Kragtige aardbewing skud Suider-Afrika

‘n Kragtige aardbewing van 6,5 op die Richterskaal het ‘n yl bevolkte gebied in Botswana Maandagaand geskud. Geen sterftes is aangemeld nie.

Die skudding was sowat 230 kilometer noordwes van Gaborone en was op ‘n diepte van 29 kilometer. Die skudding om 20 voor agt gisteraand is tot in buurlande gevoel.

Verskeie berigte is ontvang dat die skudding duidelik in Gauteng gevoel kon word. In Johannesburg is twee geboue as voorkomingsmaatreël ontruim.

‘n Seismoloog van die raad van geo-wetenskap, Dr. Martin Brandt, sê die skudding om agt minute oor vyf, was inderdaad ‘n aardbewing. Brandt sê egter daar is nie rede tot kommer nie.

Hy sê die aardbewing van 4,6 se epi-sentrum was in die Klerksdorp-omgewing in Noordwes. Dit is so ver as Welkom in die Vrystaat en Pretoria en Johannesburg in Gauteng gevoel.

Noordwes se regering het bevestig dat ‘n aardbewing in die vroeë oggendure van Maandag 5.2 op die Richterskaal geregistreer het.

Die aardbewing was 5 km onder die aarde se oppervlak en sy episentrum was binne 8 km van die Noordwes dorpie Stilfontein.

LUR Galaletsang Gaolaolwe sê die provinsiale rampbestuur se span is gestuur om die situasie te evalueer.

ESKOM het bevestig dat daar slegs ‘n kragonderbreking was wat reeds reggestel is. Die Kamer van Mynwese en die Departement van Minerale Hulpbronne het ook bevestig dat daar geen beserings was nie.

Kragtige aardbewings in Suider-Afrika is ‘n seldsame verskynsel. Mosambiek het in 2006 deurgeloop onder ‘n skudding van 7,5 waarin vier mense omgekom het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Ek het seismiese sekuriteitstoerusting naby Rustenburg geinstalleer – dit het tog te pragting om 19:43 gisteraand vir my vertel als is nie pluis nie.

    • My genugtig Rooikop. Ek lees nou eers jou kommentaar. Heng dit moet seker baie interressant wees, en aan die ander kant ook weer baie spanningsvol niewaar.