Nedlac en Gigaba sal glo saam planne beraam om ekonomie te red

Die Nasionale Ekonmomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac, sê hy en die Minister van Finansies, Malusi Gigaba, het maatreëls bespreek wat ingestel sal word om ‘n verdere kredietafgradering te verhoed.

Dit volg op twee internasionale graderingsagentskappe se onlangse afgradering van Suid-Afrika se ekonomie na rommelstatus, het RSG berig.

Ekonome het die afgraderings toegeskryf aan President Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling twee weke gelede waartydens Minister Pravin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, uit die portefeulje van finansies verwyder is.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê Nedlac is daartoe verbind om die impak van die afgradering te beperk.

Die jongste vervaardigingsyfers van Statistieke Suid-Afrika toon dat die sektor onder enorme druk is. Februarie se vervaardigingsyfers het met 3,6 persent afgeneem, wat aansienlik laer is as die markvooruitskatting van 0,1 persent.

Die senior ekonoom van Nedbank, Nicky Weimar, sê dié afname kan die verwagte groeisyfers vir die ekonomie negatief beïnvloed.

Weimar sê sóós in mynbou en nywerheid, toon vervaardiging soms ook ‘n redelik sterk opwaartse swaai van een kwartaal na ‘n volgende – wat ‘n wesenlike invloed op groeisyfers kan hê.

Sy sê sy voorsien egter dat mynbou sal herstel namate die vraag verhoog en kommoditeitspryse herstel, hoewel dit duidelik baie langer neem as wat aanvanklik geraam is.

Die daling in die rand wat gevolg het op Zuma se skommeling, het die uitvoermoontlikhede verbeter, ironies genoeg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.