Brief: My geliefde denker, Jonathan Bowden

Jonathan Bowden toe hy ietwat jonger was

Jonathan Bowden (12 April 1962 – 29 Maart 2012) was ‘n Britse nasionalis, orator, skrywer, kunstenaar. Van al die mense wat na die tweede wêreldoorlog gebore is, het Bowden waarskynlik die grootste invloed op my politieke denke gehad. Objektief is Bowden naas Adolf Hitler en Martin Luther King die beste publieke spreker wat ek nog ooit gehoor het. Ek beplan ‘n reeks oor Bowden vir praag, maar aangesien dit vandag die vyfde herdenking van sy dood is, het ek besluit om regse Afrikaners wat nog nie van hom bewus was nie, in te lig oor een van die briljantste denkers wat die Anglo-wêreld in die laaste 50 jaar opgelewer het.

Die reeks onderwerpe waaroor hy toesprake gelewer het (omtrent 500 waarvan ek bewus is) handel grootliks oor die uitwerking van moderniteit op die blanke ras in die ná-oorlogse wêreld.

Bowden beskryf homself as ‘n “anti-humanistiese Nietzscheaan”. Dit wil sê hy staan humanisme vanuit ‘n Nietszchean perspektief teen. Die eerste dekade van die 21ste eeu was waarskynlik die donkerste in ons ras se geskiedenis. Die uiters Sionistiese en intervensionistiese beleide van die neokonserwatiewe Bush/Blair-vennootskap het die hele Midde-Ooste gedestabiliseer. Die wêreldekonomie het ineengestort en massa-immigrasie na blanke lande het letterlik eksponensieel toegeneem. In Suider-Afrika het swart regerings hulle greep op mag versterk en die era van brutale moorde op blankes het aangebreek. Dit is gedurende hierdie dekade wat Bowden vir homself naam gemaak het. In Brittanje se donker kroeë en verlate sale is sy vaardighede geslyp en teen die tyd dat hy sy laaste toespraak in Januarie 2012 in Amerika gelewer het, was hy volgens my die volmaakte voorbeeld van Nietszche se übermensch. Die toespraak se naam was “Bullet Through Steel”- ‘n metafoor van die blanke beskawing. Die blanke ras was histories die enigste ras wat as “a bullet that goes through steel” beskryf kon word. Dit beteken ons was die enigste ras wat oseane kon oorsteek, die mens kon laat vlieg en later op die maan kon plaas. Ons klassieke kunste, letterkunde en bydraes tot wetenskap is ongeëwenaard… En nou verkeer ons op die randjie van uitwissing.

Een van Bowden se belangrikste talente was sy vermoëns om verby Engeland se haatspraakwette te praat. Hy kon die intriges van die Engelse taal manipuleer om omstrede begrippe te verwoord. Volgens my is daar tans geen Afrikaner wat geleer het om die geheime van die Afrikaanse taal vir politieke en rasgedrewe doeleindes te manipuleer nie. As so ‘n skrywer/spreker wel in die toekoms na vore kom, sal die wreedaardige ANC-regime wat Suid-Afrika regeer hom beslis in kettings slaan, gesel en kruisig. Sy bloed sal deur die demoniese media-figure gedrink word en marxistiese professore sal bo-op sy dooie liggaam “twerk” (primitiewe Afrika-dansvorm).

Blankes in Suid-Afrika word nou daagliks op die wreedste maniere deur die Engelse vleuel van Koos Bekker se media-ryk verneder en geboelie. As jy voel daar is geen hoop nie – luister na Bowden- dis wat ek, Vicky doen. As ek depressief en woedend word (“black-pilled” in altregse lingo) luister ek na:

Enkele weke voor sy dood het hy ‘n reeks potgooie saam met ‘n jong Richard Spencer opgeneem. Hierdie reeks is meer waardevol as ‘n hele hoërskoolloopbaan se klasse. Dit is verpligte luisterstof vir enige Afrikaner wat deel van Altregs wil wees.

Ek sal in die toekoms skrywes publiseer waar ek in diepte Bowden se filosofie wil ontleed.

Vir nou… My 5 gunsteling toesprake is soos volg:

1) https://www.youtube.com/watch?v=DqZXqRXGIas
2) https://www.youtube.com/watch?v=4YqKf3v2aPs
3) https://www.youtube.com/watch?v=sDGWr8kMBk8&t=1935s
4) https://www.youtube.com/watch?v=eiZ7W4X9JCM
5) https://www.youtube.com/watch?v=9MEvGbTrwvo

— Vicky

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.