VK, VSA en Frankryk blameer Assad vir chemiese aanval

Die geskiedenis herhaal homself: Genl. Colin Powell lieg skaamteloos oor WMV's in Irak;

Die Verenigde Koninkryk, VSA, en Frankryk blameer persident Assad vir ‘n chemiese aanval in die Veiligheidsraad in ‘n konsep-resolusie

Tydens ‘n noodvergadering gehou deur die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN-Veiligheidsraad) Woensdag, oor die vermeende chemiese aanval in die provinsie van Idlib, Sirië, is die skuld op die Siriese regering gepak.

Die drie lande sê die beweerde chemiese aanval in Idlib is deur die Siriese weermag uitgevoer op 4 April.

Maar Moskou het kategories die konsep-resolusie verwerp. Die gebied waarin die aanval gebeur het, is onder die volle beheer van terroristegroepe wie se posisies soms geteiken word deur die Russiese en Siriese Lugmagte.

Siriese betrokkenheid by die beweerde aanval blyk hoogs onwaarskynlik te wees. Na ‘n ongekende chemiese wapenaanval in Sirië se Oos-Ghouta in 2013, toe ‘n paar honderd mense gedood is, het Sirië by die Konvensie oor die verbod van chemiese wapens aangesluit.

In Januarie 2016, het die OPC aangekondig dat Sirië se hele chemiese wapenarsenaal vernietig is.

Die sogenaamde White Helmets en die Siriese Observatory for Human Rights, beide geborgde nie-regeringsorganisasies wat die nuus van die beweerde aanval gebreek het, is berug vir hul verbintenis met anti-Assad terreurgroepe. Die SOHR is ‘n eenman-propaganda-operasie uit Londen sonder inligting van wat in Sirië gebeur, maar vreemd genoeg neem die hoofstroommedia hom heel ernstig op.

Die Turkse regering het intussen die grens gesluit by die Bab Al Hama grenspos, en weier ambulanse uit die rigting van Khan Sheikhoun, waar die “aanval” glo gebeur het om Turkse grondgebied te betree.

Die Siriese weermag is besig om die terroriste in die platteland van Hama terug te dryf, veral die Al Nusra Front. Hulle het dus nie nodig gehad om enige chemiese aanval uit te voer nie.

Die dorpie Khan Shaikhoun self is geleë op die administratiewe grens tussen die provinsies van Hama en Idlib.

In 2013, ná die Ghouta chemiese aanval, is die eposse van ‘n Britse huursoldaatmaatskappy onderskep deur krakers, en dit het toe geblyk dat die skuld wat op Sirië gepak is in 2013 vir ‘n chemiese aanval, die werk van ander partye kon gewees het.

Die Britse huursoldaatmaatskappy, Britam Defense, het sedertdien erken dit is hulle eposse, maar beweer dat die kraker “JAsIrX,” die materiaal “vervals” het.

Maar die volume van gekraakte dokumente van Britam laat dit hoogs onwaarskynlik lyk. Die eposse is aanvullend tot waarskuwings deur Israel en die Obama Withuis dat Siriese leier Bashar al Assad “moet gaan”.

Jaromír Kohlíček, Tsjeggiese politikus en ‘n lid van die Europese Parlement het gesê dat die drie lande en sekere Arabiese borge dra die verantwoordelikheid vir die plaag van terrorisme in Sirië en Irak.

In ‘n onderhoud met die Tsjeggiese koerant BLESK, het hy gesê dat die terroriste groepe in Sirië, finansiële ondersteuning en toerusting van die Saoedi-en Qatari regimes asook van spesifieke westerse lande, naamlik die VSA, Frankryk en Groot-Brittanje, ontvang.

Hy sê dat die Siriese weermag wapens en toerusting ontdek het wat geskenk is deur sekere westerse lande, soos Groot-Brittanje, na die bevryding van woongebiede in die ooste van Aleppo.

Nikki Haley, Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, het Woensdag te kere gegaan teen die Siriese regering en met geweld gedreig, sonder enige bewyse dat hulle verantwoordelik is.

Die New York Times en ander hoofstroom Amerikaanse propaganda-afsetpunte het ook onmiddellik die skuld op die Siriese regering gepak.

Die Times het twee van sy mees toegewyde anti-Siriese regeringspropagandiste op die Siriese gif-gas storie uitgeplaas, naamlik Michael B. Gordon en Anne Barnard.

Gordon se mede-skrywer, Judith Miller, is die enigste Amerikaanse joernalis bekend wat al ‘n werk verloor het oor haar roekelose leuens oor Irak se kamtige wapens-van-massavernietiging. Haar skaamtelose propagandaleuens het bygedra tot die menslike tragedie in daardie land.

Gordon was self ‘n mede-outeur van ‘n valse Times se voorbladberig op April 21, 2014, toe die departement van buitelandse sake en die Oekraïnse regering vervalste foto’s van Russiese soldate in die Oekraïne gebruik het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.