Duitse sokkerspan oorleef bomaanval met klein beserings

Die toeskouers is niks van die bomaanval vertel nie

‘n Verdediger van die sokkerspan Borussia Dortmund, Marc Bartra is in die hospitaal opgeneem is nadat hy Dinsdagaand in ‘n ontploffing beseer is kort voor die span in die kwarteindstryd van die UEFA Kampioenskapsliga teen Monaco te staan sou kom.

Die kragmeting sou by hulle tuisstadion in Dortmund in Duitsland plaasvind. Volgens die polisie het drie ontploffings plaasgevind kort nadat die bus met die span hul hotel verlaat het.

Die wedstryd is na die ontploffings uitgestel tot vanaand. Bartra is die enigste speler wat in die ontploffings beseer is. Hy het ‘n operasie ondergaan vir ‘n gebreekte been in sy gewrig.

Die Duitse polisie praat van spore van “ernstige plofstof” wat gevind is en is glo in besit van ‘n brief waarin verantwoordelikheid vir die ontploffing geneem word, maar DPA, die Duitse nuusagentskap sê dit word nie verbind met terreur nie.

Dit is dalk so, maar indien dit wel verbind kan word met terreur gaan dit sokker duur kos, en dit sal nie verbasend wees as die owerhede dit wil toesmeer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Charl Coetzee

    Solank hulle net nie die 5 Duitse skepe wat Luderitz to moet kom opblaas nie …..