Skrander wit UV-student doodgeskiet deur swart rower

Saun Kroon
Deel op

Die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is glo “geskok en hartseer” oor die koelbloedige moord op die agtienjarige Sean Kroon, eerstejaar BSc student, die aand van 1 April 2017.

Hy is deur ‘n swarte doodgeskiet in ‘n studentehuis in Universitas, Bloemfontein, tydens ‘n gewapende rooftog. Die Universiteit verwys daarna as ‘n “ontydige dood”.

“Ons innige meegevoel gaan aan sy ouers, familie, vriende en tydens hierdie hartseer tyd,” sê prof Francis Petersen, visekanselier en rektor van die UV.

Die veiligheid van kampusstudente bly ‘n “uitdaging vir die universiteitsbestuur in terme van ons jurisdiksie” sê prof Petersen.

Sean se ouers het van Willowmore gereis nadat hulle nuus ontvang het van hul kind se dood wat saam met 5 ander studente in Veensingel gewoon het.

Hy het saam met ander studente gewoon wat al voorheen beroof is en die vermoede bestaan dat die aanvaller voorheen op studente geskiet het. Sean het glo met die swart aanvaller gestoei wat hom in die bolyf geskiet het om sy skootrekenaar te steel.

Die skrander Sean het as flank vir die eerste rugbyspan uitgedraf van die Hoërskool Union, waar hy gematrikuleer het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.