Busstaking kan Paasnaweek ontwrig

Die MyCiti-busdiens in Kaapstad is van môreoggend af opgeskort word weens die landwye busbestuurderstaking. Die Metro het pendelaars gevra om alternatiewe reëlings te tref tot verdere kennisgewing.

Die Metro sal die treindiens, Metrorail en die nasionale taxiraad nader in ‘n poging om 71 000 pendelaars by te staan, wat daagliks van die MyCiti-busdiens gebruik maak.

Derduisende buspendelaars landwyd kan dié Paasnaweek gestrand wees indien busbestuurders wat aan die vakbond, Numsa behoort, môre weens ‘n salarisgeskil begin staak.

Numsa het ‘n kennisgewing van sy voorneme om te staak aan die werkgewers oorhandig. Numsa sê hulle het ‘n dooie punt bereik ondanks bemiddeling deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie.

Numsa sê die werkgewers het hulle eis vir ‘n salarisverhoging van 15 persent verwerp asook verbeterde werksomstandighede. Busbestuurders wil oortydbetaling hê, veral vir werk op Sondae en Openbare Vakansiedae.

Die busdienste wat meestal geraak word is Buscor, Autopax, Greyhound, Putco, Gauteng Coaches, Mega Coaches, Mayibuye, Rea Vaya, Great North Transport, Golden Arrow en ander kleiner busdienste.

Busmaatskappye het tot vanaand tyd om met vakbonde in gesprek te tree om tot ‘n vergelyk te kom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Moenie vir een oomblik dink dat die Moloto-pad enigsens veiliger hierdie langnaweek gaan wees nie , die swak drywers gaan skerp toeneem !!!
    Smaak my die “Revolusie ” begin homself van binne vernietig , en ons voorland is dan die doringbos regering ….van sleg tot slegter !

  • Rooikop

    Beteken dit die paaie Noord gaan begaanbaar wees hierdie paasnaweek?

    • Ou Transvaal

      Dink net legioene kamakazi Taxis in die plek van busse…

    • Kalium_Chloraat

      Nee – duisende misleide gesinsmotors met sterk enjins.