Franse dubbele stembrief ‘n katastrofe vir Marine Le Pen

‘n Halfmiljoen Franse kiesers het dubbele stembriewe ontvang in die pos, wat hulle sal toelaat om twee stemme in die eerste ronde van die verkiesing op 23 April uit te bring.

Boonop het die Franse owerhede bevestig hulle nie die ondersoek na die potensiële verkiesingsbedrog tot ná die verkiesing sal hou nie, en beweer dat terugwerkende vervolging moontlik kan wees.

Die anti-Le Pen slenter is daarop gemik om die meeste Franse burgers wat in die buiteland woon ‘n groter sê te gee, want die meeste Franse kiesers buite Frankryk ondersteun nie Le Pen nie. In Brittanje, is die aantal Franse in Londen so veel soos die inwoners van die sesde grootste stad in Frankryk.

Emmanuel Macron, die kandidaat-sonder-party kan grootliks baat vind by hierdie katastrofiese dubbele stembrief fout, omdat die ver-linkse kandidaat Jean-Luc Mélenchon onlangs opgeskiet het in die meningspeilings en dreig om deur te breek in die leierskapstryd om Macron uit te druk.

Mélenchon geniet ‘n skouspelagtige laat-oplewing van steun in die mees onvoorspelbare presidensiële wedloop die land se moderne geskiedenis.

Ná die bekendstelling van ‘n video-speletjie waarin hy die ster speel groei sy gewildheid. Mélenchon is die hoofkarakter in “bloei-die-rykes”, en sy karakter skud die teenstanders – insluitend Macron en IMF hoof Christine Lagarde – uit totdat munte uit hul sakke reën.

“Die opkoms van Jean-Luc Mélenchon het heeltemal die kaarte deurmekaar gekrap net dae vanaf die eerste ronde,” sê Frederic Dabi, hoof van IFOP.

Beide Le Pen en Mélenchon is anti-Amerikaans, anti-Merkel, anti-globalisties, anti-NAVO en pro-Poetin. Die enigste verskil is dat Mélenchon graag Moslem-immigrante wil verwelkom.

Franse regters het intussen daarop aangedring dat die Europese Parlement presidensiële kandidaat Marine Le Pen se immuniteit lig sodat sy aangekla word oor ‘n niksseggende twiet waarin sy ontken dat haar party soos ISIS is.

Maar haar vyande gryp na strooihalms om haar te probeer stuit. As Le pen wen, is dit neusie verby met die EU.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Mens

    Le Pen sal nie wen nie

    • Charles

      Ons hou nogtans styf duim vas dat sy wen;)

  • Hans Onrust

    exactement, Afrikanus.

    Pagina 2 van de geschreven ‘Duitse’ Bild, ofwel de USSR Izvestia nieuwe stijl, spreekt heden stalinistisch van Marine Le Pen die ‘Europa’ wil kapot maken en Merkel die de WERELD moet redden.

    Mitterand sprak van de Duitse Mark als zijnde de ‘Duitse atoombom’ en aldus werden Europese volken de Goldman Sachs EUSSR en € en nog eens verdergaande extreme ‘migratie’ (Genocidale vervanging) opgelegd.