Duitsland in skok na verkragtings, moord by ouetehuis deur swarte

Duitsland is in skok na ‘n dubbele verkragting, en moord deur ‘n swart migrant by ‘n ouetehuis in Neuenhaus, ‘n dorp in die distrik Bentheim in Nedersakse.

‘n Somaliese “asielsoeker” is aangekla van verkragting van twee gestremde mans in ‘n tehuis asook die moord op die vrou van een, in die vroeë oggendure van 22 Oktober verlede jaar.

Die “18-jarige” het na berig word ingebreek by die ouetehuis in Neuenhaus, waar hy ‘n verlamde 59-jarige man verkrag het. Die polisie sê die migrant het daarna ‘n bejaarde in ‘n aangrensende kamer verkrag, voordat hy gekonfronteer is deur die 87-jarige vrou van die slagoffer.

Na wat verneem word het die vrou in dieselfde kamer as haar man by die Haus am Bürgerpark ‘n bejaarde sorghuis, gewoon.

Die vrou van die tweede slagoffer het die verkragter verras waarna hy haar met “groot krag” vermoor het om te verhoed dat hy gevang word, volgens Duitse polisiebronne.

Die beskuldigde is tans in ‘n psigiatriese inrigting vir waarneming, want hy was glo in ‘n “alkoholiese toestand” met “geestelike probleme”. Dié twee kesssies kan uiteindelik lei tot verminderde straf.

Sy verhoor sal voor die Land Gericht Osnabrück se jeugfasiliteit plaasvind, maar dit is nie seker of die dader wel ‘n jeugdige is nie.

Die 32-jarige opsigter het Woensdag, nadat hy die skof van ‘n kollega oorgeneem het, op die dader afgekom. Om middernag, het alles gelyk of dit nog in orde was, maar op die middelste vloer, het hy skielik ‘n persoon teëgekom wat ​​in die gang in die dowwe gloed van die naglig staan.

“Ek was verbaas en het gedink dit was ‘n inwoner,” het die verpleër verduidelik. Die vermeende verkragter het daarna doodluiters die trappe afgeloop na die grondvloer in die rigting van die hoofingang, maar skielik verander van rigting en ontsnap.

Die Somaliër is egter gou in hegtenis geneem na die misdade. In sy huis, het die polisie ‘n paar wit – nog klam – tekkies, en ‘n stel nat klere in die kas ontdek. Dit is deur ‘n 53-jarige polisiesuperintendent aan die media onthul.

Verlede maand het ‘n 19-jarige Marokkaanse migrant skuldig gepleit op die verkragting van ‘n 90-jarige Duitse vrou helder oordag op pad huis toe van die kerk.

Verlede week is aangekondig dat die Afghaanse reeksmoordenaar en verkragter, Hussein K., deur Duitse aanklaers as ‘n jeugdige beskou word, ten spyte van verskeie mediese ouderdomskundiges wat bepaal het dat hy 22-jaar oud was toe hy die 19-jarige Maria Ladenburger vermoor het. Hy het haar liggaam in Dreisamrivier in Freiburg gegooi.

Die meisie was die dogter van ‘n top Eurokraat, en ten minste die tweede slagoffer van die moordenaar.

Hy het voorheen ‘n ligte twee-en-‘n-half jaar tronkstraf uitgedien vir die verkragting en moord op ‘n jong Griekse student wat hy daarna van ‘n krans afgegooi het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.