S&P waarsku dat nog afgradering kan kom

Suid-Afrika se kredietstatus kan tot selfs laer vlakke afgegradeer word indien die politieke onsekerheid voortduur.

Die onsekerheid is glo meegebring deur die onlangse afdanking van die voormalige Minister van Finansies, Pravin Gordan, en sal hervorming aan bande lê.

S&P Global Ratings se uitvoerende hoof het Woensdag dié waarskuwing gerig.

“Daar is risiko’s dat potensiële groei-uitkomste verswak kan word, veral met onsekerheid wat in ‘n jaar kom waar daar nie sterk besluite geneem kan word vir sterk hervormingsprogramme nie,” het mnr. Gardner Rusike, die mede-direkteur en hoofontleder van Suid-Afrika by S&P gesê. .

Dit kan hoër brandstof- en voedselpryse meebring.

Suid-Afrika se droogte-geteisterde boere kan onder druk kom nadat die geldeenheid verswak het weens ‘n kredietgradering na rommelstatus wat ook voedselpryse kan opstoot, het kundiges in die bedryf gesê.

Die rand se swakheid sal ook boere wat geleen het ná die droogte van 2015, onder druk plaas. Dit was die streek se ergste droogte op rekord.

“Ons het alreeds ‘n reaksie op die swakker wisselkoers gesien met pryse wat optik,” het ‘n senior landbou-ekonoom van die ENB, gesê. “As die wisselkoers verder verswak, sal daar beslis ‘n verdere styging in pryse wees.”

Die rand sal volgens die Reuters-data teen Maart volgende jaar tot 14 teenoor die dollar depresieer.

Maar vanjaar se rekordmielie-oes, wat 84 persent hoër was as verlede jaar, kan prysstygings verhoed.

“Voedselpryse sal in die volgende paar maande bly afneem, maar dit kan vroeg volgende jaar verander,” het die ekonoom gesê.

Insetkoste soos kunsmis en landbouchemikalieë, wat blootgestel is aan die wisselkoers en 60 persent van graanproduksiekoste uitmaak, sal ook na die afgradering styg, wat winsmarges verder sal laat daal.

“Die afgradering is soos ‘n stadige dood, jy gaan dit nie dadelik sien nie, maar met verloop van tyd maak dit jou dood en maak jou swakker en minder mededingend,” het Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van die bedryfstakgroep GraanSA, gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Onsekerheid dalk rede vir selfmoord onder boere

    Die Vryburger April 19, 2017 – Nuus

    Die effek van die knellende droogte, saam met die misdaad op plase, die tekort aan finansiële ondersteuning en onsekerheid oor die regering se grondbeleid, veroorsaak enorme spanning vir boere.

    Dis die reaksie van genl. Chris van Zyl, assistent hoofbestuurder van TLU SA, nadat die lewensversekeraar Liberty aangekondig het dat hy ‘n 20% toename in selfmoord onder boere bespeur sedert die vorige jaar.

    Vroeër die maand het mnr. Barries Snyman homself op sy plaas in die Oos-Kaap geskiet nadat dinge skynbaar te veel vir hom geword het.

    Genl. Van Zyk wts daarop dan banke net tot op ‘n sekere vlak krediet kan toestaan, en dat die koste van geskenkte voer so hoog geword het dat boere nie veel keuse het as om kuddes uit te dun nie. Dit neem lang om weer daarvan te herstel.

    Liberty se Henk Meintjes glo dat die ekonomiese toestand van die boere, veral vir dié oor 55, bydra tot die verhoging in selfmoorde, al het hulle geen konkrete bewys vir die vermoede nie.

    In EUSSRepubliek Nederland worden hardwerkende boeren ook al jaren lang tot wanhoop en zelfmoord gedreven om de voedselafhankelijkheid van ‘internationale markten’ te vergroten.
    Er is recent een mager subsidie program geloodst om 2000 boeren tot opgave te brengen.

    In dit SA waar Boere ook nog eens dagelijks worden gediscrediteerd en politiek geaccordeerd aangevallen (Stop Plaasmoord !) is ‘zelfmoord’ maar weer een term die de lading niet dekt.
    Wijlen de heer Johnny Burger pleegde ook ‘zelfmoord’ nadat hij tijden lang was opgejaagd olv misdadige anc sacp huurling Papenfuss…….

