Oproeriges gooi klip by Ogies en Hoedspruit

Meneer Koko

Vyf-en-twintig oproeriges is by Ogies in Mpumalanga in hegtenis geneem na ‘n onwettige optog Woensdag deur jeugdiges in die gebied. Hulle het die polisie, veiligheidswagte en geboue met klippe bestook.

Die betogers het ‘n beroep op die waarnemende bestuurshoof van Eskom, Matshela Koko gedoen om te bedank nadat hy na bewering miljard rand se tenders aan sy stiefdogter toegeken het.

Hulle is ook ontevrede oor die sluiting van vier kragstasies in die provinsie. Die betogers het na die Kusile-kragstasie opgeruk.

Intussen is ‘n tweede vragmotor aan die brand gesteek in Namakgale by Phalaborwa in Limpopo. Inwoners betoog teen die indiensneming van twee gemeenskapskakelbeamptes by die Phalaborwa-mynmaatskappy.

Die R40 by Hoedspruit word met rommel versper. Die myn se woordvoerder, Zulu Shikati sê werksaamhede by die myn is opgeskort.

Shikati sê die myn sal vanmiddag met gemeenskapsverteenwoordigers en die plaaslike munisipaliteit vergader om die probleem te probeer oplos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.