Tyd om kos op te gaar?

Die redakteur van die Amerikaanse beleggingstydskrif, Gold World, raai Amerikaners aan om kos, medisyne en ook goud- en silwermunte te begin opgaar om die groot finansiële ineenstorting wat binne 18 maande en dalk gouer in Amerika kom, te oorleef. Greg McCoach, redakteur van die tydskrif en direkteur van 'n beleggingsadviesgroep, verwag dat die groot hoeveelhede geld wat nou in Amerika gedruk en in die ekonomie gepomp word, tot hiperinflasie gaan lei wat die gewone man in armoede en ellende gaan dompel.

McCoach se Gold World is bekend vir hulle volgehoue advies die afgelope twee jaar en meer om in goud te belê – advies wat reeds oor en oor as reg bewys is en veral die afgelope weke in die kol was.

In 'n spesiale artikel in twee aflewerings is hy sterk afwysend, selfs snedig en beledigend teenoor die huidige Obama-administrasie en ook die base van die Amerikaanse reserwebank, die Fed, se beleid om net meer en meer geld in die ekonomie te pomp. Nie alleen gaan dit nie werk om die eonomie op te kikker nie, maar dit gaan baie gou lei tot hiperinflkasie en 'n algehele ineenstorting. Hy waarsku dit kan beslis binne 18 maande kom en dalk nog voor die einde van hierdie jaar.

Dit gaan ook nie help om kontant in Amerikaanse dollar-note op te gaar nie want die geldeenheid se waarde gaan in duie stort soos nog nooit tevore gesien is nie. Hy waarsku dat die huidige slagspreuk van "Cash is King" gou verander in "Cash is Trash".

Een van die gevolge van die hiperinflasie is dat die verspreidingstelsel van goedere soos voedsel ineen gaan stort. Daarom raai hy Amerikaners aan om:

'n voorraad voedsel en noodsaaklike benodigdhede nou te begin opbou met voorskrifmedisyne vir minstens drie maande – en langer as dit kan.

fisiese goud, silwer en gehalte goudmynaandele aan te koop. "Maak seker jy het 'n paar duisend dollar in Amerikaanse en Kanadese goud- en silwermunte in veilige bewaring – soveel as wat jy kan bekostig."

trek na 'n veilige plek minstens twee ure weg van 'n groot stad – nie alleen is dit goedkoper om in die platteland te oorleef nie, maar hy waarsku blykbaar teen misdaad wat enorm gaan toeneem as die probleme werklikheid word.

Plaas geld oor na ander geldeenhede. Hy glo die Kanadese dollar en die geldeenhede van Singapoer en Hong Kong gaan die beste wees. Kalarblyklik het hy ook nievertroue in die Europese geldeenhede nie.

Sorg dat jy ten volle ingelig is oor wat in die Amerikaanse ekonomie aangaan. Moenie die propaganda en die leuens glo wat uit Washington kom nie.

McCoach beweer dat die Obama-adminsitrasie besig is om met onverbloemde sosialisme die land en die bestel wat Amerika se grondleggers geskep het, totaal te vernietig

Sy artikels kan gelees word by GoldWorld.com.

пескоструйное оборудованиеФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.