Britse invloedsmouse beplan opmars teen Zuma

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê dit is nou in die hande van die land se mense om hulself te mobiliseer om Zuma uit die kussings te lig, omdat talle hul lewe opgeoffer het vir die SAKP.

Die SAKP het op ‘n nuuskonferensie op die kampus van die Universiteit van Kaapstad gesê die kabinetskommeling het “groot spanning” in die regerende alliansie veroorsaak, maar dit klink na pure onsin. Die party self het in elk geval nog nie uit die regering bedank soos hulle vroeër gedreig het om te doen nie.

Wat is die kanse dat Zuma gaan tou opgooi? Die DA sal nooit genoeg ondersteuning kry om ‘n meerderheid te verseker nie. Die ANC het 249 setels en die opposisiepartye 151. Dus het die DA 50 setels uit die ANC nodig vir ‘n meerderheid en meer waarskynlik selfs 60, want ander kleiner partye sal ‘n swart leier eerder steun.

Die EFF se kanse lyk nog meer beroerd want hulle het 70 ANC-LP’s nodig om teen Zuma te stem. Al daardie stemmers weet ook vir seker dat hulle teen die volgende verkiesing hardhandig van die soustrein afgegooi gaan word, en daarom gaan hulle hul Zuma-kaartjies laat stempel. Hy sit immers nou vierkantig in die lokomotief.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê hy sal môre met al die leiers van opposisiepartye in Johannesburg vergader oor die proses wat hulle moet volg om president Jacob Zuma uit sy amp te verwyder. Maimane sê dit is tyd dat Suid-Afrikaners van “alle vlakke van die samelewing opstaan vir die Grondwet en alles waarvoor dit staan”.

Vir swart kiesers staan dit vir Afrikanisering en Zuma se agenda is kennelik transformasie waaroor die opposisie net so heilig is.

Om te wys hoe “swart” hulle is, het die DA het intussen aangekondig dat hy formele dissiplinêre stappe teen die Premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, gaan instel.

Zille het verlede maand in ‘n reeks twiets gesê kolonialisme was nie nét sleg nie. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het op ‘n nuuskonferensie in Kaapstad gesê Zille sal daarvan aangekla word dat sy die party se federale grondwet geskend het.

Burgerlike groepe en aktiviste, insluitende Save SA, beplan vandag ‘n massasaamtrek op Kerkplein in Pretoria. Suid-Afrikaners is gevra om swart aan te trek en in groot getalle om negeuur op die plein saam te trek. Ironies genoeg moet hulle die setel van die ou Afrikanergesag gebruik vir hul swart agenda.

Die beweging onder die hutsmerk #BlackMonday het dié beroep gedoen op die burgerlike gemeenskap, die staatsdiens, nie-regeringsorganisasies, die sakesektor en die jeug ná verlede week se kabinetskommeling deur President Jacob Zuma wat groot kritiek ontlok het van die buiteland en Britse invloedsmouse en geen kritiek van swart kiesers wat die president demokraties verkies het nie.

Die beweging sê sonder ironie verandering is nodig om die nalatenskap van “demokrasie” te eer waarvoor marionetleiers van Londense belange soos Nelson Mandela, Ahmed Kathrada en ander “bevrydingstryders” hulle beywer het.

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty in Noordwes het hul stem gevoeg by diegene wat eis dat President Zuma bedank.

Die provinsiale sekretaris van die SAKP in Noordwes, Madoda Sambatha, sê die provinsie veroordeel, wat hy noem Zuma se “misbruik van sy prerogatief”. Sambatha sê Zuma maak hom skuldig aan dieselfde oortreding as waarvan Thabo Mbeki tien jaar gelede beskuldig is, en daarom noodsaak dit dieselfde optrede.

Maar Mbeki was die leier sonder kiesers, terwyl Zuma die hele Zoeloeland agter hom het, en blykbaar nou ook die Noordwes-provinsie, want die ANC in Noordwes het Zuma se optrede verdedig.

Die party se provinsiale sekretaris, Dakota Legoete, sê hulle glo dit is goed om energieke, jong ministers aan te stel wat die land die toekoms in kan neem. Hy sê ANC-leiers moet hul werk doen en hulle verskille uitstryk.

Die Anglikaanse Kerk eis ook die President se bedanking. Die Anglikaanse biskop van George in die Suid-Kaap, Brian Marajh, en die biskop van Saldanhabaai aan die Weskus, Raphael Hess, vra dat Zuma van sy amp afstand doen.

Die Metodistekerk eis ook dat Zuma moet bedank. Die kerk sê hy is woedend oor Zuma se aankondiging, maar helaas nie verras nie. Die voorsittende biskop van die Metodistekerk van Suider-Afrika, Zipho Siwa, sê hulle is veral onsteld oor die afdanking van bekwame ministers het hul adjunkte, terwyl ander wat besonder onbekwaam is, behou is.

PRAAG het terloops nog nooit grade van bekwaamheid onder ANC-ministers opgemerk nie, maar wel deurlopende onbekwaamheid sedert 1994.

Die voormalige voorsitter van die Afrika-Unie-kommissie, Nkosazana Dlamini-Zuma, staan by haar voormalige eggenoot en het ‘n beroep op die ANC-Vroueliga gedoen om beleid in werking te stel wat vroue kan bemagtig.

Dlamini-Zuma het die liga se verkiesingskonferensie in Durban toegespreek, maar haar weerhou van enige uitlating oor die gebeure wat tot president Jacob Zuma se kabinetskommeling aanleiding gegee het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Vicky

    Britse? Nee, (((Britse)))

    • Ou Transvaal

      KOLSKOOT!!

    • Cousin Vinnie

      PRESIES!!

    • Owen

      media.waronwant.org/sites/default/files/TheNewColonialism.pdf?_ga=1.265594557.1942374248.1491216927

    • Rooikop

      Maak nie saak nie – nie een van daardie groepe is die Afrikaner goedgesind nie.

      • G

        Janee, ek het nog nie ‘n piepgeluid gehoor omdat Tuks Engels geword het nie.

  • sussie se vissie

    En ons NG-herders skitter in hul stilswyende afwesigheid.
    Iemand klop tog daar en pluk die blixems onder hul pastorie-lessenaars uit asb.
    Al is dit net om ‘boooh of baaah’ te sê.

  • Ou Transvaal

    Onthou tydens die tagtigerjare …..toe die Kerk openlik teen die NP’s gepraat het , was dit die finale stuiptrekkings van die regering .
    Miskien sal hierdie optrede van die Kerke ook hul eie vernietiging teweegbring , ons praat immers van Afrika hier , wat nie die “koloniale Kerk” ondersteun nie ! Moesie sal daarmee verheug wees , nie waar???