Slag van Berkeley: Patriotte en Antifa bots in Weimar-styl

Amerika lyk toenemend soos 1920 in Duitsland, tydens die sogenaamde Weimar Republiek, nadat fisiese gevegte uitgebreek het tussen linkses en vroeëre Trump-ondersteuners.

Op 15 April, is die “Patriots Day free-speech rally and picnic” georganiseer deur konserwatiewes in Berkeley, Kalifornië, maar die groep is aangeval deur ‘n groot bende linkses gewapen met knuppels, pepersproei, rookbomme en projektiele. Op sy hoogtepunt, het straatgevegte tussen sowat 1000 mense uitgebreek met plaaslike polisie wat meestal net toegekyk het.

Verskeie voorvalle het aandag getrek soos die pepersproei-bespuiting van ‘n onskuldige vroulike konserwatiewe deelnemer. Die hoofstroommedia het geen verwysing na hierdie voorval gehad nie, maar gefokus op ‘n ander voorval waar prominente altright-aktivis Nathan Damigo ‘n jong vrou slaan in ‘n video-opname wat viraal op Twitter en ander sosiale media versprei is.

Die vrou is geïdentifiseer uit haar Facebook-blad as Louise Rosealma. Dit was egter duidelik dat Damigo eerste geslaan is en met die eerste oogopslag kon hy gedink het dat sy ‘n man was. Op haar Facebook-profiel het Rosealma gepos dat sy die byeenkoms gaan ontwrig en “100 Nazi-koppe gaan lem”.

Damigo takel die bottelgooier

Rosealma het Damigo glo met ‘n gebreekte bottel bestorm. Ander beeldmateriaal toon haar wat bottels na diegene slinger wat sy beskou as haar “wit suprematistiese” vyande.

Die geleentheid het ‘n aantal prominente konserwatiewes gelok insluitend Lauren Southern, ‘n jong Kanadese joernalis, politikus en aktivis. Sy was gesien wat die byeenkoms agter ‘n bril en ‘n masker, omring deur ‘n paar fris ondersteuners wat optree as haar lyfwagte. In ‘n onderhoud met Stefan Molyneux daarna het sy het ook haar skok uitgespreek oor die gebrek aan polisie-optrede teen gewelddadige Antifa-betogers:

“Dit is regtig skrikwekkend om te sien hoe die berigte in die media hieroor was. Ek het pas op CNN ‘n bietjie gekyk en hulle is reeds met fopnuus besig om te vertel dat die polisie daar was en dinge het gebeur… Dit het nie gebeur nie. Hulle is aangesê om terug te staan Hulle was nie daar nie… So dit sal interessant wees om te sien hoe die media spin gaan wees… want jy is reg. Die breër publiek is nie bereid om te erken dat ons militante kommuniste het wat mense wat nie saamstem met hulle in die strate nie, stilmaak. Hulle is nie bereid om te praat oor hierdie siekte en probleem aan hulle kant van die politieke spektrum nie, en totdat dit gebeur gaan dinge van erg tot erger en erger raak. Die Berkeley byeenkoms dink ek was net die begin van waar ons politieke diskoers in Amerika op pad heen is.”

Antifa betogers het almal maskers gedra en swart klere, wat gelei het tot vergelykings tussen hulle en ISIS militante wat normaalweg op soortgelyke wyse geklee is. Maar, ten spyte van die gewelddadige optrede van die Antifa, het konserwatiewe fris Amerikaanse boerseuns terugbaklei en die versameling bleek kommuniste, anargiste en linkses teruggedryf. Die linkse swartgekledes het goed pakslae geskry.

Te oordeel aan haar Facebook-profiel, behoort die jong linkse slagoffer van die protes, Louise Roseales aan ten minste twee ver-linkse anargistiese groepe. Die presiese mate waarin anargiste en kommunistiese groepe reeds beheer oorgegeem het oor Amerikaanse kampusse is nie bekend nie, maar dit is insiggewend dat 500 gemaskerde Antifa “swartblok” milisie gemobiliseer kan word in Berkeley op redelike kort kennisgewing.