    • Hans, my eie vraag is wat verg dit om ‘n Volksoorblyfsel in SA wakker te skud sodat selfbestuur en selfbeskikking ‘n werklikheid sal wees. As ek sien hoeveel werk is daar in die destydse Afrikaner Akkoord, die Volkstaadraad, die TAR en nou die ASK, VVK/Volksraad en die NBU/NBR ingesit, kan ek nie glo daar is geen effektiewe selfadministrasiemodel of alternatiewe sosio-ekonomiese- en burgerlike beskermingsmodel prakties op die grond nie. Groot Afrikaner manne roem op die hol status dat hulle al die selfbeskikkingsbal in die hand gehad het, – maar van die speelveld afgestap het, of maar weereens met voete van klei uitverkoop het. Vandag kan ons niks meer as om statestieke van moorde, selfmoorde, midaad en verarming op sosiale media te bespreek nie (en dit dikwels terwyl ons mekaar aan die keel beet het?) Dat dit baie beter funksionaliteit van ons status quo Afrikaner organisasies en (mis) leiers sal verg is inderdaad so. Daarmee saam ook ‘n pleit na Bo vir herlewing in Kerk en Volk, – weg van die daaglikse en voortgesette bedrog in ons kerke, organisasies, politiek en die ekonomie. Waar is die historiese Germaanse/ Sakser bloedbande in praktyd, terwyl onvolhoubare internasionale modelle duidelik inmekaar tuimel of op blote inhaaligheid gebou word! Ons het mos nou al tot vervelens-toe onderling, nasionaal en internasionaal aangedui ons soek selfbeskikking en vereenselwig nie met die roofdierregime in SA of Nuwe Internasionale Ordes nie. Wat is verkeerd met ons eie mense? Net ons kan die verskil maak terwyl SA, en uiteindelik die hele wereld afgegradeer word. https://uploads.disquscdn.com/images/288604370efae07677448ae1039f98e6e07cbff6976f79e2a18f8440c0fd6f79.jpg

      • Hans Onrust

        Wellicht dat de huidige positie bijdraagt tot ‘zelfreinigend karakter’ van een volk, Johnny.
        Helaas gaat dat dagelijks ten koste van vele goede mensen en waardes.

        Er is jarenlang stukje bij beetje (toenemend) vrijheid uit handen gegeven en genomen en men is meer op zich zelf gezet of komen te staan. (‘individualisering’)
        Da’s o.m. in Nederand met z’n ‘vertegenwoordigers’ niet anders.
        Hans Janmaat werd er gewoon decennia lang verjaagd en vertrapt en Pim Fortuyn kon zomaar vermoord.
        Gelukkig zijn er nog wel lichtpunten en goede mensen maar samenwerking is 50 jaar lang onder beleg en ook van binnenuit bemoeilijkt.
        Alhier heeft men leren neerkijken op de ware naasten en de vertegenwoordigende organisaties zijn meestal corrupt en bezig voor eigen belang en dat lijkt ook t.a.v. uw verdrukte gecastreerde VOLK het geval.

        Maar dat bijhouden van statistiek wil ik op zich zelf niet als negatief opvatten. Zeker niet als ook de menselijke achtergrond per geval wordt bijgehouden. Al was het maar voor latere generaties en ter ondersteuning van de mogelijkheid van bv. een gigantische schadevergoeding. Het werken daaraan versterkt verbinding en besef.

        Toch lijkt er nog voldoende animo en energie om een vlammetje brandende te houden, om toekomstig met Gods hulp, weer in beter vaarwater te raken.

    • sussie se vissie

      n Verdere afgradering werk duurder voedselpryse aan die hand.
      Asof droogte en plaasaanvalle nie genoeg is nie…kom ‘help’ sekere ‘behoeftiges’ boonop hulself.
      Kyk maar neffens De Doorns hoe staan hul met boer se druiwe-oes innie hand.
      Hier in ons skaapwêreld dieselle.
      Vreet moet ons vreet want daai pense moet blink.