Terreuraanval ruk Swede

Deel op

Vyf mense is dood en talle beseer nadat ‘n vragmotor in voetgangers ingeploeg het in die sentrum van die Sweedse hoofstad Stockholm.

Die voorval het op die besige winkelsentrumstraat van Drottninggatan omstreeks 15:00 vanmiddag plaasgevind.

Die biervragmotor is gesteel terwyl die bestuurder ‘n nabygeleë aflewering kort voor die aanval gedoen het.

Sweedse polisie het bevestig dat hulle die voorval as ‘n terreuraanval hanteer.

Die vermeende aanvaller is gesien wat vlug na ‘n nabygeleë metrostasie en die ondergrondse vervoernetwerk van die stad is daarna gesluit. Sy foto is intussen deur die wetstoepassers vrygestel.

Sweedse inwoners van Stockholm het aan PRAAG gesê hulle het het so ‘n aanval gevrees nadat dit reeds in Nice, Berlyn en Londen gebeur het.

Angsvallige voetgangers het in alle rigtings begin hardloop na die aanval.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.