Op verskeie anargistiese en Marxistiese webwerwe, is lede van die bewegings aangemoedig om hul weg te vind na die park en konserwatiewes aan te val.

In Februarie vanjaar, met ‘n geskeduleerde praatjie deur Milo Yiannopoulos op die UCLA Berkeley kampus het anargiste brandstigtingsaanvalle geloods, het die Los Angeles Times berig:

“Terwyl die sogenaamde swartblok opstokers ‘n bekende gesig in Bay Area demonstrasies in die laaste dekade geword het, het hul verskyning by Berkeley Woensdag ‘n andersins vreedsame byeenkoms laat ontvlam in ‘n reeds gepolariseerde land.”

Yiannopoulos se praatjie moes gekanselleer word weens die swartblok-dreigemente.

“Ek dink dit is ‘n geskiedkundige dag om te onthou, want dit openbaar aan ons hierdie nuwe normaal dat ons beweeg in hierdie nuwe wêreld, ‘n wêreld van verpolitiseerde geweld en ‘n wêreld waarin twee voorhoedes twee kante van die politieke spektrum in die Verenigde State van Amerika verteenwoordig wat nie meer mekaar as debatsvennote, of teenstanders, en so aan sien nie, maar mekaar sien as twee kampe wat fundamenteel verskil, twee kampe wat mekaar as eksistensiële vyande sien. En so … ‘n soort oorlog het plaasgevind…. Ons is in ‘n nuwe politieke wêreld van eksistensiële vyande, van politieke akteurs wat ruimte beset, en so aan. Dit is waar ons is.”

Spencer op Dinsdag by die Auburn Universiteit kampus, Alabama, gepraat alhoewel sy optrede gekanselleer is deur owerhede. Daar ook is die linkse gespuis deur sy ondersteuners teruggedryf.

Spencer sê die federale regering moet veiligheidsmannekrag voorsien om te verseker dat die grondwetlike reg op vryheid van spraak beskerm word in Amerika, veral op universiteitskampusse, net soos wat die owerhede in die vyftigerjare vir die swart burgerregtebeweging gedoen het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Craig
  • Hans Onrust

    Linkse naastenhatende bendes als de Antifa werken volop samen met islamofascistische hordes in elk WE EUSSR land.
    In ‘Der grüne Kommunismus under der Diktatur der Minderheiten’ beschrijft dr. Wolfgang Gedeon voortreffelijk hoe die vork in de steel zit.
    In lijn met deze nuchtere waarneming is dus ook Wolfgang Gedeon in de AfD en erbuiten, in de verdomhoek gezet.

    De zoon van de rode Duitse minister van Justitie maakt ook grote vorderingen in die gewelddadige linkse kringen.

    Ondertussen maakt het verlinkste justitieapparaat in Dld jacht op een ieder die een afwijkende mening en zienswijze verkondigt op bv. FB.
    Regeren links liberaal Nederland sprak reeds grote bewondering uit voor de Duitse onderdrukking en wil ook graag deze aanpak in Nederland inzetten.

  • Rifrug

    ” … met die eerste oogopslag kon hy het gedink dat sy ‘n man was. ” – ‘… kon hy gedink het … ‘

  • Linkse gespuis sal aangaan tot daar oorlog is, die VSA is die Nuwe Duidsland, Korea en oos Europa van ouds

  • Betzie van Rensburg

    As n vrou beweer sy kan alles doen wat tradisioneel deur n man gedoen is, en haar soos n gevegsbyl wil gedra, moet sy dit ook vat as die manne hul vuiste begin swaai. Sy moet dan uitvind wat dit is om die hele pak te dra.Walglik as n evatjie haarself wil ver-man.