Poetin: Die enigste oortreding in Sirië is VSA wat internasionale reg skend

'White Helmets' wat slagoffers van Saringas ongelooflik sonder handskoene hanteer; Trump; Poetin

In ‘n onderhoud met Mir 24 TV-kanaal, het die Russiese leier Wladimir Poetin gesê daar is geen bewyse nog dat die Siriese regering chemiese wapens in Idlib gebruik het nie, maar daar is ‘n duidelike bewys dat die internasionale reg geskend is deur Washington.

“Waar is ‘n bewys dat die Siriese troepe chemiese wapens gebruik het? Geen bewyse. En wat van die skending van die internasionale reg? Dit is ‘n duidelike feit,” het hy gesê. Moskou het daarop aangedring dat ‘n VN-span na die area gestuur word om ‘n onpartydige ondersoek te loods.

Vroeër het die Russiese president gesê dat die onlangse chemiese aanval in die provinsie Idlib in Sirië ‘n valsvlagoperasie was, en dat meer soortgelyke “afskuwelike” aanvalle deur die Amerikaners voorberei word volgens inligting wat bekom is. “Ons het verslae uit verskeie bronne dat valsvlae soos hierdie een – en ek kan dit nie anders noem nie – voorberei word in ander dele van Sirië, insluitend die suidelike voorstede van Damaskus.”

“Hulle beplan om ‘n paar soorte chemikalieë daar te plant en die Siriese regering van ‘n aanval te beskuldig,” het Poetin aan verteenwoordigers van die media gesê, en byvoeg dat hy “betroubare bronne” het tydens ‘n gesamentlike perskonferensie met die Italiaanse president Sergio Mattarella in Moskou.

Hy het die aanval in Sirië vergelyk met die aanval op Irak waar die leuen van wapens van massavernietiging wat aangewend sou word deur Saddam Hussein, gebruik is as ‘n verskoning om Irak binne te val. “President Mattarella en ek het dit bespreek, en ek het vir hom gesê dat dit my sterk herinner aan die gebeure in 2003, toe die Amerikaanse verteenwoordigers by die sessie van die VN-Veiligheidsraad die vermeende chemiese wapens gevind in Irak voor die wêreld opgehou het,” het Poetin gesê.

“Die militêre veldtog wat toe in Irak van stapel gestuur is, het geëindig met die verwoesting van die land, die groei van terrorisme en die opkoms van Islamitiese staat op die internasionale toneel,” het hy bygevoeg.

Poetin het ook die reaksie NAVO lid-state beskryf as weersinwekkend na die Amerikaanse aanval in Sirië, soos “knikkende dofkoppe” wat daarop dui dat baie nie die begryp waaroor dit gaan nie.

“Wat was die reaksie van die NAVO-bondgenote? Almal van hulle knik soos dofkoppe,” het Poetin bygevoeg. Dit bly steeds verstommend dat NAVO Rusland as vyand nommer een sien en internasionale Islamitiese terreur totaal ignoreer.

Volgens die Amerikaanse Verdediging Sekretaris James Mattis, tydens die nuuskonferensie by die Departement van Verdediging, het hy beweer hy het persoonlik die intelligensie gesien oor die chemiese aanval in Idlib, Sirië en die Siriese regering is ongetwyfeld verantwoordelik, maar ook hy kon geen bewyse gee om sy beskuldigings te ondersteun nie.

Die Siriese regering het die bewerings ontken en ‘n Siriese weermagbron het aan Sputnik-nuus gesê dat die land nie chemiese wapens besit nie.

Rusland sê dat Damaskus het geen rede gehad, strategiese belang, of selfs die fisiese vermoë om ‘n chemiese wapenaanval te loods nie, aangesien sy hele arsenaal – met die uitsondering van voorrade in terroriste beheerde gebied – onder VN-toesig vernietig is in 2013.

“Uit 12 fasiliteite wat gebruik word vir die stoor en die vervaardiging van chemiese wapens, is tien vernietig, soos bevestig deur die OPC-kundiges. Die Siriese regering het geen toegang tot die oorblywende twee fasiliteite nie, want hulle is geleë in die grondgebied wat beheer word deur die sogenaamde opposisie,” het die weermaghoof, Russiese generaal Sergei Roedskoi, by sy nuuskonferensie gesê.

Maar die Amerikaners hou vol met die oordrewe emosionele retoriek. Die Withuis se perssekretaris Sean Spicer het gister gesê “Adolf Hitler het nie chemiese wapens gebruik teen mense nie” op dieselfde manier wat Sirië gedoen het nie, wat daarop dui dat hy meen Jode nie in Duitsland vergas is deur die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog nie.

“[Met Sirië se president Assad] het jy iemand meer veragtelik as Hitler, wat nie eens so laag gedaal het soos om chemiese wapens te gebruik nie,” het Spicer gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Karel Combrinck

    Die manewales van mnr Trump maak nie juis veel sin nie. As ‘n mens mnr Trump egter vir die oomblik, ter wille van ‘n bietjie meer rasionaliteit buite rekening laat, is daar uit Washington se langtermynoogmerke in die Oos-Middellandse seegebied wel sin te maak. Eerstens is daar natuurlik die belange van Israel, maar dan ook die feit dat Sirië Rusland se toegangsplatform tot die Middellandse See is. Die verlies van Sirië sal Rusland se vermoë om weerstand te bied teen die Amerikaners se program van wêreldoorheersing ‘n gevoelige slag toedien. Waarskynlik is mnr Trump se bokspronge toe te skryf aan druk wat die geldmagte en die militêr-industriële belange in hierdie konteks op hom uitoefen.

