Daggaverslaafdes verheug oor regsbeslissing wat nog ‘n skadelike middel toelaat

Regter Dennis Davis van die Kaapse hooggeregshof het Vrydag beslis dat Suid-Afrikaners die reg het om dagga in die privaatheid van hulle wonings te kweek en te gebruik.

Hy het die parlement twee jaar tyd gegee om wetgewing hieroor te wysig. Verslaafdes glo dat dagga moet op dieselfde wyse as sigarette en alkohol behandel word.

Die logika is besonder vreemd, want gebruikers wil beweer dat omdat ander middels skadelik is, moet Suid-Afrikaners blootgestel word aan nóg ‘n skadelike middel. Dit is klaarblyklik net ‘n daggabenewelde brein wat tot so ‘n onsinninge gevolgtrekking kan kom.

Daggaverslaafdes sê die produk het “industriële voordele, toerisme voordele en skoon energie voordele”, nog aanduidings van die afwesigheid van denke by daggaverslaafdes.

Die regsman wat die saak gebring het names ‘n dosyn gebruikers, het gesê “die afvalprodukte van stingels kan gebruik word vir petrol” wat daarop dui dat hy ‘n hele land aan totale verslawing wil onderwerp, maar kwalik ‘n greep op die werklikheid het.

Gareth Prince, wat ‘n grondwethofaansoek oor dagga gebring het, is verheug oor Davis se beslissing. “Ons is nie tweede-klas burgers nie, ons is nie misdadigers nie. Ons beoefen ‘n kulturele praktyk wat dagga gebruik insluit. Die meeste mense in Suid-Afrika is goed vertroud met daggakultuur.”

Daarmee het hy ‘n raak beskrywing van swart kultuur gegee en bygevoeg dat dit “armoedeverligting” sal help. Vermoedelik sal verslaafdes se wil ontbreek om in opstand te kom wat armoede betref. Daggagebruik verswak ‘n vermoë om rasionele besluite te neem.

Dr Lize Weich, senior psigiater en dosent aan die Universiteit Stellenbosch, het gewaarsku dat dagga verslawend is en ander mediese komplikasies, insluitend hartaanvalle inhou. Een studie het bevind ‘n byna vyfvoudige verhoogde risiko daarvan in die uur na gebruik voorkom, asook aritmieë (abnormale hartritme) en beroertes.

Rook is die mees algemene manier om dagga in te neem en die daggarook bevat ook karsinogene (kankervormende middels) soortgelyk aan dié wat in tabakrook voorkom.

“Verder kan dagga lei tot verskeie psigiatriese komplikasies, soos paniek, angs, depressie of psigotiese simptome,” het Weich verduidelik. Swaar cannabis-gebruik is gekoppel aan ‘n verminderde pro-sosiale doelgerigte gedrag, apatie en ‘n gebrek aan motivering.

Langtermyn daggagebruik kan ook geheue en die vermoë om inligting te verwerk beïnvloed. Die gebruik daarvan in swangerskap is gekoppel met neuro-gedragsprobleme by kinders.

Die ontwikkeling van adolessente breine is veral kwesbaar vir die negatiewe gevolge van daggagebruik. “Dit is veral gekoppel aan swak opvoedkundige prestasie, vroeë skoolverlating, en later werkloosheid en ‘n laer lewenstevredenheid en selfs ‘n afname in IK,” sê Weich.

Adolessente wat met dagga deurmekaar is lei aan verskeie psigiatriese probleme in hierdie ouderdomsgroep, insluitend ‘n verhoogde risiko van die ontwikkeling van skisofrenie en lei tot ‘n hoër risiko van motorongelukke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • sussie se vissie

    Ai.
    Asof fetal alkohol sindroom die belastingbetaler nie met genoeg botterkoppe gelaat het nie?
    Die voortse gevolg seker n CC ( cannabis café ) om elke hoek en draai?
    n Opbloei van Transkei se ekonomie ook n gegewe.

    • G

      Asof dit nie soos onkruid oral groei nie. Dit kom per ongeluk in die Transkei op, nes alles daar.

      • sussie se vissie

        Met een verskil.
        Die ‘natuurlike rookgoed’ is ( verstaan ek ) prima uitvoer kwaliteit.
        Die res ( jou ‘nes alles daar’ ) – plein ‘junk status’.

        • G

          Eisj nee pappie, dan het jy nie die memo gekry nie. Merkel het gesê sy gaan hulle vat en regte Duitsers van hulle maak.

  • Suidpunt
    • G

      Hehehe, skerp.

  • Kalium_Chloraat

    https://uploads.disquscdn.com/images/09a9c71293839168230c078067701e8a89e7f620e1a17c84b974e482210f0d56.jpg

    In die middel van hierdie bos in Indianola sit daar ‘n dompelpomp wat
    ons moes regmaak. Ons het dit met kapmesse oopgekap. My kniee was
    eintlik groen van die sop. Ek het my kompleet verbeel ek ruik die goed
    later toe ek daar gesweis het en die ysters warm geword het

  • Ruben Schoeman

    Hier is n bietjie persoonlike ondervinding met dagga gebruik.

