Sweedse terreuraanval: Jihadis het kinders aspris probeer raakry

Die Sweedse media het die identiteit van die man van Uzbekistan bekend gemaak wat na bewering Vrydag ‘n groep voetgangers in Stockholm doodgery het.

Uzbekistan se bevolking is bykans 90 persent Moslem. Die res is Ortodoks.

Rakhmat Akilov is volgens berigte ‘n Moslem-konstruksiewerker en pa van twee wat die owerhede ontduik het om te keer dat hy gedeporteer word.

Hy het na bewering ‘n vragmotor met ‘n vrag bier gesteel en in ‘n besige straat vol voetgangers gejaag voordat hy in ‘n winkel vasgery het. Vier mense is dood en vyftien is beseer.

Volgens ooggetuies het die terroris opsetlik kruis en dwars oor die pad geswenk om spesifiek kinders raak te ry. Die elfjarige dogtertjie wat doodgery is, was doof en het nie die vragmotor hoor aankom nie, het Sweedse media berig.

Die Sweedse vrou by wie die Moslem gewoon het, het aan die media gesê sy het nie geweet hy is ‘n jihadis nie, want “hy het gedrink”. Sy het blykbaar niks van sy ideologiese jihadisme geweet nie.

Die Noorweegse polisie het intussen in Oslo ‘n toestel, soortgelyk aan ‘n bom, in die middestad gekry. Die BBC berig ‘n gekontrolleeerde ontploffing is toe uitgevoer.

‘n Verdagte is ook in hegtenis geneem. Die land se veiligheidspolisie het die ondersoek oorgeneem. Geen besonderhede oor die verdagte is bekendgemaak nie.

Die polisie in Oslo en in ander Noordweegse stede het Vrydag begin om wapens te dra in reaksie op ‘n beweerde terreuraanval in Swede toe ‘n vragmotor tussen mense ingery het. Vier mense is dood en 15 is beseer.

Verskeie verdagtes is reeds in hegtenis geneem ná die vragmotor-aanval, maar die Sweedse polisie is besonder versigtig om nie Islam as die rede vir die aanval uit te sonder nie.

In Egipte het die president Abdul Fattah al-Sisi ‘n noodtoestand vir drie maande afgekondig nadat meer as 40 Christene dood is in twee bomaanvalle by Koptiese kerke.

Die eerste bom het in die St. George-kerk in die stad Tanta ontplof en die tweede aanval was buite die Koptiese katedraal in Alexandrië.

Die weermag sal ontplooi word om die polisie by te staan om noodsaaklike infrastruktuur te bewaak. Die Islamitiese Staat het vroeër aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Wim Kotze

    ‘n Uzbek… Die Russe noem hulle swartes al het hulle rooi hare.

  • Charles

    Hehe, belaglik. Hierdie skandinawiese grapjasse gaan nog hul moses teekom deur islam.
    Daardie dag gaan ek my gat af lag;)

    • Dave

      jy’t ‘n snaakse sin vir humor.

      • Charles

        Dankie Dave;)

  • Kalium_Chloraat

    Swede het terroriste wat ons aangeval het geprys en ondersteun, hoe lyk dit nou, Swede, wat sal julle sê vir die wat nou julle aanvallers ondersteun?

    • Charles

      Ag lekker, kry bietjie vir julle julle skandinawiese toiletskuim!

    • Wim Kotze

      Meeste van hulle het gesê dis goed dat die boere gebom is, en om diè oortuiging te bevestig het hulle ‘n hele muur van Uppsala Katedraal met Mandela se bakkies versier.

  • Skisofreen

    Daai mohammedane is verskriklik. Kyk hoe mooi mik hulle om seker te maak hulle ry negentien mense raak! Dit is ‘n boodskap van Aalha Laakbaar – Soera Maryam 19:19.