Olifante trap Kruger-werknemer dood

‘n Werknemer van Kruger Nasionale Park is doodgetrap deur ‘n olifant, terwyl ‘n ander ernstig beseer is nadat ‘n groep van SANParke se werknemers aangeval is deur ‘n trop Maandagmiddag.

Die voorval het by die Mooiplaas-afdeling van die park, naby Mopanikamp voorgekom. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Volgens Kruger Nasionale Park woordvoerder William Mabaso, is die polisie en medici na die toneel ontbied. Daar kon egter niks gedoen word vir een van die werknemers wat op die toneel gesterf het nie. Die beseerde werknemer is inderhaas na ‘n hospitaal in Tzaneen geneem.

“Namens die SANParke bestuur en personeel wil ons graag ons innige meegevoel aan die familie, vriende en familie van die oorledene betuig, en aan die ander kollega wat tans in die hospitaal is ‘n spoedige herstel toewens,” het Mabaso gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Hans Onrust

    Die zullen ooit eerder een paar stropers op hun soortgenoten aan het werk hebben gezien, en dat niet vergeten zijn.
    Neem het ze eens kwalijk.
    Zal best bevestigd kunnen worden door een bioloog.

  • Chroom

    Sien, tot die olifante raak nou bedonnerd oor wat in Suid Afrika aangaan.

    • Daar word dan nou ook ewe vroom gesipatiseer met die oorledene se naasbestaandes en beterskap toegewens vir die beseerde. Ai hoe bliksems skynheilig kan hulle nie wees nie. Ek glo alle nodige amptenare het in ‘n straler gespring en opgeskiet na die wildtuin toe om die saak te gaan bespreek en ondersoek en dan sommer ‘n paar glasies sjampanje te lig op die oorlewende.
      Nog NOOIT het ek ooit iets gehoor van enige PARLEMENTSLID of enigiemand wat iets naastenby soortgelyks gedoen het vir oorledenes of oorlewendes en naasbestaandes van PLAASMOORDE nie. Ek dink dit het nou ‘n nasionale sport onder swart geledere geword. ons moet bietjie kyk as ons weer ‘n moordvoorwerp bekom hoeveel kepies daarop uitgekerf is van hoeveel boere daardie kêrel al vermoor het.

  • Nick

    “Researchers believe elephants’ good memories are a big part of how elephants survive and why so many live so long”