    Ek wil begin deur te se dat dagga vir kinders uiters sleg is en stem saam met die skrywer van die artikel.
    Dagga en alkohol saam gebruik is n groot NEE.
    Ek stem nie saam met die nuwe wet nie en glo dit moet onwettig bly want die implementasie is uiters swak.

    Maar as 19 jarige wat swaar gedrink het, het dagga my weg gely van alkohol af.
    Dit was goedkoop en jy het geen babelas gehad die volgende more nie.

    Dit is n leun om te se dagga is verslawend want ek het dit vir jare swaar gebruik en toe ek hoor my vrou is swanger het dit op gegee sonder om n oog te knip of te verlang na dit.
    As jy al ooit probeer het om sigarette rook te los sal jy weet wat “verslawing” beteken.

    Toe ek gerook het was ek baie aktief met fietsry, bergklim, branderplank ry en boek lees. Voor dit wou ek klub suip en sex want dit was hoe alkohol my laat optree het.

    Verminderde pro-sosiale doelgerigte gedrag ??? Regtig?

    Ek het nog nooit in n geveg betrokke geraak by kroeg terwyl ek “gerook” was nie?

    Ek het al in my gerookte toestand n olie vuur geblus wat buite beheer geraak het in n oond, terwyl die nugter en dronk mense water wou oor gooi.
    Gelukkig kon ek in my toestand nog steeds dinge wat ek geleer het onthou(olie vuur en water = grooter vuur) en het n vlamme geblus wat van die oond aan die dak begin lek het terwyl almal staan en kyk het.

    N lui mens sal altyd lui wees…
    Ek was/is baie goed in my werk en het nie n lui haar op my kop nie al was ek hoe gerook.
    Ek studeer nou sagteware ontwikkeling wat nie n maklik is nie maar ek kom nog steeds goed reg.

    Die punt wat ek probeer maak is dat julle nie almal wat dit gebruik dom daggaverslaafdes kan noem nie, net soos wat ek nie almal wat alkohol gebruik gomgat alkoholiste kan noem nie.

    • Johann Schutte

      Daar is twee substans kategoriee: misbruik en afhanklikheid. Misbruik impliseer nie afhanklikheid nie.

      Nikotien en alkohol is BAIE meer verslawend as dagga. Ek het persoonlik nog nooit op `n toestand afgekom waar iemand dagga ontrekkingsimptome gehad het nie, en sover ek weet is daar nie `n enkel geval bekend (wereldwyd) waar iemand aan `n oordosis dood is nie.

      Wat wel waar blyk te wees, is dat dagga by mense met `n predisposisie tot geesteversteuring, lg. afsneller.

      Dagga + alkohol is veral sleg. Dar is baie geskryf en gespekuleer oor die neurologiese effek van hierdie spesifieke kombinasie.

      Persoonlik voel ek hulle moet die hele spul dekriminaliseer en via die geneesheer gekontroleerd dispense, soos tans met die methadone program vir opiaat verslawing gedoen word. In omgewings waar middels gedekriminaliseer is, het bendegeweld en aktiwiteit verminder met tot 80%, mense was meer geneig om mettergaande gebruik te staak, en siektes was minder, vir die eenvoudige rede dat praktyke soos ‘cutting’ (vermeerding van die dwelm deur allerhande gemors by te voeg) afgeneem het.

      Die sosiopatologiese impak van alkohol is ordes groter as die van dagga. As jy `n dop in het soek jy skoor met die hele familie, jaag jou kar, en raak seksueel gedisinhibeer. Dagga laat jou op die stoep sit.

      Die grootste nadeel van langtermyn daggagebruik is finansiele koste en anergie.

      • sussie se vissie

        Groot vraagteken agter jou verwysing na zero ontrekkingsimptome Johann.
        Letargiese postuur/angsaanvalle/droë bek en n nimmereindige ‘dowwe koppie’ wat net nie wil registreer nie….om n paar te noem.

        • Johann Schutte

          Het gereageer, maar om een of ander rede is plasing van die kommentaar afhanklik van goedkeuring deur die webfuhrer.

    • sussie se vissie

      Als in ag genome blyk dit die aaptwak jou in een mooi afgeronde en goed gebalanseerde volwassene getransformeer het.
      Met jou voetjies vas op die aarde en jou kop nie hoog in die wolke nie, waarom beklemtoon dat dagga ‘UITERS SLEG IS VIR KINDERS’ ?
      Jy ontneem skalks die kinderlike wens van n klein zolkoppie om eendag n uitnemende brandweerman te word ???
      Gegewe jou flinkdink episode toe die zol se kooltjie in die bak olie geval het.