  • Maar is daar enige bewyse dat Hitler chemiese wapens teen mense gebruik het of dat Jode deur Nazi’s vergas is gedurende die Tweede Wêreldoorlog? Is dit nie ook maar ʼn leuen wat vertel is om die opponente van internasionale geldmagte swart te smeer nie – soortgelyk aan die leuen oor Assad se aanval teen Sirië se mense? Tot watter mate kan Poetin vertrou word indien hy so geredelik saamwerk met die Suid-Afrikaanse regering?

    • sussie se vissie

      Indien hierdie bewyse bestaan, het hul dit seker aangeleer by n nasie met inbors en wie ondermeer bekend is vir hul ‘sense of fair play’.
      Want sien, so ver terug as in die dae van Henry die 3de ( 1216 – 1272 ) is die gebruik van ‘quicklime’ ( kalsiumoksied ) aangewend om Franse soldate tydens skermutselings op see te verblind.
      Die sukses in internering van vroue en kinders……………. ( sug – durf ek voortgaan ? )

      In kort.
      Hoog tyd dat HIERDIE hipokritiese drêk-nasie n slag voor stok gekry word.

  • Vicky

    Die ((())) druk baie hard vir oorlog teen Dr Assad.

  • Rifrug

    ” … chemiese wapens gberuik het?” – ‘gebruik’

    • Rooikop

      Die “geberuik” van chemiese wapens kan nogal nadelig wees vir jou eie gesondheid. 🙂

  • Skisofreen

    Ek verstaan nie die ontnugterde Trompie ondersteuners in Amerika nie. As jy vir iemand stem, dui jy daarmee aan dat jy 100% vertroue in daardie persoon se oordeel het. Dit is tog waarom jy sodanige mense met die mag oor lewe en dood toevertrou! As daardie persoon belydsrigting of beginsels verander en soms noodgedwonge vir jou lieg, kan dit slegs wees omdat daardie persoon dit doen vir jou beswil. Hy speel waarskynlik 3D skaak en ‘n goeie president het pionne nodig. Selfs al het jy vir ‘n ander kandidaat gestem, het jy daarmee jou instemming gegee dat die proses die mees verstandige kandidaat sal oplewer. Dit is ‘n kwessie van statistiese waarskynlikhede. Ek wys Amerikaners wat die wysheid van die stelsel betwyfel altyd met opregte trots op die sukses wat die stelsel in ons reënboognasie teweeggebring het, en dat ek vir ewig dankbaar is teenoor hulle leiers wat ons leiers “aangemoedig” het om die stelsel hier ter plaatse in werking te stel!

    • Kalium_Chloraat

      Dit is soos moderne politiek werk – die ware mag sorg dat net hul kandidate voorgestel word vir die stemvee om tussen te kies. Soort van soos SAB wat hul biere teen mekaar laat kompeteer. Hier sit ons met dieselfde probleem – die mense betoog teen Zuma en word aangehits deur die media (establishment se wapen) om te dink dit sal beter gaan as hy uittree. Terminaal naïef.

  • Rooikop

    “Turncoat Trump” – Net soos sy voorganger het hy belowe om dinge “anders” te doen. Toe land hy in die bestuursitplek en kom agter dit is nie ‘n bus nie maar ‘n trein waar iemand anders die spore gelê het. Hierdie spoorlêers speel altyd AL die kante van die politiek om seker te maak hulle marionette is in beheer.

    Hoe weet jy ‘n politikus lieg? Sy lippe beweeg.

    • Rooikop. Trump se mooiklinkende beloftes oor nie-inmenging in ander lande se militêre konflikte is toe vervang deur sy onlangse besluite wat die belange van die magsugtige super rykes vooropstel.
      Vergelyk in verband hiermee sy verklaarde voorneme in 2016 om ISIS te “vernietig”:

      “We will stop racing to topple foreign regimes that we know nothing about, that we shouldn’t be involved with. Instead, our focus must be on defeating terrorism and destroying ISIS, and we will.” – http://www.reuters.com/article/us-usa-trump-military-idUSKBN13W06L

    • sussie se vissie

      Want hul praat die meeste van die tyd van ‘onder’.
      Klomp stinkasems…dié spul.
      😉

    • G

      Rooikop tot jou eer was jy die enigste ou wat gewaarsku het teen Trump voor hy sy basis totaal versaak het.

      • Rooikop

        Dankie G – ek is hartseer dat ek “reg” was – Ek het gehoop dat daar daadwerklike verandering in die Amerikaanse politiek sou gebeur. Is hierdie nie ook maar net ‘n manier om vir die regterkant ‘n punt te bewys nie? Daardie stelsel het twee gesigte, of soos die indiane dit altyd in die flieks uitwys “white man speaks with forked tongue”. Die uiteinde is dat die mense by die volgende verkiesing net nie gaan opdaag nie want dit maak nie saak nie.

  • Maus

    Ja, ons bly al lank op ‘n piesang planeet. Die koning is poedel naak, maar die propaganda bly uitgaan dis die stigtelikste uitrusting ooit.