ISIS het enkele dae voor St Petersburg-aanslag waarskuwing gerig

ISIS het enkele dae voor die aanslag op ‘n moltrein, gewaarsku dat hulle Rusland sal teiken en boodskappe en grubeelde op sosiale media verspei waarin hulle ondermeer die land se president wys met wonde aan sy kop.

Een boodskap het gelui: “Ons sal Rusland brand.”

Die Russiese moltreinstelsel in St Petersburg het tot ‘n stilstand gekom ná Maandag se terreuraanslag toe ‘n ploftoestel op ‘n moltrein die lewens van minstens drie kinders geëis het.

Russiese owerhede het nou deursoekingsbevele verkry vir twee mense in verband met die ontploffing waarin tien mense dood en 37 beseer is.

Voorlopige ondersoeke toon dat opsporingskameras moontlik die bebaarde Moslemaanvaller op film vasgelê het.

Nog ‘n tuisgemaakte ploftoestel wat op die trein gevind is en as ‘n brandblusser vermom is, is skadeloos gestel. Albei toestelle was met skrapnel gevul.

Die polisie het begin met ‘n amptelike terreur-ondersoek.

Gerugte wil dit hê dat die aanslag op die Russiese president Vladimir Poetin beplan is wat daar naby in sy tuisstad ‘n toespraak sou hou, maar amptenare wou dit nie bevestig nie.

Intussen het Moslems op Aljazeera se Arabiese blad gejuig oor die aanslag. Voorheen het hulle mekaar gelukgewens op France24 se Arabiese kanaal toe ‘n swart bekeerde Moslem met ‘n motor voetgangers in Westminster afgemaai het in Londen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.