tot haar redding ( in oortuiging van haar swartheid ) kon kom.
      Want sien; gesels nou die aand oa met n antropoloog en n patoloog. Wys en oortuig diesulks my daar’s n direkte verband tussen n persoon se IK en die
      verhouding in waar die ‘oorlyn’ en die ‘ooglyn’ tot mekaar staan.
      Maw ;- As die hegpunt van die bo-oor diagonaal laer gesetel is as die ooglyn, is lsg n sterk aanduiding van n grootse grys- en suurstof te kort.
      Vind my nou saans heel vermaaklik die speletjie voor die TV te speel. Gigaba & Zums ( as ekstreme voorbeeld ) uitstekende eksponente van hierdie anatomiese waarheid.
      My raad aan madame Rachel dus :- Laat ‘sak’ die oortjies n duim en voila! Bob’s your uncle!

      • Vicky

        Is dit alweer jy sussie? Jy is ‘n pyn in my gat hier op praag.

        • Riaan Slabbert

          Lol… hoe so Vicky? Ek vind sussie se kommentare oorwegend skerpsinnig. En joune ook…

          • sussie se vissie

            Dki Riaan.
            Sukkel my lewe lank dat mense my ernstig opneem. [ :- ) ]
            Bg skrywe is egter medies-wetenskaplik bewys en gn grapperige versinsel nie.

          • Charles

            Julle ouens is almal Goud:)

          • Vicky

            Sussie karring aan my siel. Lewer onnodige kritiek op Bowden, beledig my onvermoe om skuilname te analiseer, weier om vir my te se wie Bert Oosthuizen is ens ens

          • sussie se vissie

            Herder man.
            Ek’s n oningelig- en vervelige boervrou.
            Allermins n ‘walking talking Wikipedia’.
            Ek ken heer Brenner nie.
            Nog minder vir Uhuru Guru.
            PS.
            Jy laat my begin vermoed jou oorlyn is sowat 2.7cm te laag.
            En psssst….alt-regses kan dit op die ken vat. Of hoe?
            Cheer up Duckie.

          • Vicky

            Boere het al te veel kenhoue gevat sedert 1990

        • sussie se vissie

          Wel.
          Jy vra my ammeketaar ‘waar’s Albert’?
          ‘K dink hy hou skuil daar waar jy pyn het. Nie?

          • Vicky

            Ek mis vir Albert. Ek weet jy is nie Albert nie, jou styl is te vervelig en jy krap waar dit nie jeuk nie.

          • sussie se vissie

            Ok man.
            Ek mis ook vir Albert.
            Ofskoon ek die man nie ken nie.
            Als nou hunky-dory?

      • Charles

        Hehe, skreeusnaaks(EN WAAR)!

    • Charles

      Die realiteit is dat Kaukasiers regoor die wereld, en ook ons bruin broers en susters in SA; Neanderthal DNA besit; ander bevolkingsgroepe/volke nie.
      Mmmm…ek wonder wat sal nou die gevolg daarvan wees…?

  • Andre

    Die arme vrou ly regtig aan ‘n geestelike ongesteldheid. Deur haar hare styf te perm en ‘n blikkie sonbruin aan te spuit verander nie jou biologiese samestelling nie. Haar argumente is so min geldig as wat ‘n transeksuele persoon se aanspraak op die teenoorgestelde geslag geldig kan wees. Hierdie mense kan hulself seker enigiets wysmaak maar hulle moenie verwag dat ander gedwing kan word om hul wanopvattings te glo of te aanvaar nie. Jou DNS vertel alles. Die waarheid is al wat saakmaak.

    • Charles

      Met ander woorde, deoksiribonukleinsuur is al wat saak maak 😉
      Sien jul Neanderthal DNA’kies.

      • Andre

        Einste. Net die waarheid.

        • Charles

          Hehe 😉

  • Jared van Niekerk

    Ek stem volledig saam. Kyk, om links te wees moet jy dom wees, maar Grootes voer sy onnoselheid na ongekende vlakke. Ek het hom al so op Twitter gestriem oor sy uitlatings dat hy my geblokkeer het.

    So ook dink ek nie Dolezal is hoegenaamd slim genoeg om dit moedswillig te doen nie, maar sy is besig met ‘n skreeusnaakse satire op al wat ‘n linksgestremde en sy rasse-“denialism” is.

    • Vicky

      Wat is jou Twitter Jared?

    • Charles

      Nee wat Jared, dis sommer ‘n 21 eeuse grootse pantomieme!

  • Suidpunt

    Om te dink die (vulgêre) komedie Scary Movie 3 (2003) het hieroor nog die draak gesteek. Blanke ‘wannabe’ rymkletser (George Logan): “Y’ALL JUST HATE ME CUZ I’M BLACK!”

    En nou in 2017 is dit ERNSTIGE sake… Iemand het hul sin vir humor verloor.

    • Charles

      Hehe, waar is die springmielies? Hierdie belaglike pseudo filosofiese (Intellektuele/akademiese?) gefomfaaiery verskaf groot vermaak! Kan iemand nie maar die grap wat die mensdom geword het elimineer nie; kan gevra word na aanleiding van hierdie siekheid wat dreig om mens te laat verstik in die einste smulbare springmielies, en wat dreig om jou tot oorlopens toe siek te maak?
      My mening? Ras=dun kulturaliteit/ motivering tot spesifieke kulturele norme, dun omdat daar alyd die kwalifikasie is dat jy jou aan die een of ander kant kan skaar a.g.v. jou rasidentiteit, wat kompeteer met jou kulturele identiteit. Daarsy -tevrede? Nou soek ek ook ‘n ledekaartjie tot die libtard/snowflake klub hehe!

  • pf1830

    Daar is baie meer benefits vir Swartes as vir Whities. Ek het menige maal gedink daaraan dat mens eenvoudig die regte boksie moet tick wanneer werkgewer vra vir jou Ras , Geslag ens.
    Dis mos baie meer belangrik wanneer hulle goeie onderwyser of arts of vlieënier of bouer ens ens benodig – Die vel Kleur en die Geslag tel meeste!
    Ek’s verbaas Dolazal was nie voorheen ook ‘n man nie ! En dalk voeg sy sommer ‘n gestremdheid ook by vir NOG meer ‘benefits’

  • Rooikop

    Dis maklik om jouself soos ‘n anderse een te gedra – kyk maar net na sokkerondersteuners in Europa.